Een dag in ʼn wit plakkerskamp

 

Fotograaf: Willem De Lange

 

Mense praat baie oor wit-armoede. Solidariteit is uitgesproke oor die kwessie. Solidariteit se Helpende Hand samel kos in om die 600 000 arm-blankes te help voed. Helpende Hand het ʼn Afrikaner armoede verslag saamgestel. ʼn Foto-joernalis Willem de Lange het op versoek een dag spandeer in die Coronation kamp by Krugersdorp.  De Lange is een van Suid-Afrika se voorste sosiale dokumentêre fotograwe. Dokumentêre fotografie is  die oorreding om verandering te demonstreer. Dit het ‘n meer menslike inslag en raak die emosies van die kyker. Kyk hier na van sy vorige werk oor ander onderwerpe.

As jou emosies geraak is deur die foto’s los jou kommentaar.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Naómi

    Hanna – daar is dikwels SA mense van Aus wat terugkeer na SA en dan met ‘n halfvol “container” terugkom. Volgens my sussie in Brisbane moet mens net kontak maak met die SA groepe en hulle sal beslis weet van iemand wat terugkom en goedere vir jou kan oorbring vir die plakkers

  • Naómi

    Dis wonderlik om te sien hoe mense wil help, maar hoekom verkeer almal onder die indruk dat wit plakkers net hope klere nodig het? Kos en geld vir medisyne en ander noodsaaklikhede is baie belangriker (onthou, die mense wil ook graag hare was en bad). In die winter is warm klere en komberse natuurlik ook baie nodig. Skenk jou ou karavaan sodat iemand darem ook ‘n dak oor die kop kan hê, of wat van die Wendy-huis wat nie gebruik word nie? Daardie ongebruikte jel-stoof kan ook goed aangewend word, asook sonsambrele waaronder die kinders kan speel en nie so in die son verbrand nie. Is daar dalk ‘n brei- of naaldwerkmasjien wat jy nooit weer sal gebruik nie? Dalk is daar handige vrouens in die kamp. Gee vir hulle jou onderbenutte tuinstoele, skryfbehoeftes en storieboeke vir die kinders, daardie ekstra groente uit jou tuin. Die boer wat die melk so weggooi kan dit gerus by ‘n paar van hierdie kampe gaan uitdeel. Ek sê maar net…………..

  • Hanna

    Ons is in Aus en het hope goed wat ons probeer oor kry om vir die mense te gee!!! Enige raad sal baie waardeer word!!!!

    Genade toggie, ek wens die Here gee my tog eendag die geleentheid en die geld om mensies soos die uit hul omstandighede te help…

    Here, U is in beheer…

  • Maxie Nortje

    Vir die wat dalkies nie weet nie Doulas bring ongeveer 2000 nedersetters wat hulle op die 4de Desember gaan trakteer na Silver Valke Rugbyklub h/v Pretoria en Roestoffstraat, Silverton
    vir ‘n Kersfunksie. Die dag het hulle potjiekos kompetisie en almal wat wil kan inskryf. Die potjie moet vir 30 mense kan voed. Dit beloof om ‘n heerlike dag te wees. Almal is welkom as gaste en Heleen by 0824438874 of Maria by 012-7558199 kan gekontak word indien daar mense is wat moontlik kan en wil help.

  • craig

    Ek sal graag wil uitvind waar dir is , dit is baie swaar om blankes of enige iemand so te sien swaar kry en sonder kos te wees , ek sal graag daar van hou om iets te kan vat vir die kinders lekkers of skyfies , dalk ou klere insamel vir hulle . dit sal wardeur word, deur hulle




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube