Leë beloftes langs ʼn leë erf

g2

Helpende Hand het vandag die selfmoord van Gert van Rooyen herdenk. Twintig jaar later is al wat oorbly die leë erf in Malherbe straat 226, Capitolpark, Pretoria.

Kyk STube Video.

Luister na RSG se Monitor onderhoud  Deel 1 en deel 2.

Lees Rekord artikel.

Helpende Hand neem aksie teen kinderontvoering, -verkragting
– 20 jaar ná die dood van pedofiel Gert van Rooyen

Twintig jaar gelede het die pedofiel Gert van Rooyen en sy houvrou Joey Haarhoff in Pretoria selfmoord gepleeg. Solidariteit Helpende Hand loods op Donderdag, 14 Januarie ʼn aksie teen kinderverkragtings en kinderontvoerings.

Van Rooyen het in die laat 80’s met sy skrikbewind begin en vandag is die kinders steeds vermis. Van Rooyen en Haarhoff is op 15 Januarie 1990 in Pretoria dood nadat die polisie hulle in ʼn jaagtog agternagesit het.  

“ʼn Koor van nuwe ministers het aangekondig dat kinderbeskermingseenhede heringestel gaan word. Natuurlik is die adjunk-minister van polisie, Fikile Mbalula, die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sowel as die minister van vroue, jeug, kinders en mense met gestremdhede, Noluthando Mayende-Sibiya, se tydige en noodsaaklike oproepe ʼn aanduiding dat die regering die erns van die probleem besef – veral met die oog op 2010 se sokker,” verduidelik dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.

Helpende Hand se Kindermisdaadverslag bewys dat besorgde polisiebeamptes en maatskaplike werkers reeds sedert 2006 besig is met ondersoeke na dwelmsindikate wat meisies van so jonk as 12 jaar aan dwelms verslaaf maak sodat hulle reg is vir prostitusie in 2010. Dat die kommer nie ongegrond is nie word bevestig deur ʼn verslag waarin die regering van president Barack Obama waarsku dat koppelaars van kinderprostitute hulle intrek neem in van die gasheerstede om naby die lonende 2010-mark te wees.

“Oud-president Nelson Mandela het tereg opgemerk: “Die karakter van ʼn nasie word gemeet aan die manier hoe hy sy kinders behandel.” As daar elke drie minute in Suid-Afrika ʼn kind verkrag word, as 1 410 kinders jaarliks vermoor word, as bordele en dwelmsindikate nader aan sokkerstadions skuif met die oog op 2010, en as maatskaplike werkers regoor die land sê dit is nie eers die oortjies van die seekoei nie, is daar ʼn ernstige vraag oor die medemenslikheid van Suid-Afrika se karakter,” sê dr. Langner.

Die eerste vraag behoort nie te wees wat die staat behoort te doen om die probleem aan te pak nie, maar wat die gesin moet doen om ʼn veilige omgewing vir kinders te skep. ʼn Gesin is nie net veronderstel om ʼn veilige hawe vir kinders te wees nie, maar gesinne is ook die hoekstene van ʼn stabiele samelewing. Navorsing toon egter die teenoorgestelde neiging in Suid-Africa:
• 22% van kindermolestering is deur vriende;
• 16% is deur gesinslede;
• 45% van alle verkragtings wat aangemeld word, is kinderverkragtings;
• 88% van kinderverkragtings word waarskynlik nooit deur ouers aangemeld nie;
• In 90% van gevalle van kindermishandeling binne die gesin speel alkohol en dwelms ʼn rol;
• 80% van die kinders onder twee jaar wat by Kinderlyn aanmeld, het skedelbreuke; en
• Onsedelike aanrading het gestyg van 45% tot 52%.
 
Gert van Rooyen se eiendom is deur Absa aan die polisie geskenk sodat hulle die saak verder kon ondersoek. Die polisie het die huis heeltemal afgebreek en die grond gesif vir verdere bewyse. Die plan was om ʼn kinderbeskermingseenheid later om hierdie terrein op te rig.

“Twintig jaar is verby en die beloftes wat gemaak is, is net so leeg soos hierdie erf,” sluit dr. Langner af. 

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube