Kom ons sink ons vloot

 

Beeld

Die eerste keer toe ek die artikel lees: The Sinking of the South African Navy toe dog ek: Dit gaan sleg maar dit kan nie alles waar wees nie. Ek sal die e-pos en artikel bewaar en wag vir bevestiging en skaars ʼn week verder toe verskyn op Sapa die storie dat Suid-Afrika een van sy nuwe duikbote in onbruik verval het. Die minister het dit boonop in die parlement bevestig.

 

Die skade aan die duikboot is nie so groot as mens die minister kan glo. Volgens die minister moet dit meer as ʼn jaar in die dok staan vir onderhoud terwyl skeptici beweer dit moet na Duitsland getou word vir herstelwerk. Boonop moet ons eers die kundiges oplei wat die herstelwerk moet doen.

Minister Sisulu word op Sapa soos volg aangehaal:

Sisulu said the Navy had commenced the unprecedented process of doing an overhaul of the SAS Manthathisi — a five-year-old Type 209 sub-surface combat vessel — locally.

“Many elements of this process are unknown and infrastructure and training will need to be established in order to create a submarine overhaul capability in the country.”

Natuurlik praat sy van ʼn “minor overhaul” en haar admiraal Teuteberg van “major overhaul” and “very, very complex exercise”.

In Julie vanjaar het Sisulu al parlementêre vrae rondom die duikboot begin systap.

Iemand hou Suid-Afrika egter vir die gek vir die skade aan die duikboot. Die arme admiraal  Teuteberg stap seker eersdaags die plank net om ses maande verder te sien hy het eindlik die waarheid gepraat.

Maar dalk som Pieter Groenewald die probleem die beste op: “Ons het ’n Rolls-Royce, maar nie ’n drywer of geld vir petrol nie.”

Wat beantwoord moet word is die skade aan die duikboot en dan sal daar vinnig ‘n drywer gekry moet word.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Mias jy slaan die spyker op die kop. Ek het my blog tong in die kies geskryf. As ʼn buitestander dink ek daar is die volgende probleme wat aangespreek moet word:
    1. Kundigheid wat vinnig uitvloei.
    2. Die minister van Verdediging wat ʼn gevaar is.
    3. Beter opleiding.

  • Tommy

    Ek wou eers se wat ‘n grap en moet dit eintlik verander na wat ‘n skande.

  • Mias

    Stront. Die vloot het ‘n trotse rekord met duisende seemyle wat afgele was sonder ernstige insidente. Die enigste ernstige insident was die Pres Kruger / Tafelberg ongeluk in 1982. Moet SAL ophou vlieg oor die Helderberg ongeluk. Die probleem tans is dat daar geen kundigheid meer bestaan om skepe en duikbote te bedryf en te bestuur nie. Dieselfde is van toepassing in die Lugmag wat 9 vlieeniers het om 27 Grippens te vlieg. Ons regering ken net van AK47 in die bos en bomme plant. Skepe en vliegtuie was nie deel van hul agtergrond nie dus was die items ‘n nodelose uitgawe met die wapentransaksie. Die regering mors biljoene (KUBA, Wapens, ens) en ons sluk dit almal (Wit en Swart) dink net hoeveel huise ons kon bou, onderwysers ons kon oplei ens. Hierdie gaan nie oor ras nie want die regering benadeel die swart kieser baie meer as die wit kieser. Swart kiesers moet opstaan en se hokaai, julle mors van geld en diefstal stop nou. Ons wil vooruitgang sien vir SA burgers – nie kubane nie. Kom SA – ALMAL SWART, WIT, INDIE, KOISAN, GRIEK, CHINEES EN MAAK NIE SAAK WAT JY IS NIE – STAAN OP TEEN DIE GEMORS WAT NOU REGEER EN ONS ALMAL SE GELD STEEL. KRY ‘N VERANTWOORDELIKE REGERING WAT NA SY MENSE KYK SODAT ONS HULLE KAN ONDERSTEUN ONGEAG HUL VELKLEUR.

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Suid-Afrika kon heel in die begin baie beter gedoen het om aan die miljarde wat het spandeer het aan wapentuig te gebruik vir skole, hospitale en huise.

    Herstelkoste gaan waarskynlik meer as die aankoop prys van die duikboot wees. Nou weet almal egter van die nasionale flater en kan die spasie en vordering dophou.

  • Cor

    Ek kan nie nalaat om te dink wat Riaan V dalk sou sê as hy nie nou met vakansie was nie: “Onthou julle nog die Pres. Kruger en ? wat teenmekaar gebots het in die apartheidsera?”

    Ek dink nie ons Suid-Afrikaners, swart/wit is seevaarders nie en miskien moet ons hierdie deel van die weermag liewer uitkontrakteer na die kundiges.

    Weet iemand al wat die herstel van bogenoemde duikboot ide belastingbetaler gaan kos?




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube