Een dag in ʼn wit plakkerskamp

 

Fotograaf: Willem De Lange

 

Mense praat baie oor wit-armoede. Solidariteit is uitgesproke oor die kwessie. Solidariteit se Helpende Hand samel kos in om die 600 000 arm-blankes te help voed. Helpende Hand het ʼn Afrikaner armoede verslag saamgestel. ʼn Foto-joernalis Willem de Lange het op versoek een dag spandeer in die Coronation kamp by Krugersdorp.  De Lange is een van Suid-Afrika se voorste sosiale dokumentêre fotograwe. Dokumentêre fotografie is  die oorreding om verandering te demonstreer. Dit het ‘n meer menslike inslag en raak die emosies van die kyker. Kyk hier na van sy vorige werk oor ander onderwerpe.

As jou emosies geraak is deur die foto’s los jou kommentaar.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Marilize

    Dankie Paul, het gaan kyk op die link, maar die naaste dorp aan my is Newcastle. Enige iemand wat mense in Vryheid ken wat klere nodig het?

  • Paul

    Vir almal wat vra na plekke naby hulle waar arm wit mense woon, kyk gerus na hierdie bladsy op Helpende Hand se webwerf. Daar is ‘n lys van die takke van Helpende Hand:
    http://www.helpendehand.co.za/?page_id=66

  • Paul

    Reginald, hoeveel onse is in jou pond?

  • Reint Dykema

    @ Nickey vir hulp in die Vrystaat.

    Skakel die volgende:

    Vanessa Marais
    Solidariteit Helpende Hand
    Streeksorganiseerder Vrystaat & Noord Kaap
    Tel. 051 446 4220
    Sel. 082 821 1529
    Faks. 086 699 7103
    E-pos. vanessa@helpendehand.co.za
    http://www.helpendehand.co.za
    http://www.solidariteitradio.co.za

  • Maxie Nortje

    Ek het as ‘n groepie van ons kerk twee van die kampe besoek en
    was deurgaans verstom oor die lewensblyheid van sommige van die inwoners. Veral een van die kampe was daar ‘n dame gediagnoseer met borskanker. en een verwyder sowel as klierkanker ek sal haar glimlaggende gesig nooit vergeet nie. Hierdie mense is uit gehonger vir geselskap en al kan ons nie finansiele hulp bied nie kan die kuiertjies ook al ‘n verskil maak. Veral die kindertjies het my in trane gehad hulle het nie gevra om daar te wees nie.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube