Dstv oorweeg om pornografie uit te saai. Wel, kom ons oorval ons tv stasies, ons films en sommer ons radio stasies ook met pornografie. Kom ons vra vir 24 uur pornografie stasies en laat ons kinders toe om dit te kyk. Kom ons sien dit maar as kuns eerder as ‘n afskuwelike sonde. Kom ons doen dit en kyk dan wat gebeur met moraliteit en norme oor 10jaar.
Solidariteit is gekant teen hierdie banale poging om pornografie op Dstv te wys en Helpende Hand het ook ‘n hele veldtog teen Dstv van stapel gestuur. Hierdie lawwigheid is net vir die paar perverse eensame manne wat aand na aand in Kerkstraat rondwaal opsoek na die nuutste stukkie sonde op die mark. Ek is seker ‘n paar mense is in die geheim van hul eie gedagtes seker opgewonde oor die nuwe Dstv programme, want volgens Dstv is hulle oorval deur versoeke om die soet sonde van onreinheid op die skerm te plaas.
Hulle moet seker ‘n rede hê, daar moet seker voordele ook wees. Hier is al voordele waaraan ek kon dink:
1.) Pappas gaan meer tyd by die huis spandeer
2.) Dis goedkoper as prostitusie (afhangende van jou area)
3.) Skielik is SABC weer beter as Dstv
4.) Die seksgeweldadigers gaan van die strate af bly
Dstv se slagspreuk maak nou vir my sin- ”so much more”
Geen verwante artikels nie.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.