Feite en gebruike kuier in die Maledive

1193 eilande, net suid van Indië, noord van die Seychelle eilande, met Somalië en Sri-Lanka aan weerskante, so lê hulle soos ʼn pêrelhalssnoer, met wit sand en ʼn nimmereindigende blou see. Feite en gebruike is vandag in hierdie paradys van die Maledive eilande. Hulle sê as jy die eerste, selfs die tweede keer die eilande besoek, is jy in totale verwondering, beleef jy iets wat jy nog nooit ervaar het nie. Luister na die insetsel, klik hier.

Ongeveer 200 van die 1193 eilande word bewoon en die hoofstad is Male. Die Maledive eilande is die kleinste Asiatiese land, met die kleinste bevolking en oppervlak. Met ʼn gemiddelde grondvlak van 1,5 meter bo seespieël, is die Maledive eilande die laagste land op aarde.

Twee Maledive eilande is eers in 1972 oopgestel vir toerisme, dis die Kurumba en Kuredu eilande, maar vandag is meer as 100 eilande toeriste aantreklikhede. Die 200 eilande wat bewoon is, word deur sowat 400 000 Soenni-Moslems bewoon.

Ongeveer 600 000 toeriste besoek jaarliks hierdie paradys van Kokospalms, duik en snorkel. Kokospalms is dan ook die Maledive eilande se nasionale boom. ʼn Duisend visspesies en meer as 200 koraalsoorte is rondom die eilande aangeteken.

Met die Tsoenami is 2004 is sowat 49 van die bewoonde eilande en 19 toerisme eilande oorstroom. Ongeveer 12 000 mense is dakloos gelaat. Maar die eilande is almal weer bewoon.

Sou jy ooit meer wou uitvind oor ʼn wegbreek na die Maledive eilande of selfs geld wou spaar vir ʼn vakansie daar, besoek gerus www.holidaytours.co.za of www.flightcentre.com.

0 Reaksies op “Feite en gebruike kuier in die Maledive”


  1. Geen kommentaar nie

Lewer Kommentaar




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube