Suid-Afrikaners het ʼn unieke geleentheid om oor kleur en politieke grense saam te staan. Dit gaan oor ʼn eenvoudige beginsel wat in demokratiese lande as vanselfsprekend aanvaar word maar tog word die beginsel in Suid-Afrika nou bedreig. Dit gaan oor die vryheid van spraak en hoe dit stilgemaak gaan word deur die staat en die regerende party. Hiervoor kom nuwe wetgewing voor in die parlement.
Die wetgewing word klaar die “Geheimhouding Wet” genoem. Organisasies en individue het saam hande gevat.
Die webwerf Right2Know bring jou die nuutste inligting. Hier kan jy ook beswaar aanteken. Max du Preez het op RSG gepraat oor die kwessie. AfriForum met inbegrip dan van Solidariteit steun die poging. Lees artikel oor al die organisasies in The Cape Times wat weerstand bied.
Sluit aan by die Facebookgroep: Solidarity with the Auckland Park Declaration
Dit is nou ʼn tyd vir saamstaan.
Geen verwante artikels nie.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.