Julius Malema het meer vyande op Faceboek as vriende

Malema 

 

 

Die enigste plek waar Julius Malema ʼn minderheid is, is in die sosiale media. Ek het die swakpunt besef in ʼn onderhoud  in Vasvat op Vrydag oor Julius Malema en die sosiale media.

Wel dit is ook dan ʼn plek om ʼn ordentlike gekoordineerde veldtog  met doelwitte te begin teen Malema.

Malema het nie ʼn gebrek aan vyande nie. Die SAKP, Cosatu, Gwede Mantashe, Sasco, vroue groepe, DA, VF+ en AfriForum Jeug is kwaad vir hom. Dan is daar nog talle ander vyande. Sy ondersteunersbasis bestaan uit president Jacob Zuma en die swartjeug. En dit is juis die steun in die swartjeug en Malema se “nasionalistiese” uitkyke wat hom ʼn rolspeler van formaat maak.

Skandale agtervolg hom weekliks en hy ploeter van die een na die ander een. Sy geloofwaardigheid in die media en die gewone publiek se oë is nie baie goed nie. Dit maak hom egter ʼn groter held onder sy ondersteuners. Kort dit is die situasie rondom Julius Malema. Nou die strategie. Al waar hy nie oorheers nie is in die sosiale media: Julius Malema het meer vyande op Faceboek as vriende.

Die amptelike Julius Malema groep het 12005 vriende. Die Burger berig ook dat ‘n vriend van Malema gereeld opdaterings hier doen van boere moorde. Soos gewoonlik het die Jeugliga die bewerings afgemaak as nonsense. ‘n Verdere blogger het beweer dit is nie eers sy amptelike groep nie en die joernalis is die kluts kwyt.

Dan is daar ‘n warboel ander groepe wat ek sy vyande sal noem. Die een wat hom prontuit aangevat het is: Can dead warthogs get more fans than Julius Malema? Die groep het 31653 vriende. Dit is baie interaktief en die deelname is groot. AfriForum Jeug het die naweek ook dan ‘n groep gestig met die naam: Stop Malema met oor die 4500 vriende. Die groep ondersteun die weblad www.stopmalema.co.za en ander aksies teen Malema. Lees hier AfriForumJeug se aksies.

Die heel grootste groep op die oomblik is:  10000000 against Julius Malema – The Worlds Biggest Douchebag!!! 

Dan is daar die groep: OFFICIAL PETITION: REMOVE JULIUS MALEMA AS PRESIDENT OF THE ANCYL met 23500 vriende.

Kom ons kyk na ander Julius Malema Faceboek groepe. Hier is nogal snaakse groepe met heelwat kreatiwiteit.

JULIUS MALEMA “Killing The Constitution”

Nationalization of Malema’s assets to benefit the poor

Stop Malema, Save South Africa

 ʼn Sosiale media veldtog teen Malema moet die volgende doelwitte ondersteun:

1. Word ʼn Malema aanhanger op sy amptelike blad en help domineer met redelike kommentaar. Het vandag aangesluit.

2. Konsolideer en bou die groot anti-Malema Faceboekgroepe uit. Onthou in die kuberruim is die enigste plek waar hy ʼn minderheid is.

3. Moet nie rassistiese afbrekende kommentaar gebruik nie maar wees rasionaal. Julius Malema as persoon voorsien genoeg skietgoed. As jy te erg aangaan kan Faceboek jou groep sluit. Dan mis jy die punt.

4. Breek met die veldtog uit die landgrense. Malema is nie ʼn proudly Suid-Afrika produk nie maar bemark sy onkunde wêreldwyd onder meningsvormers.

5. Konsolideer die anti-Malema sentimente. Kyk wie is almal sy vyande buite die kuberruim en gebruik hul argumente. Hulle het ʼn punt beet.

6. Deel gereeld suksesse.

7. Onthou die krag is in die kollektief en die magsbasis is in die sosialemedia. As hier sukses behaal is kan die veldtog na ‘n nuwe medium verskuif.

Sterkte met die veldtog.

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Jaco Visser

    Met groot belangstelling het ek die afgelope paar weke die kommentaar op die net gevolg oor Malema se optredes. Ek wil tog ook net maan teen woorde soos “oorlog” en “skiet”. Ek dink nie die mense wat die woorde gebruik besef rerig wat dit behels nie. Ek wil egter ook n ander punt maak: Moet assbelief nie al julle fokus om malema sit nie. Hy is net die sigbare simptoom. Hy is slegs n uitlaatklep van wat rerig aan die gang is in die ANC regering se houding jeens wittes. As al ons pyle nou op Malema gemik is en die ANC besluit om hom te onttrek, sit ons sonder n teiken. Ons moet tot n verstaan kom dat dei ANC geheel en al gefaal het.Hulle is nie bevoeg om die land te regeer nie. Polities onkorrek om te so n uitspraak te maak? Ek is jammer, miskien is dit, maar dit is die waarheid. Feite skree ten hemele.Dir wat Mnr. Mandela vermag het, staan vandag tot op die uiterste graad, vernietig en weggedoen mee. Ek weet nie wat die oplossing is nie, maar dis nou genoeg vir my en my huis. Ek wyer om te trek en ek wyer om die regering se gesag oor my te aanvaar. Van vandag af is ek n vryheidsvegter.(Lees:’n mindervorregde wit man wat “struggle” vir sy eie en landgenote se regte.)

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Dankie vir die nuwe groep. Ek het dit by die blog ingewerk. Vanoggend het Malema 12200 vriende en 64500 vyande.

  • Amelia Williams

    Kyk bietjie na die groep op facebook: http://www.facebook.com/REMOVEMALEMA?ref=nf
    Die groep is verlede week Woensdag gestig en het al klaar oor die 22000 lede! Daar is ook ‘n online petisie wat geteken word.

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Stuur nog aan wat jy raakloop. Ek het net enkeles genoem. Dit is nou die publiek se plig om die sosiale media te domineer dat Malema en sy trawante weet hul moet nie hul voete daar sit nie.

  • Trudie van Jaarsveldt

    Pragtige artikel wat jy gepubliseer het. En korrek. Slaan hom waar hy nie weet hoe om op te tree nie. Woede weet hoe om woede te hanteer maar woede weet nie hoe om besadigde reaksie te hanteer nie. Dan word woede benoud.

    Ek gaan nou kyk na al die webwerwe wat jy opgenoem het. So kan ‘n mens net jou kennis verbreed en ‘n goeie mening vorm. Dankie




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube