Jou stem op die web!

“Ons betree ʼn nuwe wêreld…”

Só sing Anna Davel oor Solidariteit en dít is presies wat Solidariteit in 2009 gedoen het. Solidariteit het die wêreld van internetradio betree en Suid-Afrika se eerste vakbond met ʼn eie radiostasie geword.

ʼn Stasie wat, ten spyte van sy kinderskoene, reeds hard oor maatskaplike en burgerregtekwessies, vakbondsake en nuusgebeure kan praat terwyl daar ook ʼn noue band met Suid-Afrikaners in die buiteland gesmee word. Solidariteit Radio wil lede en ondersteuners van die Solidariteit-beweging met inligting bemagtig en die groot leemte vir ʼn Afrikaanse geselsradiostasie vul – ʼn doelwit wat dié radiostasie met verskeie plaaslike radiostasies deel. Daarom word een van Solidariteit Radio se vlagskipprogramme, In Solidariteit, ʼn gewilde omnibusprogram, ook reeds op verskeie plaaslike radiostasies uitgesaai.

Waarom moet ek na Solidariteit Radio luister?
•    Solidariteit Radio begin die dag reg met ʼn daaglikse oordenking van vyf minute om 08:00.
•    Solidariteit Radio vertel stories van hoop danksy Solidariteit Helpende Hand se beurse, beroepsleiding, opleidingsprogramme, die verspreiding van lewensmiddele en die uitdeel van skooltassies en kosblikkies.
•    Solidariteit Radio maak sy stem dik oor maniere om ons burgerregte te beskerm, misdaad te bekamp, naamsveranderinge teen te staan en diskriminasie hok te slaan.
•    Solidariteit Radio hou graag kontak met ons ambassadeurs in die buiteland, raak nostalgies en stof ʼn paar boeke af.
•    Solidariteit Radio hou jou ingelig oor die wêreld van werk, nuusmakers en die invloed van politieke, ekonomiese en ander nuusgebeure op jou as luisteraar.

Hoe luister ek?
•    Solidariteit Radio is ʼn internetradiostasie by www.solidariteitradio.co.za.
•    Enigiemand met internettoegang kan na Solidariteit Radio luister.
•    Het jy ʼn program misgeloop? Geen probleem! Alle programme en onderhoude is na die tyd op Solidariteit Radio se webblad beskikbaar.
•    Ken jy iemand sonder internettoegang wat ook wil luister? Programme en onderhoude kan maklik op jou rekenaar afgelaai word, sodat jy dit met familie en vriende kan deel!
•    Vir verdere programinligting en -skedules, besoek www.solidariteitradio.co.za.

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube