As jy die naam Sutherland hoor, dink jy waarskynlik aan gisteraand se weervoorspelling en koue. Dink weer, want Sutherland is baie meer as net dit. In vandag se Plekkies in ons Land besoek ons hierdie Noord-Kaapse dorpie met die Karoo-gasvryheid. Kom reis saam en vind uit wat hierdie dorpie vir besoekers kan bied. Kom kyk sterre, ry op die ou wapad en kom kyk hoe dit lyk op die plek “wat lyk asof die badprop uitgetrek” is. Kom kuier saam in Sutherland.
Plekkies in ons land is deel van Solidariteit Radio se Woensdag-program Wêreldwyd op Woensdag. Die program begin Woensdae om 12:00, maar alle insetsels is ook na die tyd beskikbaar. Gaan luister gerus op www.solidariteitradio.co.za.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.