Die naweek sing Sunette Bridges haarself hees op Hartebeespoortdam. Sy is ʼn sanger wat nie skaam is om ʼn aktivis te wees nie. In Beeld maak sy die opmerking: “Ons is nou Mr. Delivery-volk” Heel tereg want daar het min mense opgedaag en net 457 mense het die protesbrief onderteken. Die stadium het aangebreek dat meer as 100 000 briewe en sms’e aan Zuma nie meer die ding doen nie.
Johan Rossouw skryf in sy weeklikse rubriek in By dat die week se protes een van die belangrikste vir die Afrikaner is: “Dit is byvoorbeeld net so belangrik om die aard van elke groepering in die land se ontnugtering te erken ten einde ʼn groter gedeelde bewustheid as voorwaarde vir kollektiewe aksie te ontwikkel as wat dit is om ook die spesifieke aard van die groepering waarmee jy binne die groter geheel identifiseer”
Hy gaan voort: “ As Afrikaners Woensdag in groot getalle aan die protes deelneem en wegbly, sal dit in die nabye toekoms vir die regering moeilik wees om te sê ons het nie “getoitoi” nie”. Dit is dus belangrik vir Woensdag om ʼn sukses te wees om ernstig opgeneem te word.
Misdaad kos die land groot geld. Sien vorige blog en Rapport.
Dit is belangrik om die saak in geloof aan te pak en te bid soos Die Burger berig.
Die Global Day of Prayer het begin as een byeenkoms tien jaar gelede op Nuweland in Kaapstad. Vanjaar is dit wêreldwyd eerskomende naweek in al tweehonderd en twintig lande in die wêreld.
Die misdaadprotes veldtog is nuut. Die publiek is voorberei daarvoor en het ʼn behoefte aan protes. Dit is egter moeilik in die begin om dit van die grond te kry. Dit is egter ʼn regverdige saak waarvoor die fondamente goed gelê is.
Ons landgenote in Londen het gewys hoe word dit gedoen. Lees Beeld en Faceboek.
Die Volksblad vra hoe moet die burgerlike verset lyk? Dit nadat vandag weer ʼn boer op Beeld se voorblad wreed vermoor is maar min mense daag op by die protes saamtrek by Harties?
In Rapport skets Jaco Kleynhans wat het Solidariteit al alles gedoen om werkers te mobiliseer vir stakings. Misdaadprotes is een stappie erger. Tog wag die meeste mense dat hul buurman of broer ook eers vermoor word.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.