Metropolisie sage duur voort

m1 

Sondag is die land geskud deur ʼn video insetsel op Carte Blanche. Twee dames is hardhandig behandel en een is in die tronk gegooi. Kyk video op Stube. Lees Beeld, The Citizen en Pretoria News. Sien fotogallery. Luister na Radio Pretoria.

Pleks dat die metropolisie nou stappe neem teen die boosdoeners het hul besluit om nou hul onskuld te bewys.

 

AfriForum het as deel van sy “Polisie Magsvergryp Barometerprojek” skokkende beeldmateriaal bekendgestel van metropolisielede wat ʼn jong dame onregmatig rondruk en arresteer.  Tydens die beeldsending van die M-Net-program, Carte Blanche, op Sondag 14 Maart 2010, is die verhaal van die 24-jarige Magdel Steyn vertel.  Sy is deur die Tshwane Metropolisie gearresteer op ʼn klag van roekelose en nalatige bestuur nadat sy sogenaamd dubbelparkeer het.

Volgens Nantes Kelder, hoof van Gemeenskapsveiligheid van AfriForum, toon die beeldmateriaal skokkende getuienis van hoe Steyn se menswaardigheid aangetas is.  Hy het bygevoeg dat AfriForum hoop dat mense soos Julius Malema die video met dieselfde ywer sal veroordeel as wat die Reitz-video veroordeel is.

“AfriForum het reeds gesprekke gehad met mnr. Francois Beukman, die uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Klagte Direktoraat (OKD).  Die geval word in ʼn baie ernstige lig beskou en die OKD gaan die voorval verder ondersoek,” het Kelder gesê.

Kelder het bygevoeg dat ʼn prokureursbrief ook reeds op die hoof van die Tshwane Metropolisie, kommissaris Mutle, beteken is.  In die brief vra AfriForum dat ʼn onderneming deur die metropolisiehoof gegee word dat daar onmiddellik teen die betrokke lede opgetree gaan word.  AfriForum eis in die skrywe dat die lede geskors moet word, of van aktiewe wetstoepassingsdienste verwyder word.  Indien dit nie gebeur nie, sal AfriForum ʼn dringende hofaansoek bring ten einde ʼn bevel te kry om die eise af te dwing.

Kelder het weer ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om hulle stories van polisiemagsvergrype op www.afriforum.co.za te vertel.  AfriForum sal lede van die publiek met regsadvies bystaan.  Volgens hom is ʼn gebrek aan dissipline en beheer van die groot oorsake van hierdie tipe van magsmisbruik.  Kelder het ook ʼn beroep op die publiek gedoen om in alle gevalle binne die raamwerk van die wet op te tree.

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Wilma Kleinhans

    Ek is geskok! Wat ‘n absolute skande! Deur sulke polisielede wil ek nie beskerm word nie. Ek noem dit lafhartigheid. Professionalisme kom nie eens by ‘n mens op nie.

  • Ina Atkins

    Dit is absoluut verregaande en daar sal beslis iets gedoen moet word nie net praat nie




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube