Die ANC wil grond herverdeel en minerale transformeer. Dit is die woorde wat minder gelaai is as die woord nasionalisering. Hoe die transformering en herverdeling presies moet plaasvind weet niemand nog finaal nie. Die ANC volg sy twee monde strategie waar hy elke week ʼn nuwe standpunt het. Daar is reeds riglyne en charters wat hersien moet word. President Zuma het juis vandag verklaar dat grondhervorming in sy huidige vorm nie voldoende is nie. In Zuma se toespraak noem hy dat daar ‘n nuwe formule gevind moet word vir die gewillige koper/verkoper beginsel hersien moet word en dat grondhervorming bekostigbaar moet wees. Lees Sapa .
Wat minerale aan betref het die ANC ʼn werksdokument waar Joel Netshitenzhe hom uitlaat dat daar nie nasionalisering sal wees nie. Aan die anderkant is Julius Malema fluks besig met sy studietoere oor nasionalisering. Die nuutste besoek is aan president Hugo Chavez van Venezuela wat die land se goudmyne wil nasionaliseer. Dan is daar nasionaliserings lesse wat Malema eerder in SA kan leer as in Venezuela. Ons het ons eie voorbeelde van Eskoms, Denel’s en SAA’s wat in die grond in bestuur is deur die staat.
Verstaanbaar ondersteun die ANC Jeugliga radikale grondhervorming en is hulle gou om president Zuma te steun.
Verder mobiliseer hy ANC strukture vir die standpunt om dit beleid te maak. Beleggers soek sekerheid. Al praat jy hier van die rykste minerale land in die wêreld.Daar word egter huidiglik deur die ANC voortgegaan met hul dissiplinêre verhoor teen Malema.
Ekonome is koud, klinies en op die man af. Dit is presies wat Roelof Botha vandag in ʼn meningsartikel in Sake Beeld geskryf het oor nasionalisering in Zimbabwe. Die briljante artikel moes op die voorblad van die Beeld gewees het en nie op die laaste bladsy van vandag se uitgawe nie. Die belangrikste gevolgtrekking is seker dat Zimbabwiërs se lewensverwagting die laaste 18 jaar gedaal het van 60 jaar na 34 jaar. Dit is nou die klomp wat nie vroegtydig die Limpopo kon oorsteek om in Suid-Afrika te kom bly nie.
Net soos Suid-Afrika minerale rykdom het staan Zimbabwe nie ver terug nie. Net niemand wil daar ʼn belegging gaan doen wat genasionaliseer gaan word nie.
Die groep wat hul moet regmaak vir die grootste ontnugtering met die nuwe herverdeling van grond is die boere. In die Sowetan het daar onlangs ʼn artikel verskyn waar die skrywer nie veel simpatie het met die boere nie. Kyk mens na die boere se bydra vir 2010 is dit die oorproduksie van 4 miljoen ton mielies en dan kan mens president Zuma se nuwe selfvertroue verstaan as hy wil kyk na ʼn nuwe formule vir die herverdeling van grond. Die grootste deel van die bevolking is grondhonger en sien nie die boere as ʼn bate wat voedsel produseer nie. Boere word eerder uitgesonder vir spesiale behandeling met plaasmoorde. En dit skep ook nie beleggers-vertroue nie.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.