Ek is nie polities korrek nie

Die polities korrekte ding om te doen is om Suid-Afrika te sien as een groot volk, een doel voor oë, een reënboog, een regering, een sukses. Maar wanneer idees soos gemeenskap van gemeenskappe, federalisme, self-beskikking, onderdrukking, diskriminasie, etnisiteit, christelike eerder sekulêre demokrasie, vryheid en realiteit onder mense begin bespreek word dan is dit dikwels die persepsie dat mense kortsigtig is en anti-nasiebou is. Ek het ‘n paar dinge om uit te klaar:

As ek kwaad raak vir die situasie in Suid-Afrika, beteken dit nie ek wil emmigreer nie.

As ek aan die wêreld verkondig dat ek onderdruk voel, is dit nie omdat ek Suid-Afrika wil afbreek nie.

As ek ‘n voorstaander is vir die saak van die Afrikaner, beteken dit nie ek is teen iemand anders nie.

As ek die ANC sleg sê, geld dit nie vir elke swartman in Suid-Afrika nie.

As iemand anders se kultuur vir my snaaks is, beteken dit nie ek gun hom nie sy kultuur nie.

As ek ‘n ideologiese stryd voer eerder as ‘n welsyn stryd, beteken dit nie ek wil hê mense moet honger ly nie.

As ek vir my kultuur baklei, ontneem ek niemand se daaglikse brood nie.

As ek teen die huidige vorm van nasiebou is, beteken dit nie ek wil nie ons nasie bou nie.

As Afrikaners kwaad word, beteken dit nie hulle is nie bereid om aan ‘n toekoms te werk nie.

As my ideale van iemand anders verskil, beteken dit nie ek stoot hulle weg nie.

Omdat ek daagliks blog oor wat my kwaad maak, beteken dit nie ek doen niks anders nie.

As die Afrikaner onafhanklik en verantwoordelik wil wees vir sy eie sukses, is hy bereid om blameer te word as dit nie werk nie. 

Ek baklei nie omdat ek ‘n rassis is nie, ek baklei omdat daar geen ander alternatief is nie.

As ek konserwatief is op my kultuur, my geloof en my taal is dit nie ten koste van enige iemand nie.

Elkeen moet verantwoordelikheid vat vir sy eie tyd, niemand kan vir almal staan nie maar almal kan ten minste mekaar verstaan.

“Liberals preach about tolerability, but they are often the most intolerable of them all”

Geen verwante artikels nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Quintin Diederichs

    Ek stem saam… meeste van ons voel so! Meer mense begin nou betrokke raak te danke aan ouens wat die boodskap uitstuur. Hou so aan!!

  • AttieS

    “Liberals preach about tolerability, but they are often the most intolerable of them all”

    Ja, hulle is baie naby aan Nazi’s, ek het lank terug n artikel gelees oor 4 jong seuns wat met “love your race” plakate by n “multi-cultural” vergadering in die VSA gestaan het nie en toe aangeval is deur 400 ontstoke mense. Wie is dan die Nazis?

    Daar is nog n gesegde: As jy 18 is en nie Liberaal nie dan het jy nie n hart nie, maar as jy 30 is en nie Konserwatief nie dan het jy wragtig geen verstand nie

  • Christo van der Merwe

    Baie goed gestel!

  • Charl Oberholzer

    Hier is goeie quotes oor konserwatisme en liberale, nie noodwendig my mening nie maar interessant:

    The modern definition of ‘racist’ is someone who is winning an argument with a liberal.

    A liberal is a man too broad-minded to take his own side in a quarrel.

    A liberal is a person whose interests aren’t at stake, at the moment.

    A conservative is a man with two perfectly good legs who has never learned to walk.

  • James

    Puik blog. Wat jou slotopmerking oor liberale denkwyses betref, wil ek graag na `n aanhaling (ek is nie seker deur wie nie) verwys – “As jy jonk is en nie liberaal nie, het jy nie `n hart nie. As jy egter ouer raak en nie konserwatief is nie, het jy nie `n brein nie.”




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube