In Solidariteit, program vir saamstaan, hoop, veg en glo nou op Radio Pretoria

Wat gaan aan in Solidariteit? Jy vra nog! Solidariteit gaan nou elke Woensdag om 21:30 op Radio Pretoria die program In Solidariteit aanbied. Dirk Hermann en Jaco Kleynhans sal die aanbieders wees in hierdie program.

In Solidariteit – die program vir saamstaan, hoop, veg en glo. ‘n Program waar ons kwessies kaalvuis pak en waar ons trotse Afrikaners oproep tot aksie.

Die program sal hoofsaaklik fokus op inhoud wat uit die volgende bestaan:

  • Arbeidsregsadvies
  • Kwessies in die werkplek wat ons mense raak (regstellende aksie, ens.)
  • Sake wat ons burgerregte raak (taal, kultuur, naamsveranderinge, ens.)
  • Ekonomiese en politieke gebeure wat ons mense raak en hoe dit ons mense raak
  • Maatskaplike kwessies wat die Afrikaner raak
  • Stories van Afrikaners wat suksesvol is (veral internasionale suksesstories)
  • Beroepsleiding (Watter beroepe is daar ‘n vraag na, hoe moet jongmense hulself vir die arbeidsmark voorberei, ens.)

Radio Pretoria saai op die volgende frekwensies uit:

Kleinfontein

104.2

Greylingstad

107.6

Newcastle

104.5

Ermelo

104.0

Thabazimbi

103.7

Nelspruit

100.5

Lichtenburg

92.6

Brits

106.6

Naboomspruit

92.2

Koster

107.5

Tzaneen

96.6

Pietersburg

100.0

Nylstroom

100.6

Maak seker jy luister elke Woensdagaand na In Solidariteit om 21:00 op Radio Pretoria!

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • CHARLES PICK

    Net jammer dat Solidariteit my nie kan help nie!?ek is Unfair Dismissed en ek het te laat aangesluit!so ek maak maar staat op ccma maar ek weetie so mooi nie!?weet nie meer watse kant toe nie!het my naam al so skoon probeer hou by die bank maar ek dink op die oomblik gaan my naam weer innie modder beland!en ek gaan weer alles weer verloor wat ek vir my opgebou het!Dankie.

  • Envor Barros

    Hi dirk/Jaco- Indrukwekkend en soos altyd gefokus op die werksvlak

    Envor – Ncfawu- kaapstad




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube