Gister het Solidariteit Helpende Hand die eerste Afrikaanse Entrepreneurskonferensie gehou. Verskeie suksesvolle sakekenners soos die bekende ekonoom Dawie Roodt, die voormalige hoof uitvoerende beampte van ABSA, Steve Booysen, die hoof uitvoerende beampte van Sanlam, Johan van Zyl, en die direkteur van KWV en Metropolitan Life, Christo Wiese, het tydens die geleentheid as sprekers optree.
Die konferensie was ʼn uitvloeisel van Helpende Hand se Reddingsdaadkongres wat in Oktober 2009 by die Voortrekkermonument gehou is. Vanuit die Reddingsdaadkongres het die behoefte aan suksesvolle Afrikaanse sakelui wat as rolmodelle vir toekomstige en hedendaagse entrepreneurs kan dien, duidelik na vore gekom.
Kyk na SABC 2 nuus. Luister na Radio Pretoria onderhoud.
RSG se Praat Saam het ook die kwessie van entrepreneurs bespreek waar Henk Schalekamp, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit aan deelgeneem het.
Luister na deel 1
Deel 2
Deel 3
Deel 4
Deel 5
Deel 6










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.