Een dag in ʼn wit plakkerskamp

 

Fotograaf: Willem De Lange

 

Mense praat baie oor wit-armoede. Solidariteit is uitgesproke oor die kwessie. Solidariteit se Helpende Hand samel kos in om die 600 000 arm-blankes te help voed. Helpende Hand het ʼn Afrikaner armoede verslag saamgestel. ʼn Foto-joernalis Willem de Lange het op versoek een dag spandeer in die Coronation kamp by Krugersdorp.  De Lange is een van Suid-Afrika se voorste sosiale dokumentêre fotograwe. Dokumentêre fotografie is  die oorreding om verandering te demonstreer. Dit het ‘n meer menslike inslag en raak die emosies van die kyker. Kyk hier na van sy vorige werk oor ander onderwerpe.

As jou emosies geraak is deur die foto’s los jou kommentaar.

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • catherine haessig

    Thanks for showing the fact’s, even though it brought tears to me. We need America to help like they helped put Mandela in Power now they can help fix the mess Clinton created.

  • Melodie van Brakel

    Baie dankie Bernadette vir julle hulp.
    Graag wil ek net asseblief die volgende regstelling maak – THE CRADLE OF HOPE is ‘n ONAFHANKLIKE liefdadigheids organisasie wat slegs hulp verleen by Coronation Park.
    Die hulp wat ons aan Coronation Park verskaf hou ons baie besig maar ons is ook betrokke by verskeie ander plekke waar daar nood is, en ons help ook by baie ander plekke.
    Ons dien glad nie op die bestuur van die park nie (Hugo en Irene van Niekerk is in beheer), en verleen slegs hulp by die park aan hoofsaaklik die kinders en die bejaardes (asook van die mammas en jong meisies (party swanger)).
    Ons het ‘n enorme huis in Wes-Krugersdorp gekoop waar mammas en kinders saam geakkommodeer word, berading kry, “skills” aanleer ens. ‘n Paar van Coronation Park se mammas en kinders (wat vasgevang was in hulle omstandighede) het reeds soontoe getrek.
    THE CRADLE OF HOPE bied hulp aan vir die mense van Coronation Park maar IS NIE Coronation Park nie.
    Van ons hulp verlenings projekte by Coronation park is:
    Die kleuterskooltjie wat ons bestuur en finansieel onderhou, die naskoolsentrum en die baba-stimulerings groepie. Dan verskaf THE CRADLE OF HOPE ook 2x per dag (7 dae per week) kos aan die kinders en die bejaardes van die tentdorp. Ons verskaf die bestanddele en benodighede op Maandae en Vrydae en Irene en ‘n paar van die mammas berei die kos voor. Ons help ook met klere, medisyne, baba benodighede, skoolgelde, borgskappe vir toere, ens. ens. ens.
    Indien julle ons wil help om hierdie mense te help, skakel gerus ons kantore op (011) 660-4623.
    Baie dankie vir almal wat gewillig is om te help!
    Melodie van Brakel THE CRADLE OF HOPE http://www.thecradleofhope.org

  • Laurie Smit

    Ek wens ek kon ‘n towerstaffie waai en vir almal in die plakkerskamp werk aanbied by die hospitale in die plek van die wat so staak. Mnr Zuma jy kan twee mense wat staak vervang met een van hierdie mensies – hul sal tevrede wees met ‘n 4% verhoging!
    Dankie Solidariteit vir wat jul doen vir ons mense

  • Bernadette

    Ek en ‘n vriendin het twee weke terug na cradle of hope toe gegaan (coronation park) ons het ook baie goejies ingesamel kos en klere as enige iemand kan help dit sal’n groot verskil maak.

  • Chantelle

    Dankie Solidariteit.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube