Dwarsoor Suid-Afrika maak mense gereed vir groot misdaadprotes

Dag-van-Protes-teen-Misdaad_voorlblad
Wat het Uvongo, Pietersburg (Polokwane), Pretoria, Bellville, Heilbron, Bloemfontein, Kaapstad, Klerksdorp, Thabazimbi, Phalaborwa, Reitz, Roodepoort, Welkom, Rustenburg, Port Elizabeth, Despatch en nog vele meer plekke in gemeen? Hulle is almal besig om voor te berei vir Solidariteit se groot dag van protes teen misdaad.

Lees pligte van ‘n proteskoördineerder.


Ons wil ʼn Suid-Afrikaanse rekord opstel vir die meeste protesmemorandums wat op een dag oorhandig word. Misdaad raak elke gemeenskap, klein of groot, en ons wil protes daarteen aanteken in elke gemeenskap.

Mense regoor Suid-Afrika het ingestem om deel te neem aan die groot dag. Vrywilligers beplan aksies wat Suid-Afrika vir een dag rooi gaan verf. Mense gaan rooi aantrek, rooi plakkate en baniere dra en diegene wat nie die aksie kan bywoon nie, gaan rooi aantrek waar hulle ook al is. Daar het genoeg bloed gevloei en ons wil die wêreld wys ons is moeg vir rooi.

Daar word beplan om die aksies só aan te pak dat mense wat net verlengde middagetes kan neem ook deel daarvan kan wees.
Plaaslike gemeenskapbeveiligingsaksies en sekuriteitsmaatskappye gaan ook aan die protesaksie deelneem. By elke oorhandiging sal daar ten minste een slagoffer van ernstige misdaad wees. Ons wil wys dat misdaad regte mense raak en pyn vir gewone mense veroorsaak.

Die aksies gaan ordelik geskied en sal ʼn gesinskarakter hê. Daar gaan nie politieke vlae of plakkate wees nie, maar ons wil rooi vertoon: rooi klere, rooi plakkate, rooi baniere en rooi vlae.

Daar gaan net een agenda op die dag van protes wees, naamlik ʼn teenmisdaadagenda. Die dag gaan aan die een kant ʼn karakter van protes teen misdaad hê, maar aan die ander kant wil ons ook ʼn beroep op mense doen om gemeenskapbeveiligingstrukture te vestig.
Het jy al jou reëlings getref om aan die protesaksie deel te neem? Kry al die inligting by www.misdaadprotes.co.za.

Indien jou stad/dorp nog nie reëlings getref het om ʼn memorandum te oorhandig nie, help ons om ʼn aksie in jou stad/dorp te reël. Registreer as ʼn koördineerder by www.misdaadprotes.co.za.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • E. Rootman

    Die naam (skakel) vir Springs is nie die regte persoon nie , het haar geskakel en sy weet van niks . Wie kan ons kontak om te hoor waar in Springs vind dit plaas.

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Kyk op die webwerf http://www.misdaadprotes.co.za is daar ‘n skakel:
    Lys van polisiestasies. Dit wys wie is verantwoordelik by watter dorp. Kyk daar en maak kontak. By Kathu is dit byvoorbeeld Gert van Wyk en sy selnommer is: 0845556661.
    Indien daar nog nie by ‘n polisiestasie ‘n koordineerder is nie beteken dit dat niemand nog sy hand opgesteek het om verantwoordelikheid te aanvaar nie. Aksies moet by meer as 1100 stasies gereel word so enige hulp word waardeer. Die is ‘n gemeenskapaksie vir die gemeenskap deur die gemeenskap.

  • Shirley

    Wie is die koordineerder vir Olifantshoek, Noord Kaap? Of vir Kathu, Noord Kaap? As daar nie is, die mynmense behoort tog aan julle, nader julle verteenwoordigers, ons het nog geen plakkate of niks hier gesien vd protesoptog. Veral nader die Kathu verteenwoordigers, hulle kan gerus oral plakkate begin opsit. Dit sal die fokus en aandag op die probleem plaas. Daar is te min advertering…




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube