FNB en Solidariteit skik oor beurse vir slegs swart personeel

Wit personeel van FNB wat uitgesluit is van ʼn FirstRand swart ekonomiese bemagtigingstrust sal voortaan, deur ʼn alternatiewe beursskema, tot dieselfde voordele toegang hê as wat die swart bemagtigingstrust aan swart werknemers bied.

Die uitvoerende hoof van FNB, Michael Jordaan, en die adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, het ná samesprekings aangekondig dat daar ʼn skikking tussen die partye bereik is. ʼn Dispuut tussen Solidariteit en FNB het ontstaan nadat die bank in hulle nuusbrief Treetalk alle personeel uitgenooi het om aansoek te doen vir ʼn beurs, maar ook gesê het dat slegs swart personeel kwalifiseer.

Lees verder. Klik hier.

Ooreenkoms tussen Solidariteit en FNB

Solidariteit en FNB kom op die volgende punte ooreen:

1. ʼn Dispuut het ontstaan tussen Solidariteit en FNB oor die FirstRand Trust se beursskema.

 

2. Die FirstRand Trust is in 2004 geskep as deel van die swart ekonomiese bemagtigingstransaksie (SEB-transaksie) van FirstRand.

3. Ingevolge die Trustakte is die begunstigdes van die skema swart kinders van FNB-werknemers wat minder as R100 000 per jaar verdien.

4. Solidariteit het beswaar aangeteken teen die feit dat die FirstRand Trust eksklusief swart is.

5. FNB het egter ook ʼn verskeidenheid ander beursskemas om hulle personeel te ondersteun.

6. Ná gesprekke tussen Solidariteit en FNB het die partye ooreengekom dat wit werknemers wat by die FirstRand Trust uitgesluit is, deur die bestaande beursskemas toegang sal hê tot dieselfde voordele as werknemers wat ingesluit is by die FirstRand Trust.

7. Alle FNB-werknemers, ongeag ras, wat minder as R100 000 per jaar verdien sal dus gelyke toegang tot die voordele, soos gedefinieer deur die FirstRand Trust, hê.

8. Die kriteria vir die toekenning van voordele van die FirstRand Trust sal ook die kriteria wees vir die toekenning van voordele vir die wit werknemers wat uitgesluit is uit die FirstRand Trust.

9. Volgens FNB was hulle beleid nog altyd om alle beurse op meriete toe te ken en om nie teen sekere groepe te diskrimineer nie.

10. FNB onderneem dat daar ook in die toekoms geensins teen wit werknemers gediskrimineer sal word wanneer dit by die toekenning van beurse kom nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • RE Schoeman

    Wel gedaan!! Dit is verblydend dat FNB die lig sien opgaan en besef dat meriete en nie ras die bepalende faktor behoort te wees wanneer kreteria vasgestel word vir beurse.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube