Klassieke Kallie sonder melk

.Kallie Kriel van AfriForum was die week op ‘n sending. Hy wou Nestle stop om melk te koop by Robert Mugabe se vrou Grace. Almal was ongelukkig toe hul die nuus hoor dat die Switserse Nestle melk by Grace koop. Dit was soos ‘n groot ballon wat opgeblaas is en iemand moes dit help bars. AfriForum het ‘n webwerf geloods  www.nestlebloodmilk.com waar die publiek vir Nestle kon kontak en beswaar maak. Die reaksie was oorweldigend. Die ballon het gebars.

Lees Beeld hier en die reaksie van Beeld lesers.

Die week was ‘n AMT landboukonferensie in Pretoria. Omtrent die helfte van die sprekers het gepraat oor Zimbabwe. Wat het daar gebeur. Die lesse daaruit en kan dieselfde in Suid-Afrika gebeur?

Een van die eerste vakbonde wat Nestle veroordeel het is Fawu (Food and Allied Workers Union). Die land se grootste landbouvakbond. Hulle eis dat Nestle die mense van Zimbabwe om verskoning vrae.

Dit is so dat ‘n veldslag gewen is teen Robert en Disgrace Mugabe. Die stryd sal egter gewen wees as die mense van Zimbabwe nie meer reageer word deur die diktator en Zanu PF nie.

Onder is die AfriForum verklaring oor Nestle.

Nestlé onderneem aan AfriForum om nie meer melk by Mugabe te koop nie

Die besturende direkteur van Nestlé in Suider-Afrika, Sullivan O’Carrol, het vanaand tydens ʼn vergadering in Randburg (Suid-Afrika) teenoor die Suid-Afrikaanse burgerregte inisiatief, AfriForum, onderneem om vanaf 4 Oktober 2009 nie meer enige melk van Grace Mugabe – vrou van die Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe – aan te koop nie.

Dié onderneming volg nadat AfriForum ʼn internasionale veldtog genaamd www.nestlebloodmilk.com begin het om mense aan te moedig om alle Nestlé-produkte te boikot, sou Nestlé nie teen 7 Oktober 2009 ʼn besluit neem om die aankoop van melk van Mugabe te staak nie.  In die lig van Nestlé se onderneming het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die vergadering namens AfriForum onderneem om nie voort te gaan met die beplande boikotaksie nie.

Kriel het Nestlé se besluit verwelkom en beskryf as ʼn oorwinning vir geregtigheid.  Volgens Kriel is die oorwinning moontlik gemaak deur die feit dat letterlik duisende mense regoor die wêreld bereid was om deur die www.nestlebloodmilk.com webwerf briewe aan Nestlé te skryf om hulle misnoeë te kenne te gee.  “Hierdie voorval wys dat gewone mense die mag het om hulle koopkrag aan te wend om toe te sien dat geregtigheid geskied,” het Kriel bygevoeg.  Hy het sy dank uitgespreek teenoor almal wat die www.nestlebloodmilk.com veldtog ondersteun het.

Volgens Kriel sal AfriForum voortgaan met pogings om toe te sien dat volgehoue druk op die Mugabe-regime geplaas word om te sorg dat menseregtevergrype in Zimbabwe gestaak word.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube