Volgens beplanning moes Solidariteit en FNB vandag ontmoet om hul beursskema uit te sorteer. Openbare druk het egter veroorsaak dat daar reeds verlede week ʼn ooreenkoms met Solidariteit gesluit is. Solidariteit het in die vakbond se doel geslaag om toegang te kry vir wit werkers wat minder as R100 000 verdien se kinders tot die beursskema. Reaksie was gemeng oor FNB se verduideliking oor die situasie. Tim du Plessis van Beeld het dit as: Besoedelde raspoletiek beskryf.
Almal was egter nie opgewonde oor die skikking nie.
Dankie aan al ons vriende wat deelgeneem het aan die aksie. Daar was selfs ‘n alternatiewe groep vriende wat hul eie ding spontaan gedoen het. Dit was gemeenskapaktivisme op sy beste. Dirk Hermann het dit op RSG se Monitor verduidelik. Luister ook na Solidariteitradio en die Vrydag na die skikking.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.