Hier is jou sterre vir vandag

Hoeveel mense glo regtig dat jou sterteken bepaal watter geluk elke dag op jou pad kom en hoe jou persoonlikheid is? Ek wil graag uitvind. Hier is julle sterre vir vandag, wat ek op www.astrozone.com gaan haal het, dan sê julle my of die goed waar is.

Weegskaal (24 September – 23 Oktober) – Daar is verandering in jou werk of huis omgewing wat te doen het met ‘n man, dis ‘n mooi dag om kreatief te wees en mooi liefdes woordjies het ‘n groot invloed op jou. Die 24ste is ‘n goeie dag om geld te leen en die 22ste ‘n goeie dag om ‘n nuwe werk te begin.

Ram (21 Maart – 20 April) – Jy mag dalk die verkeerde indruk maak op iemand en jy voel gefrustreerd. Goeie aand vir meditasie. Die 21ste is ‘n goeie dag vir hare sny en die 31ste om jouself mooi te laat voel. Die 23ste is ‘n tyd vir romanse in jou lewe.

Bul (21 April – 20 Mei) – Jy voel dis ‘n goeie tyd om strategies te dink. Jou vriende kry voorkeur en jy is lus vir oefening. Jou emosies is ook bietjie oorweldigend op hierdie stadium. Week drie in die maand is ‘n goeie tyd om ‘n dieet te begin.

Waterdraer (21 Januarie – 19 Februarie) – Wees versigtig met jou finansies, jy is te spandabelrig. Die 26ste gaan jy reis of ver bestuur. Die 22ste is ‘n goeie dag vir romanse.

Tweeling (21 Mei – 21 Junie) – Dit is ‘n goeie tyd om te begin studeer of te reis. ‘n Liefdesverhouding is naby en teen vanaand gaan jy frustreerd voel.

Kreef (22 Junie – 22 Julie) – In hierdie tyd raak jy ontslae van slegte gewoontes. Teen die 22ste kan jy uitkyk vir nuwe werk.

Leeu (23 Julie – 22Augustus) – ‘n Verhouding is op die stadium beter en bring meer geluk as om alleen te wees. Daar gaan ‘n verandering in gevoel kom by ’n geliefde. Die 26ste is tyd vir skoonheids terapie.

Maagd (23 Augustus – 23 September) – Jy gaan “mood swings” ondergaan vandag, jy moet begin gimnasium toe gaan en besef dat almal geregtig is op hul eie opinie. Die 24ste gaan jy reis of ‘n ver pad ry.

Skerpioen (24 Okrober – 22 November) – Jy is baie gefokus op familie en jou huis die week. Die 21ste kan jy met ‘n dieet begin.

Boogskutter (23 November – 21 Desember) – Jy kommunikeer nie goed genoeg met ander mense nie, jy wil ontslae raak van roetine en gaan meer rondry of reis in die week.

Steenbok (22 Desember – 20 Januarie) – Jy sien die week wat regtig belangrik is in jou lewe en jy spandeer baie geld, jy maak groot besluite oor wat in jou lewe bly en wat gaan.

Vis (20 Februarie – 20 Maart) – Jy maak baie planne vir die volgende twee weke en jy dink baie voordat jy doen.

Is hierdie goed enigsins akkuraat? Of is dit net so belaglik as wat dit klink?

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Charl Oberholzer

    Hier is iemand wat in dit glo:

    “horoscope is about the position of extra-terrestrial planet or stars around us and how it effect us. When we’re born with specific group of stars nearer to us, it actually affect how we behave mentally and emotionally. Affects your mind waves.”

    Hmmmm, ek lag dis waar.

  • http://www.solidariteit.co.za Paul Joubert

    Die fisiese aantrekkings krag wat die rekenaar waarvoor jy tans sit terwyl jy hierdie lees, op jou uitoefen, is groter as die aantrekkingskrag wat enige van die planete of sterre (behalwe die aarde en dalk die son) ooit op jou uitoefen.
    Die posisie van die dokters en verpleegsters toe jy gebore is, het ‘n groter gravitasionele effek op jou gehad as wat Mars of Jupiter se posisie gehad het.
    Enough said.

  • Charl Oberholzer

    Hulle se die posisie van die maan, son en die verskillende planete is in ‘n sekere hoek op ‘n sekere tyd (soos jou geboorte dag) en astroloëe interpreteer dat die posisies op ‘n spesifieke tyd kan aandui hoe mense se gemoedstoestand op daardie oomblik is.

    Die gevaar met die goed is dat mense dit glo en dit “self furfilling prophecy’s word” en mense die slegte goed na hulself aantrek.

    Net beter om nie die goed te lees nie, al is dit lekker.

  • Ansie

    Haha! Die voorspellings is so veralgemeen dat dit op enigeen van toepassing is. Neem bv my sterreteken as voorbeeld (Steenbok) Ek sien elke dag wat belangrik is in my lewe, ek ry werk toe en ry verby `n bedelaar en besef hoe belangrik my werk is. Ek ry verby iemand wat werk toe moet loop en besef hoe belangrik my vervoer is.
    Spandeer baie geld? Ja, die naweek is tradisioneel die tyd van die maand wat mense huur gaan betaal en inkopies doen…
    Van die groot besluite weet ek nie so lekker nie, maak my “inbox” skoon?

    Jou gewone tydskrif / koerant voorpsellings word juis so geskryf dat dit “akkuraat” moet lyk, asof dit net vir jou geskryf is.

    Dit is veronderstel om goedkoop vermaak te verskaf en hoop te gee aan `n arme oujongnooi wat vroegoggend met `n koppie koffie in die hand lees dat sy vandag iemand nuut gaan ontmoet. Die feit dat sy werk as ontvangsdame by die enigste hotel op die dorp en dus elke dag nuwe mense ontmoet,demp geensins haar verwagtinge nie…

  • Lisa

    Hallo Charl,

    Ek dink as mens gaan terug kyk op die argiewe van 3, 5 of self 10 jaar terug, sal jy presies dieselfde voorspelling soos hierbo ontdek.

    Hoekom moet mens jou drome en doelwitte (of te wel jou keuses in die lewe) op ‘n voorspelling plaas / besluite maak op wat dit voorspel?

    Dis nogal ironies hoe elke “sterreteken” OF handel oor jou werksomgewing of dis tyd om werk te verander of te begin swot om jou werksomstandighede te verbeter OF iets oor ‘n romanse of ‘n geliefde OF dis nou tyd om te oefen en dieet.

    Elke persoon het al ‘n liefdes teleurstelling gehad, was al verlief, moes van werk verander, gaan studeer, oefen of dieet. Die kans dat jou “sterre” korrek “voorspel” sal word is goed, maar voorspel eerder jou eie “sterre” want jy weet tot wat jy self in staat is en wat jou vermoëns is.

    Ek dink sterre van die dag / week / jaar is nes die media bedryf. Alles klink altyd 10 keer meer belowend, lyk altyd 10 keer meer belowend maar is amper altyd 10 keer meer teleurstellend.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube