Liewe Afrikaner
Een se sukses is dikwels ‘n ander se brood, ons is onder die wanpersepsie dat elke Afrikaner dieselfde moet dink en onder een sambreel met een stem moet praat. Dit klink goed, en ek is seker daar is dan sjokolade riviere en goue appels te vinde waar mens dit gaan regkry. Die realiteit, sonder twyfel of aarsel, is dat die Afrikaner juis nog altyd uiteenlopende gevegte geveg het wat dikwels of Groot trek suksesse behaal of soms Roelf Meyer teleurstellings veroorsaak het.
Die Afrikaner moet sy politiek gebruik as sy swaard, sy burgerregte organisasies as sy bene, sy vakbond as sy ruggraat, sy kultuur organisasies as sy klere en sy ver-regse groepe as sy skuld (vir ingeval). Dit kom daarop neer dat die Afrikaner sy doel in die Suid-punt van Afrika moet aanvaar as ‘n roeping. ’n Roeping om God se woord te versprei, ‘n kultuur uit te bou en trots te kweek en so ook vir gemeenskappe te sorg. Die Afrikaner kan saamstaan…net nie onder dieselfde naam nie…maar hulle kan.
Pas jou volk se integriteit op, dis dikwels al wat ons het.









Ek kan nogals saamstem met jou my maat.