Minder sosialisme en minder beheer asb.

Werkloosheid styg, armoede neem toe, plakkershuise duik orals op – hoekom kan Suid-Afrika se ekonomie nie vir meer werksgeleenthede en beter welvaart sorg nie?

Volgens my is die antwoord eenvoudig: Te veel sosialisme en te veel beheer. Indien ‘n dorp misluk – laat hom misluk. Laat die mense self die probleme oplos. Indien belastingbetalers nie tevrede is met dienslewering nie laat hulle hul belasting weerhou en dit aanwend om self vir dienste te sorg.

Die oplossing vir baie van Suid-Afrika se probleme lê in ‘n vryer mark (laat ek handel dryf met wie ek wil, hoe ek wil, wanneer ek wil!) en in minder staatsbeheer en -regulering.

Temba  A  Nolutshungu, ‘n direkteur van die Vryemarkstigting, maak die afgelope week hierdie goeie vergelyk:

Before the Berlin Wall came crashing down in 1989, West Germany was the second biggest economy in the world while East Germany was an economic disaster zone. Same people, same culture, and the same families in some cases before they were divided after World War II. A similar judgment can be made with regard to the two Koreas, the South an economic giant and the North an economic abyss that continues to absorb foreign aid. Again, same people, same culture. And what of the contrast between Mainland China and Hong Kong, before 1992 when Deng Xiaoping ushered in radical free market reforms after announcing that it was glorious to be rich and that it didn’t matter if the cat was black or white so long as it caught mice? Yet again, same people, same culture, and the same telltale economic discrepancies. The difference caused, every time, by the degree of freedom allowed to the economic actors.

Suid-Afrikaners moet die vryheid gegun word om ekonomiese dade te pleeg soos en wanneer hulle wil en op hul eie manier. Mense moet minder afhanklik van die staat gemaak word, die staat moet minder beloftes maak, minder regulasie toepas en beheer meer desentraliseer. Gemeenskappe moet toegelaat word om groter beheer oor hul eie aktiwiteite te neem en indien dit misluk moet hulle maar op die harde manier leer dat alles nie in jou skoot val nie!

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube