Helpende Hand Vroue in Aksie loods eerste nasionale projek

 

Solidariteit Helpende Hand nooi die media uit na die eerste nasionale projek van die nuutgestigte vroue-organisasie Vroue in Aksie. Die projek behels die uitdeel van kosblikke, komberse en voedsame etes aan minderbevoorregte kleuters en volwassenes in Kaapstad, Pretoria en Bloemfontein. Talle van die duisende komberse wat tydens Vroue in Aksie se mediavennoot Finesse en Radio Rippel se komberse-projek ingesamel is, gaan tydens die loodsprojek uitgedeel word. Die loodsprojek vorm deel van Helpende Hand se bestaande nasionale Kosblikkie-projek wat in Junie vanjaar afgeskop het.

Lees Rapport en Beeld.

Luister RSG.

Lees ook:  Dames Aktueel skakel ná 32 jaar in by Helpend Hand se Vroue in Aksie

Luister ook RSG opvolg.

Tydens die verloop van die projek vat Helpende Hand-takke hande met minderbevoorregte kleuters regoor Suid-Afrika. Bo en behalwe die uitdeel van kosblikkies en voedselkoepons by die skole, kan takke op eie inisiatief programme aanbied wat fokus op die intellektuele en motoriese ontwikkeling van die kind.

Danksy die bydraes wat Helpende Hand-ondersteuners tot die Kosblikkieprojek in 2009 gemaak het, word 30 ma’s van Danville tans as dagmoeders opgelei, waarna hulle in staat sal wees om hul eie dagsorgsentrums te registreer.

“Vroue in Aksie bring vroue regoor Suid-Afrika in kontak met mekaar om idees uit te ruil, mekaar te ondersteun en om nasionale projekte met mekaar te verbind,” sê Lindie Strydom, skakelbeampte van Helpende Hand.

Volgens haar kan enige Afrikaanse vrou betrokke raak by Vroue in Aksie se praktiese doen-projekte om gemeenskappe op te hef.

“So word die moderne Afrikaanse vrou op internasionale, nasionale en plaaslike vlak toegerus en bemagtig om aktief by te dra tot die opheffing van Afrikaanse gemeenskappe,” sê Strydom.

Sy sê daar is ʼn enorme behoefte om vroue op maatskaplike, kulturele en geestelike vlak te bemagtig sodat armoede op al hierdie vlakke in gemeenskappe die hoof gebied kan word.

“Dit is tyd dat Afrikaanse vroue in Suid-Afrika opstaan en beweging gee aan hoop,” sê Strydom.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • A van Nikerk

    Kontak my asb. Ek het baie ondersteunings en werkskeppings projekte vir blanke vroue. Groete en sterkte.

  • Maria Groenewald

    Ek soek asseblief na die berig van Solidariteit en die blanke plakkerskamp te Ruyterwacht Kaapprovinsie.
    Dankie.

  • Reint Dykema

    Stuur epos na diens@helpendehand.co.za en hul sal met jou in verbinding tree.

  • Adri de Waal

    Ek bly in Ballito(KZN)en wil graag by julle projekte betrokke raak? Is hier iemand in ons omgewing by wie ek kan inskakel?




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube