My ras bepaal my grond

Grondhervorming is ‘n goeie idee maar ‘n slegte plan. Die idee is om grond regverdig te verdeel onder die land se bevolking en die plan is om dit te doen deur grond onregverdig te ontneem. Goeie konsep op die oog af. Dit is eintlik belaglik om te sien hoe sekere wette, vorms van diskriminasie en rasbeheptheid die norm geword het in Suid-Afrika. Grondhervorming is soos olywe, baie mense eet dit al laat dit ‘n slegte smaak in jou mond.

Wanneer het dit aanneemlik geword om grond volgens ras te verdeel? Wanneer ‘n regering (bv die ANC) vir ‘n lang tydperk (bv 16 jaar) in beheer is dan veroorsaak dit dikwels dat mense oogklappe dra. Die Nazi’s kon Nazisme verdedig, Mugabe kan geweld verdedig en die ANC kan ook 20 verduidelikings (of kinders) gee vir elke wet wat nie werk nie. Maar as mens iets kan verduidelik beteken dit nie jy is reg nie.

Wat erger is, is die feit dat dit nie net die ANC is vir wie hierdie ‘n norm geword het nie. Die volgende uitreksels kom uit die opposisie banke se beleid oor grondhervorming:

Demokrasie gaan oor die meerderheid, politiek doen maar wat die mense doen, maar niemand besef dat dit ook die politiek is wat mense se gedagtes en norme grootliks kan bepaal nie. Ware leiers, soos die van die Solidariteit beweging, dit is hulle wat nie die gewildste menings onder die meerderheid van Suid-Afrikaners het nie, maar wel altyd die morele hoë grond sal behou.

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Tom

    Jy kan nie n verkeerd met n verkeerd reg maak nie.

  • Danie vannie Kaap

    Ek stem saam.
    Swartes is eers met die 94 verkiesing in die Weskaap “geplaas”
    Voor dit was dit snaaks om ‘n swarte te sien in die Kaap. Hoekom moet grondeise nou aan hulle toegeken word in die Kaap.
    Vra ook maa net

  • Pieter

    Charl.

    Kan Solidariteit nie ook bietjie ondersoek instel in die hele kwessie van grondeise nie. ‘n Tshwana of Zulu wat ‘n eis insit omrede sy oupa se oupa eerste daar was is eintlik ‘n grap nadat almal weet die koi-san was nog voor hulle hier. Moet alle grond dan nie terug gegee word aan die koi-san nie of hoe presies werk die grondeise storie? (Ek is nie ‘n kenner nie.)




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube