Mededingingsowerhede se moeilike taak (Deel 1)

Owerhede wat onmededingende praktyke soos prysvasstelling en markverdeling moet oopvlek, ondersoek en straf, sit met ʼn dilemma wanneer dit by die “straf”-gedeelte kom. Met die onlangse uitspraak in die Pioneer Foods-saak het hierdie kwessie weer na vore gekom.

Uit die aard van die saak moet ʼn maatskappy wat die wet oortree het deur onmededingend op te tree, gestraf word. Hierdie straf behoort ook as afskrikmiddel te dien vir ander maatskappye om nie soortgelyke oortredings te begaan nie. Vir hierdie twee doeleindes is monetêre boetes teoreties ʼn effektiewe strafmaatreël. Natuurlik moet die boetes hoog genoeg wees dat dit werklik straf en afskrik. Daar is ook ander tipes straf wat effektief kan wees, soos om spesifieke strafmaatreëls op te lê vir die individue wat verantwoordelik was vir die onmededingende gedrag, maar in beginsel is ʼn monetêre boete op ʼn maatskappy goed.

Een beswaar wat soms teen sulke boetes geopper word, is dat mededingende maatskappye wat nie by die onderduimshede betrokke was nie, nie vir verliese gekompenseer word nie. Die boetes word normaalweg eenvoudig as staatsinkomste hanteer. Nog ʼn beswaar wat dikwels geopper word, is dat hierdie boetes niks teruggee aan die verbruikers wat deur die onmededingende gedrag benadeel is nie.

In Pioneer se geval het die mededingingsowerhede ʼn interessante besluit geneem om R250 miljoen van die monetêre boete opsy te sit as ʼn fonds om nuwe mededingers in die meel- en broodmark te help. Hoewel die nasionale tesourie onlangs gelas het dat hierdie R250 miljoen soos gewoonlik as normale staatsinkomste behandel moet word, kan die geld steeds vir die geïdentifiseerde doel gebruik word, solank die minister van ekonomiese ontwikkeling die noodsaaklikheid daarvan in ʼn normale begrotingsproses kan motiveer. Indien dit realiseer, kan hierdie stap help om die eerste beswaar te beantwoord.

Die tweede beswaar word in volgende week se artikel bespreek.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Riaanv

    Hiervan hou ek maar hier kan dit nie werk nie,aangesien hoe groter die boete/straf hoe groter “bribe” word vereis. Hou Aarto dop chaos, met vals nommerplate en so aan.

  • Cor

    Riaan, as jy in Europa gevang word dat jy dronk bestuur bo ‘n sekere perk, word jou rybewys opgeskort of selfs permanent teruggetrek. As jy milieuwetgewing oortree kom dit op jou besigheid se rekord en as jy aanhou verontagsaam, word jou besigheid gesluit. Ens. ens.

    Verkeersboetes is meestal “spot fines”. My aangetroude neef het so een in Duitsland gekry vir ‘n appelstronkie (van alle dinge) wat hy op ‘n autobahn uit sy kar uitgegooi het – 100 euro on the spot – hulle eskort jou tot by die naaste bank, so nie bly jy in die selle totdat iemand jou kom verlos. Hoe’s daai vir beskawing?

  • Riaanv

    Die voordeel v boetes is darem dit bring geld na die staatskas wat andersins ook nog uit die belastingbetaler gemelk sou gewees het, verder is dit beter as tronkstraf wat die belastingbetaler ook miljarde kos,plasmaskerm TV’s ens. Vir sekere misdrywe is boetes egter nie goed genoeg nie, en moet die oortreder uit die samelewing kom, igv moord meesal permanent.

    In ‘n land wat nie die korrupsie v SA het nie, is boetes wat na ‘n fonds vir slagoffers v ernstige misdaad gaan natuurlik ‘n
    puik idee, in SA sal minder as 5c in ‘n rand egter by die regte mense uitkom.

  • Cor

    Ek is van mening dat boetes as ‘n strafstelsel onvoldoende is in die meeste gevalle. Dit verryk net die korrupte en nepotistiese staatskas en veroorsaak dikwels dat wetstoepassers veral fokus op oortreders wat sulke boetes kan bekostig – die res kom met moord weg.

  • Riaanv

    Paul ek dink die “eerlike” maatskappye word darem minstens vergoed in die sin dat die prysvasstellers se handelsmerk darem minstens teoretiese skade behoort te lei, effektief help dit die handelsmerk vd “eerlikes”?

    Ek is egter minder positief mbt die nuwe fonds, maar jy sal my siening dalk as rassisties/bevooroordeeld beskou, maar in elk geval. Gaan die hulp aan nuwe mededingers nie net ‘n geval wees v BEE-tipe “hulp” aan die minister se vriende en familie nie?? Ie net nog korrupsie, ons weet tog wat gebeur met regeringstenders ens, hoe gaan dit hier verskil? Die Aurora debakel bewys mi hoe vriende en familie op die regte plekke help.

    Afgesien hiervan hoe help nog nuwe mededingers die “eerlikes”? Dit maak die sny vd koek vir elkeen tog net nog kleiner, nou is daar weer onregverdige “mededinging” want die nuwes kry hulp?

    Ek is jammer dat ek nou byvoorbaat kommentaar lewer op die 2e beswaar, die goeie nuus vir jou is dat ek eersdaags met vakansie gaan, en heelwat stiller sal wees, :) derhalwe lewer ek nou kommentaar terwyl ek op die onderwerp is.

    Ek dink tog dat daar argumenteer kan word dat die verbruiker wen uit die boetes wat meesal relatief hoog is. Dien dit nie minstens as ‘n afskrikmiddel vir soortgelyke gedrag deur ander instansies en bedrywe nie? Ek weet die regering glo nie dat een vd belangrike oorwegings in strafoplegging geleë is in afskrikking nie,(hul siening mbt die doodstraf) ek glo egter wel daarin.

    Nog ‘n strafteorie is natuurlik dat die verontregte(s) wil sien dat die oortreders gestraf word, en ook hier is ek sommer baie gelukkig as ek sien of hoor vd boetes.

    Weereens jammer vir die voorspring ek is egter seker dit sal nie jou Deel 2 affekteer nie, behalwe dalk ‘n bietjie ekstra “food for thought”.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube