Joe Niemand se brief vir president Zuma

JB

Meer as 136 000 briewe is vir president Zuma gestuur. Al die briewe is na sy adres in sy nasionale inbelsentrum ook gestuur. Een brief is egter persoonlik deur Dirk Hermann aan president Zuma oorhandig. Die brief is geskryf deur die sanger Joe Niemand.

 Lees:  Letter to President Zuma.  Saam met die brief is ʼn dvd van die liedjie Jericho oorhandig en ʼn cd van sy album: It is war waarop die liedjie Jericho verskyn.

 Joe Niemand tree ook dan op as Angus Buchan se sanger tydens sy byeenkomste.

Die video Jericho is aangrypend. Dit is reeds meer as 700 keer op Stube gekyk en het beslis gehelp met bewusmaking met die veldtog. Dit is egter die simboliese waarde agter die woorde en betekenis van “Jericho” wat my laat dink het. As mens die komplotte en die Sondagpers lees dan wonder mens hou lank het mens nog vir Jacob Zuma as president?

Die afgelope ruk het die een negatiewe insident op die ander negatiewe insident sy termyn gekenmerk. Baie hiervan sy eie toedoen. So negatief is dit op die oomblik dat tydens gister se byeenkoms in Kaapstad is net ʼn fotosessie toegelaat maar geen vra van die media nie. Tog is iemand soos Angus Buchan nog prontuit en stel dit dat vir die president gebid moet word. Dit is ook wat Joe Niemand noem. Dat daar gebid word en dat die regering gerespekteer word.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Johan

    Ons is mos nie daar om te oordeel of hy ongelowig ,veelwywer of korrup is nie, daar was sulke mense by wie Jesus aanhuis gegaan het bid dat Jesus by sy deur staan en klop en hy sal oopmaak.

  • Andre

    In watter wêreld leef julle mense, “God aan Zuma se sy” die van ʼn ongelowige? , ʼn veelwywer, ʼn man wat tereg gestaan het op bedrog en korrupsie. Wat sy vriende tel onder die tronkvoëls. Ag nee kom by of word wakker. Christene word uitgemoor, verkrag en vermink. Al wat julle uiters is dat julle dankbaar is dat, hulle nie gely het of dat hulle nog lewe. Wat moet nog gebeur en hoeveel moet nog uitgemoor word voordat julle gaan wakker skrik ? Selfs ons voorouers by Bloedrivier het meer gedoen as julle. Hulle het gebid vir verlossing en genade en daarna die wapen opgeneem en die vyand verslaan. Gaan lees die Gelofte.

  • Chris Bohm

    Ek bid dat die brief nie net gelees was nie, maar hart toe geneem was. Sodat God verheerlik word bo-oor enige iets anders in ons land. Laat Suid-Afrika aanskou kan word as n Land vir Jesus. Dat alle besluite geneem word met God aan Zuma se sy, sodat dit nie net n menslike besluit is nie, maar n Goddelike. Dink net wat sal gebeur as meer mense vir hul sulke briewe van inspirasie skryf…
    Hou aan met die goeie werk wat jy doen.

  • Adéle Myburgh

    Ek dink nie ek sou Joe se brief beter kon stel nie! Slagoffers van misdaad is orals- om en tussen ons en my hart breek as ek na al die stukkende mense kyk (Ouers, Kinders, Babatjies, Oumense) wat ‘n slagoffer is/was van misdaad. Ons moet bid vir al die leiers in ons land en vra vir wysheid wat alle verstand te bowe gaan en Sy beskerming. Mag Die Here Jesus ons land seën, sodat Hy verheerlik kan word!




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube