Marius Weyers, vernaam, maar skaam…

Met meer toekennings agter sy naam as rolle waarin hy al gespeel het, is Marius Weyers beslis een van Suid-Afrika se top akteurs. Hy het ʼn manier om ʼn rol te vertolk en met sy gehoor te praat. En ja, vandag kan jy hoor wat het gemaak dat Marius Weyers so suksesvol is, waar sy waardes lê en hy deel ook spesiaal met Solidariteit Radio luisteraars, iets wat die algemene publiek nie van hom weet nie.

Klik hier om na my onderhoud met Marius te luister.

Solidariteit het vroeër vanjaar vir Marius ʼn Sterre in die Gemeenskap toekenning oorhandig vir sy bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse rolprent- en teaterbedryf. Nie net is Marius Weyers al reeds vir meer as 40 jaar in die bedryf nie, maar hy is ook ʼn kampvegter vir Afrikaans en ʼn rolmodel vir honderde ander Afrikaanse akteurs.

Marius het reeds meer as tien toekennings ontvang as beste akteur in verskeie toneelstukke. Een van hierdie toekennings was ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot die teaterbedryf.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube