Hoe ver sal jy gaan vir dit waarin jy glo?
Hoe hoog en ver en diep sal jy gaan vir dit waarin jy glo en hoeveel is jy bereid om te gee vir dit waarin jy glo? Kan dit jou maar tyd en moeite en geld en selfs jou lewe kos om dit moontlik te maak?
Alle flou en moeë Christene, alle passielose en droomlose mense kom skep moed en steek aan by 5 inspirerende mense wat hulle alles gee vir dit waarin hulle glo en boonop die wêreld om hulle verander terwyl hulle dit doen!
Vandag in Mense op Maandag se program van hoop op www.solidariteitradio.co.za
- Mandy Ramsden word die eerste Suid-Afrikaanse vrou om al 7 hoogste pieke op al 7 kontinente te klim.
- Paul Grobler is betrokke by die vervolge kerk en word aangehou omdat hy in `n geslote land die Woord van God verkondig…
- Gizela Arendt vat nie nee vir ʼn antwoord nie…
- Ds. Dawie Liebenberg dra sy kruis tot in Greytown… en
- Dave Verster pak saam met 10 ander ondersteuners die Transkaroo-avontuurtog van 733km aan ten bate van Helpende Hand…
Klik hier om na vorige programme te luister
Klik hier om na vorige onderhoude te luister









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.