Eskom spanning bou op

Dit was ʼn dag vol spanning toe die Nasionale Raad van Solidariteit se elektrisiteitsbedryf vandag vergader het om hul Eskom eise te bespreek.  Die geleentheid is opgevolg met ʼn mediakonferensie.  

Die vakbond Solidariteit het  aangekondig dat hy nie die huidige vorm van Eskom se jongste aanbod in die loononderhandelinge aanvaar nie. Die vakbond het in ʼn poging om die partye nader aan mekaar te bring bykomende wysigings aan Eskom se hersiene aanbod voorgestel. Eskom is kans gegun tot Maandag om terugvoer oor die nuwe wysigings te gee.

Luister RSG se Monitor en Geldsake asook  Radio Pretoria. Analis Andrew Levy stel op Moneyweb die voor en nadele van ‘n moontlike staking. Kyk ook SABC2 nuus.

Lees Sapa. Daar word verder berig deur Sapa.

The Times, Sake Beeld, Pretoria News, Financial Mailen Business Report gee die jongste nuus.

Die grootste vakbond in Eskom die NUM is van plan om te staak en het vandag ʼn stakingskennisgewing aan Eskom bedien.

Pretoria News berig hieroor.

Solidariteit se wysigings op die Eskom-aanbod bestaan uit vier afsonderlike afdelings en volg na aanleiding van ʼn uitgebreide sessie wat die vakbond se elektriese bedryfsraad vandag gehad het.

In sy eerste wysiging eis Solidariteit dat Eskom ʼn minimum diensooreenkoms voor die 2011-loononderhandelinge moet implementeer. Die implementering van dié ooreenkoms sal aan werknemers in Eskom die ruimte vir stakings bied – iets wat tans nie die geval is nie aangesien die maatskappy as ʼn noodsaaklike diens geklassifiseer is.

Die vakbond eis tweedens dat ʼn behuisingstoelaag wat alle werknemers in Eskom sal bevoordeel, ingestel moet word. Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, bied die huidige aanbod van Eskom slegs ʼn verbetering aan sekere werknemers.

Derdens eis Solidariteit ook dat ʼn volhoubare behuisingsoplossing vir die toekoms gevind moet word voor die loononderhandelinge van 2011, aangesien die huidige aanbod geensins aanvaarbaar vir werknemers is nie.

Solidariteit eis daarbenewens dat die dringende arbeidsprobleme in Eskom aangepak moet word. Die vakbond stel voor dat ʼn eksterne oudit gedoen moet word om die huidige gevoel onder werknemers te bepaal. “Daar is ʼn erge vertrouensbreuk tussen Eskom-werknemers en die bestuur en daarom is ʼn ondersoek noodsaaklik. Dit moet egter nie net by ʼn ondersoek bly nie, maar dringende stappe moet hierna volg om die arbeidsprobleme op te los,” verduidelik Buys.

“Solidariteit is ʼn verantwoordelike vakbond en moet daarom verantwoordelik optree teenoor sy lede en die publiek. Solidariteit is daarvan oortuig dat ʼn skikking wel binne bereik is, as Eskom bereid is om die hersiene eise te oorweeg. Ons is positief dat ʼn ooreenkoms bereik kan word, maar daar is eers ʼn paar brandende kwessies wat aangepak moet word en dit word alles in die hersiene eise vervat,” verduidelik Buys.

Volgens Buys sal Solidariteit waarskynlik reeds môre die hersiene eise met die ander twee vakbonde in Eskom, NUM en NUMSA, bespreek.

 

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    JOHANNESBURG July 1 Sapa
    ESKOM BEGS UNIONS NOT TO STRIKE

    Eskom CEO Brian Dames on Thursday pleaded with trade unions
    representing the parastatal’s staff not to proceed with a planned
    strike next week.
    “There were critics who constantly said we were not going to be
    able to host the Fifa World Cup and they have been proven wrong,”
    Dames said.
    “My plea to the trade unions is for them not to go on strike at
    this point…or even later…and put South Africa on the spot.”
    The plea came after two unions representing the majority of
    Eskom’s workers, the National Union of Mineworkers (NUM) and the
    National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa), on
    Wednesday confirmed strike notices, paving the way for staff to
    down tools in the final week of the soccer World Cup.
    The unions rejected Eskom’s latest offer of an 8.5 percent wage
    increase and R1000 housing allowance.
    They had demanded a nine percent increase and a R2500 housing
    allowance.
    Dames said if all the unions were to embark on a protracted
    strike, it would disrupt power supply.
    “If I sit here and say the strike will have no negative impact I
    will be lying. This is a serious issue and we are not taking it
    lightly.
    “We need all our workers.”
    He said next week’s strike would be illegal because Eskom was an
    essential service and its employees were therefore not allowed to




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube