ʼn “Priceless” in elke situasie… of nie.

Na ʼn heerlike gelag en malligheid gisteraand saam met familie, sit ek op my Facebook-profiel die volgende: “Het ʼn paar “priceless” oomblikke beleef vanaand.”

Die kommentaar daarop:
“Alles het ʼn prys.”

Ek stuur toe terug: “Nee nee, sommige goed in die lewe is regtig gratis, jy moet dit net gryp!”

En toe begin ek wonder. Het alles in die lewe werklik ʼn prys? Of moet ons soms net sommige goed aangryp?

Weet ons nog in vandag se tyd hoe om dinge “priceless” te doen? Of het selfs die “priceless” oomblikke wat ons beleef, ook ʼn prys gehad?

Die gedurige verwysing na “priceless” deesdae, kom natuurlik van die Mastercard advertensies. Matercard het gegaan en advertensies gaan uitbeeld van die dinge in die lewe wat “priceless” kan wees. Vir alles anders is daar natuurlik Mastercard.

Ek het gisteraand gedink die kyk op my pa, ʼn boer wat alles redelik ongekompliseerd sien, se gesig terwyl ons Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom gaan kyk het, was “priceless”.

Daarna het ons gaan uiteet. Die kyk op die kelner se gesig toe ek haar vra om vir my inkleurkryt en papier te bring, was verseker “priceless”. Toe sy vra of ek ernstig is, sê ek: “Nee, bring dit vir my sussie.” En die kyk op my sussie (24) se gesig toe die kelner die inkleurkryt en papier voor haar neersit… “priceless”!

Maar was die aand regtig “priceless”? Nee, hoewel ons die aand geniet het en die “priceless” oomblikke raakgesien het, het die aand ook ʼn prys gehad, die uiteet en fliek het ʼn hele paar rand gekos.

Weet ons regtig hoe om in vandag se tyd dinge “priceless” te doen? Ek daag jou uit, gaan geniet God se natuur, jou kind se lag, jou familie se saam wees, maar doen dit sonder ʼn prys, loop na ʼn stuk veld toe, moenie ry nie, soek goggas en beleef die oomblikke, doen dit heeltemal “priceless”.

Die ander ent van die argument om daarop te fokus om “priceless” oomblikke te beleef, is mense se vrees om goed aan te gryp, omdat hulle bang is dit kom met ʼn prys.  Dis nou die “Alles het ʼn prys”-mense.  Ja, in vandag se tyd kan mens bitter min avonture beleef, of selfs oomblikke gaan geniet, sonder dat dit ʼn prys kos.  Al kos dit jou net die petrol om daar te kom, die genot het dan ʼn prys.

Maar om nie goed aan te gryp of “priceless” oomblikke raak te sien nie, net om jouself te beskerm teen moontlike mislukking of seerkry omdat jy dit al te veel voorheen probeer het, is ʼn skewe uitkyk.

Om te fokus op die prys van moontlike seerkry of mislukking is nie die regte manier om na goed te kyk nie. Fokus eerder op die “priceless” oomblikke wat jy uit elke kans, verhouding, werk of avontuur kan haal!

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Daleen

    @Bakkies, kontak asseblief 0860 25 24 23, dis Solidariteit se Dienssentrum. ‘n Arbeidsregkonsultant sal jou kan bystaan.
    Groete

  • Bakkies Backer

    Ek is ‘n vryskut opleier vir verskillende toerusting. Ek het 38 jaar bedryfsopleiding ondervinding. Ek is op pensioen omrede vader tyd my in gehaal het.Maar ek geniet my werk en ek is trots om te se dat ek SY woord by elke opleiding sessie versprei.Oe dit is lekker. Ek het net een probleem en ek vra Soldariteit om my in te lig. Almal van ons wat opleiding op mashinerie doen op verskillende plekke moet hul eie voertuie gebruik. Ons word slegs ‘n gedeelte van die AA tariewe betaal maar as die rekening na die klient toe gaan word meer geeis en ons sien nie die volle tarief nie.maw hulle eis ook ons geld wat na ons toe moet kom. Wat moet ons doen ?
    Is dit regverdig?




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube