Snaaks hoe mense alewig vaskyk in hulle omstandighede. Dit en dat is fout en dit is waarom ek so en so voel. Omstandighede moenie gebruik word om jou toekoms te vernietig nie. Die waarheid is: Jou omstandighede is nie gelyk aan jou toekoms nie! Slegte omstandighede gaan immers altyd daar wees, dit is nie die probleem wat die probleem is nie, dit is jou reaksie op die probleem wat die probleem is. Alles gaan oor ingesteldheid en jou fokus, en ek weet almal is al moeg om te hoor hoe “positiewe denke” alles regruk, maar dit is waar. Moenie realiteite mis kyk nie en gebruik 20% van jou tyd om oor die probleem te dink en 80% van jou tyd om dit op te los. Jou brein is vol senuwees, dit is ‘n netwerk van senuweestelsels, sinapses en elektriese impulse wat patrone vorm, inligting verberg en bevele uitdeel. Dit is die orgaan wat al jou emosies beïnvloed. ‘n Brein is soos geld, dit werk beter as dit jou slaaf is eerder as jou baas is.
Jy kan werk aan jou geluk, ‘n kenner word op blydskap en leer hoe om jou emosies te beheer en te beïnvloed. Almal wil gelukkig wees maar min mense is bereid om die moeite te doen en te leer van die brein. Neuro linguistiese programmering (NLP) is die wetenskap van die brein en hoe mens dit kan gebruik en beheer volgens wat mens wil voel, om jou brein te beheer in plaas van jou brein jou beheer.
Dit wat jy dink is wat jy is. Jou omstandighede moenie jou vlak van geluk bepaal nie, anders gaan niemand ooit op ‘n volhoubare manier gelukkig wees nie. Dit is ook baie nou gekoppel aan jou geloof, om te glo en om uit dankbaarheid te lewe sal die manier wat jy elke dag voel noemenswaardig verbeter. Weet dat God vir jou goeie dinge wil hê, al die beloftes van geluk en vrede aan die mens wat in die Bybel opgesluit is kom net tot vervulling as jy die krag van geloof daarin sit.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.