Die grootste stereotipe in Suid-Afrika - elke wit man is ‘n pro-apartheid rassis en elke swart man is ‘n geweldadige plaas aanvaller. Die stereotipe het weer kop uitgesteek die week waar Sam Ramsamy, lid van die Internasionale Olimpiese Komitee, wittes veroordeel omdat hulle nie die swart man se vergifnis wil aanvaar nie. Dis amper soos om wild te kyk of te jag, jy weet daar steek iets meer weg in die bos en sodra jy dit raak sien dan klap die skote.
“South African blacks had striven to reconcile with the minority white population: I don’t know whether all whites have understood and accepted this magnanimity of forgiveness and acceptance.”
Het die swart man in Afrika waarlik die oorheersende wit man vergewe? Wil die wit man vergewe word en wat word daar verstaan onder “forgiveness and acceptance”? Hier is nog ‘n paar sê goed van ou Sam:
“We are trying to normalise the situation but I’m not sure all South African whites understand that”
“The white South African population is less than 20% of the whole South African population and we are doing very well. But can you imagine how well we would do if we provided the same opportunities for the other 80% of the population?”
Stereotipes is ‘n lekker ding, mens kan lekker rondspeel en almal oor dieselfde kam skeer. Gerieflik. Is regstellende aksie nie ook net ‘n stereotipe nie? Die aanvaarding dat elke swart man arm en benadeeld is. Tokyo Sexwale is ‘n miljoenêr, sy seun word bevoordeel deur regstellende aksie. Is sport kwotas nie ook ‘n stereoptipe nie? Dit neem aan dat elke wit speler uit ‘n beter huis kom as elke ander swart speler. Daar is ook die stereotipe dat misdaad net in die wit gemeenskap plaasvind en die stereotipe dat geen swart man kan boer nie. Suid-Afrika bestaan uit honderde stereotipes en dit gaan nooit verander nie. Al wat ons kan doen is om net nou en dan rasioneel te probeer dink oor ons eie vooropgestelde idees en onsself afvra of dit die werklikheid is.
Sam is oortuig daar is teveel wit mense in rugby en krieket. Maar sekere steroetipes kan ook geregverdig word wanneer dit ‘n kultuur ding is of van ander faktore afhang. Meer swart mans speel basketbal want hulle is beter daarin of stel meer daarin belang. Indiër vrouens is beter in besigheid as baie ander kulture. Dit is nie rassisties om te dink meer swart mense speel sokker in Suid-Afrika omdat hulle beter is of omdat hulle meer daarin belangstel nie, so ook met rugby en ander sport soorte. Sport is uniek en almal hou nie eweveel van alles nie, waarom dan kwotas implementeer wat die land se bevolking weerspiëel?
Dink mooi oor al jou stereotipes, dit mag dalk ‘n nuwe belewenis wees.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.