Meer staatswerkers plaas begroting onder druk

Dit behoort vir niemand nuus te wees dat die Suid-Afrikaanse arbeidsmark in 2008/09 ‘n woeste knou gekry het nie. Wat egter nie so dikwels die nuus haal nie, is die skerp kontras tussen wat met werksgeleenthede in die privaat sektor en werksgeleenthede in die openbare sektor gebeur het.

Volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnamesyfers (Quarterly Employment Statistics, of QES), wat ‘n redelik betroubare bron van inligting oor veranderinge in formele indiensname in Suid-Afrika is, het die formele sektor in die vierde kwartaal van 2008 ‘n indiensnamepiek van 8 512 000 bereik. In die daaropvolgende jaar het dit met 5% gedaal, tot ‘n laagtepunt van 8 086 000 in die eerste kwartaal van 2010. Sedertdien het dit stadig weer met 3,4% gestyg tot 8 359 000 in die derde kwartaal van 2011. Die jongste syfer is dus slegs 1,8% laer as die vorige hoogtepunt. Hierdie syfers vertel egter nie die volle verhaal nie.

Indien die gemeenskap-, sosiale- en persoonlikedienste-sektor (community, social and personal services industry), wat hoofsaaklik uit staatswerkers bestaan, uit die totaal gehaal word, kom die verborge tendens na vore:

Die formele privaat sektor se totaal in die vierde kwartaal van 2008 was 6 353 000 werkers, wat met 7,4% tot 5 883 000 in die eerste kwartaal van 2010 gedaal het. Sedertdien het dit met slegs 2,4% tot 6 030 000 toegeneem. Dit is dus steeds 5,1% laer as in die vierde kwartaal van 2008.

In teenstelling hiermee het die gemeenskap-, sosiale- en persoonlikedienste-sektor vanaf die vierde kwartaal van 2008 tot die eerste kwartaal van 2010 met 2% toegeneem, van 2 159 000 tot 2 203 000. Sedertdien het dit met ‘n verdere 5,7% tot 2 329 000 toegeneem. Dit is 7,9% hoër as in die vierde kwartaal van 2008.

Met ander woorde, aan die einde van 2008 was daar ongeveer drie werkers in die formele privaat sektor vir elke staatswerker. Hierdie verhouding het intussen verander na ongeveer 2,6 tot een. So ‘n verandering is nie volhoubaar nie, aangesien staatswerkers met belasting uit die privaat sektor vergoed word. Hierdie verandering is deel van die rede waarom die persentasie van die staatsbegroting wat aan salarisse bestee word, aanhoudend styg. Die hoë skikkings ten opsigte van salarisverhogings wat telkens in die staatsektor bereik word, is nie alleen daarvoor verantwoordelik nie.

Daar is voorlopige aanduidings dat hierdie verandering in die verhouding van werkers in die privaat sektor tot dié in die staat stadig besig is om weer in die teenoorgestelde rigting te beweeg. Intussen sal die staat egter moet voortgaan om broodnodige kapitaalbesteding te besnoei om salarisse te kan betaal, of om die belastinglas te verhoog ten einde voldoende kapitaalbesteding te probeer volhou.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • http://www.ozoneblue.co.za/ Ozone Blue

    Solidariteit se blog moet by verre die snaakste verskynsel op die Internet wees. Mens sou verwag dat daar ten minste ‘n paar bydraes sal wees wat sympatiek staan teenoor vakbonde, staatsindiensneming, beskerming van werkers sal wees – maar al wat mens hier lees is “regsdenkende” (lees rassistiese) Afrikaners wat salig onbewys van die nasionaal-sosialistiese geskeidenis van Apartheid en die Mynwerkersunie aanhoudend dieselfde anti-ANC, rooi-gevaar propaganda uitpomp – terwyl die ANC by verre die mees kapitalistiese regering is wat Suid-Afrika nog ooit gehad het.

    Nou ja. Kom ons sien wat se Solidaritiet oor SITA se herstrukturering.

    “Briewe wat die State Information Technology Agency (SITA) aan verskeie
    lede van Solidariteit oorhandig het, toon duidelik dat die organisasie
    se omstrede herstruktureringsproses niks anders as die eerste fase van ʼn
    grootskaalse afleggingsproses is nie, het die vakbond Solidariteit
    vandag gesê.”
        

    • Anonymous

      Ek kan nie namens ander skrywers op die blog praat nie – soos u sal sien in die redakteursbeleid, is die menings in die artikels hier dié van die skrywers en nie noodwendig van Solidariteit nie.

      Ek is goed bewus van die geskiedenis van die Mynwerkersunie, asook dat Solidariteit gebreek het met dit wat sleg was uit daardie geskiedenis.

      Solidariteit is ‘n voorstaander van die Christelik-Demokratiese tradisie van vakbondwese – iets wat relatief onbekend is in Suid-Afrika, maar wat redelik sterk staan in Nederland, België en tot ‘n mindere mate Duitsland. Hoewel Solidariteit wel goeie verhoudinge met die ander vakbonde in Suid-Afrika probeer handhaaf, verskil ons ideologiese uitgangspunte sterk van hulle s’n. Onder-andere erken die Christelik-Demokratiese vakbondwese die vrye mark as die bron van welvaart en voortuigang. Natuurlik beteken dit nie dat die vakbond nie met die bestuur van ‘n maatskappy kan verskil oor sekere kwessies nie. Bestuurslede van maatskappye is nie alwyse, onfeilbare wesens, soos sommige vryemark-ondersteuners soms voorgee nie. Nes aandeelhouers ook hul kapitaal mag saamvoeg en saam vir hul belange beywer, so moet werkers dit ook in ‘n vryemarkstelsel kan doen.

      Hoewel dit tog ‘n ietwat omstrede punt is, is daar wel ‘n goeie saak daarvoor uit te maak dat die ekonomie onder die ANC-bewind, veral op ‘n makro-ekonomiese vlak, meer oop en vry is as wat dit veral in die 1970s en 1980s was. (Op ‘n mikro vlak, met die effek van apartheid uitgesluit natuurlik, sou ek egter argumenteer dat die land se beleid in die teenoorgestelde rigting beweeg het.) Dit is egter iets wat baie in die ANC dwars in die krop steek, en daar is gedurig pogings om hierdie vryheid en openheid te beperk. Daarteen waak Solidariteit tot die beste van sy vermoë, aangesien dit in ons lede se belang is.

    • RiaanV

      Ja dankie vir hierdie repliek Paul, soos ek by ‘n ander artikel (Ystervrou) in ‘n repliek op kommentaar van die osoonpersoon genoem het, is meeste vakbonde in SA onrealistiese, oppertunistiese, gedrogte wat min omgee vir die land en sy mense. Daar is egter ander soos Solidariteit wat wel die ware doel van ‘n vakbond nastreef en uitoefen, ie beskerming van die werkers.

      Mbt die stelling dat die ANC so ‘n wonderlike kapitalistiese regering is, ek sukkel om dit te sluk aangesien ‘n derde van die land se bevolking leef van staatstoelaes wat kom uit die sakke van die veel kleiner groep belastingbetalers. Kapitalsme is waar uitmuntendheid en harde werk met geld beloon word, nie niksdoen en rykdom dmv omkopery en korrupsie nie.

    • http://www.ozoneblue.co.za/ Ozone Blue

      “Daar is egter ander soos Solidariteit wat wel die ware doel van ‘n vakbond nastreef en uitoefen, ie beskerming van die werkers.”

      Wel in die geval vereis die “vrye mark” dat Solidariteit se slegs blanke lede “gefire” moet word. Ek verstaan dus nie Solidaritiet se teenstrydige standpunt nie.

      So ver as korrupise betref was Cosatu bv. nog altyd sterk gekant teen hierdie “kapitalistiese” verskynsel, want the die eerste beginsel van kapitalisme is materialisme en verryking van die indiwidu. Daarom is Amerika byvoorbeeld waarkynlik die mees korrupte land in die wereld.

      http://www.businessday.co.za/articles/Content.aspx?id=163498

       

    • RiaanV

      Ja goed Frans, Cosatu is GREAT. :)

    • http://www.ozoneblue.co.za/ Ozone Blue

      Dankie vir jou antwoord paul.

      So as Solidaritiet dus vas glo in “die vrye mark as die bron van welvaart en voortuigang” dan moet hulle dus ten gunste wees van die herstrukurering van a semi-staat instelling soos SITA in lyn met “vryemark beginsels” al beteken dit dat hulle vakbond lede afgedank moet word in die proses.

      Nie waar?

    • Anonymous

      Op die grondvlak is daar baie detail wat ‘n inslag op ‘n spesifieke kwessie kan laat wissel. Ek is nie betrokke by die SITA-kwessie nie, so ek beskik nie oor die detail om daaroor uit te wei nie.

      Wat ek wel kan sê, is dat mens ook in gedagte moet hou dat een van die hoekstene vir die goeie funksionering van die vrye mark is dat kontrakte gesluit kan word met die verwagting dat dit eerbiedig sal word. Dit geld vir baie abstrakte, implisiete “kontrakte”, soos die “kontrak” tussen padgebruikers dat hulle mekaar kan vertrou om by die reëls te hou, tot by baie spesifieke kontrakte soos ‘n indiensnemingskontrak. Indien enige sulke kontrakte arbitrêr of eensydig gewysig word, belemmer dit die funksionering van die mark, wat opgestel is om volgens die sekerhede van die bestaande kontrakte te funksioneer.

  • Anonymous

    Hallo Paul,

    Ek kan nie help as om in beginsel saam met hierdie artikel te stem nie.

    Goeie een!

  • Peter

    Nee jammer ek stem nie saam nie. Ek verwag dat die belasting gaan weer daan. Die reded hier voor is dat die engigste deel van die staat wat werklik werk is die deel wat ons belasting invoorder. Dit is ook seker die eenigste deel in die regering wat better werk as wat dit in die ou regering gewerk het. Maar wat wel verblywind is dat die privaat sektor n 100k werksgeleenhede geskep het in n betjie meer as n jaar. Wat ek wel will weet is presies hoeveel van die werkers wat nie privaat seketor vir die staat werk nie, want as die privaat sektor groei dan sal die gemeenskap, sosiale en personlike dienste ook groei. Ek verstaan dat die staat vir die meeste van die groei verantwoordlik is. 

    • RiaanV

      “…privaatsektor 100k werksgeleenthede geskep in bietjie meer as ‘n jaar”, dit help niks as staatswerkers  in hierdie tydperk ook met 100k groei nie, nou moet  een werker in die Staatsdiens betaal word met een werker in die privaat sektor se belastinggeld.

      Volgens Paul se syfers (as ek reg lees) was daar ‘n netto verlies van ongeveer 350k poste in die privaat sektor in sy termyne van 2008 en 2011, in dieselfde tyd groei die Staatsdiens met amper 200k en skuif die balans met ongeveer 500k poste of dan in meer vergelykbare terme soos deur Paul gebruik word 3:1 nou 2,6:1.

      Die ergste van alles is, dat selfs volgens jou eie kommentaar is SARS die enigste departement wat hul werk doen. Die term “staatsWERKER” beboort vervang te word met “staatsBESOLDIGDE” wat dan ook die “spookwerkers” insluit. :)

      HKGK vir ons ekonomie, eintlik kom dit nie dis reeds hier. 

    • Reint

      Goeie opsomming van die krisis Riaan.
      Belastingdruk op die gewone ou word al groter. Die belasting is baie keur vermom in dinge soos nuwe tolgeld. Groter betaling vir jou water en ligte. Verhoogde uitgawes vir skool en sekuriteit ens.

    • Reint

      En hier is sommer Zuma se antwoord op die probleem. Die staat gee om:  

      Zuma: State not main job creator: In a speech prepared for delivery at the World Economic Forum, President Zuma notes that the state is not the primary job creator in SA.  While job-creation has become a central criterion for all the government’s economic programmes and projects, its role was to prepare the environment for economic growth and give support to the private sector by providing enablers and removing obstacles.
      http://www.timeslive.co.za/thetimes/2012/01/27/sa-creating-caring-society-zuma-tells-wef

    • Reint

      En hier is sommer Zuma se antwoord op die probleem. Die staat gee om:  
       
      Zuma: State not main job creator: In a speech prepared for delivery at the World Economic Forum, President Zuma notes that the state is not the primary job creator in SA.  While job-creation has become a central criterion for all the government’s economic programmes and projects, its role was to prepare the environment for economic growth and give support to the private sector by providing enablers and removing obstacles.
      http://www.timeslive.co.za/thetimes/2012/01/27/sa-creating-caring-society-zuma-tells-wef

    • Peter

      Eeersten is die artikel hier bo n baie artike wat dit vir n mens maklik maak om te verstaan maar daar is baie nander goed wat ook in ag geneem moet word. Die 200k mense wat die staat in diens geneem het, maak nou n bydra tot die ekonomie, betaal belasting net soos jy en ek, sit nie me onnodige druk op ander dele van die staat se uit gawes wat hulle met ons belasting moet betaal. Die staat kan nooit vir almal werk gee nie maar toe dit nodig was het hulle dit gedoen want die privaat sektor kon of wou nie dit doen in n moelik tyd nie. wat well vir my snaaks is dat as die staat 200k werk geskeo het en die privaat sektor 100k dan was daar +-300k werk in een jaar geskep . Dit is verblywend vir my want dit beteken die land groei. Reint julle hou daar van om van ander belasting te praat. Ons betaal nog nie nasten by soveel bykominded belasting as ander land nie, ons is nog gelukkig hier dit is nie nasten by so erg soos wat dit in in die west is nie.

    • Anonymous

       Hallo Peter

      Ek sal voorstel jy bestudeer die inpak, of die invloed, van produktiwiteit op ekonomiese groei. Dit sal jou help om te begin verstaan hoe om in die arbeidsmark appels met appels te vergelyk. Om indiensnamegroei te sien toeneem in ‘n staat wat die arbeidsmark soos ‘n inkoopsentrum hanteer, is nie goeie nuus nie.

      Daarvolgens, indien jy nie kan bewys dat die hoër indiensnemings deur die staat plaasgevind het a.g.v. die nuwe kapitaalprojekte waarin geïnvesteer is nie, wat in beurt die potensiaal het om noemenswaardig produktiwiteit te verhoog; het jy ongelukkig, volgens my, nog nie die regte inslag nie.

      Groete     

    • Anonymous

      Peter, wat as daardie mense nie deur die staat in diens geneem is nie, en die staat het in plaas daarvan besluit om eerder belasting te verlaag? Dan sou daardie geld in private ekonomiese aktiwiteit gebruik gewees het, waar mense baie meer besorg is daaroor om ‘n goeie opbrengs (in terme van rente of goeie kwaliteit produkte of dienste) te kry as wat normaalweg by die staat die geval is. Na alle waarskynlikheid sou dit netsoveel, indien nie meer nie, werksgeleenthede in die privaatsektor lewensvatbaar gemaak het in dieselfde tydperk.
      Waarom is die “oplossing” vir ‘n “moeilike tyd” altyd: “Die staat moet hierdie en daardie ding ekstra doen!” en nie “Die staat moenie dinge beloof oor ‘n toekoms wat onvoorspelbaar is en sy burgers onwillig skuldenaars maak nie! Verlaag eerder belasting en laat mense self oor hul geld en toekoms besluite maak!”
      ?

    • Riaan V

      Dankie Paul. 10 uit 10.:)

    • Peter

      Pual my andwoord hier op is dat die privaat sektor in moelike tye mense afdank, minder mense aanstel en nog meer druk op die staat en sy koffers sit.In goeie tye woord mense afgele om wins na te jaag soo om belasting te verlaag gaan nie noodwendig die in pak he wat n mens soek nie. Toerie is een ding die prakties is n ander. As alles wat toereties reg is in die werld gewerk het so ons geprobleme gehad het nie en almal sou skatryk gewees het. Daar is nooit n maklike andwoord op die probleem van moelike tye nie. 

    • Anonymous

      En wat gebeur met daardie wins wat nagejaag word? Dit word nie iewers in groot hope kontant in ‘n kluis weggebêre nie. Daar word dinge daarmee gekoop, of dit word belê in aandele, waar dit as kapitaal dien vir uitbreiding.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube