Entrepreneurskap - of jy warm patats langs die pad verkoop en of jy jou bestuursvaardighede in ‘n konsultasie maatskappy verander het, jy is die hartklop van die Afrikaner se ekonomiese vooruitgang. Ongeveer 75% van blanke Suid-Afrikaners wat as ryk beskou is in 1994 het formele poste beklee, deesdae is slegs 25% van ryk blanke Suid-Afrikaners afhanklik van die staat of ‘n formele werk. Dit beteken dat meer en meer blanke Suid-Afrikaners hulle eie besighede begin. Die blanke armoede vraagstuk is ook weer op die tafel, en deur entrepreneurskap kan jy weer jou eie mense uit die nood help en bemagtig met hoop.
Justice is van Springs, hy het gesien hoeveel mense in onmiddellike armoede gedompel is nadat die Grootvlei-myn nie hulle werknemers betaal het nie. Hy het sy eie besigheid geregistreer en poog om mense te help om hulle eie eenmansaak besighede op die been te kry. Alhoewel hy self sukkel, is dit vir hom belangrik om aan sy gemeenskap hulle onafhanklikheid terug te gee. Hy wil mense oplei in eenvoudige werkies, of die vaardighde waaroor hulle beskik in besighede omskakel. Van verf werk tot instandhoudingswerk. Luister hier na Justice op Solidariteit Radio en wat hy nodig het om sy roeping te voltooi. Dalk kan jy help?
Henning woon in die Kaap, hy is doof en probeer om ander dowes by te staan deur middel van opleiding, werksgeleenthede en streef daarna om die persepsie van dowe mense te verander. Hy werk vir Sanlam en wil graag voltyds ander dowes ophef en vir hulle nuwe werksgeleenthede skep. Hy kort borge en mense wat in hom glo, luister hier na Henning en wat hy ingedagte het.
So is daar baie Afrikaners wat hulle deel wil bring, wat entrepreneurskap wil gebruik om hulself te help asook ander op te hef. ’n Haarkapper van Middelburg wil ander dames graag oplei om dieselfde te kan doen, Conrad wat tans in ‘n swart plakkerkamp woon het ‘n idee vir ‘n telekommunikasie maatskappy en ander het reeds besigheidsplanne vol nuwe idees. Stuur ‘n e-pos na radio@solidariteit.co.za indien jy hierdie mense wil bystaan of self hulp nodig het om jou eie besigheid te begin.
Luister elke Vrydag na Perspektief op www.solidariteitradio.co.za , laai ook vorige programme van die webtuiste af.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.