Kom kyk en luister van vandag om 12H00 af saam met duisende mense van dwarsoor die wêreld na die stories van gewone mense wat Zuma nie wou hoor nie. Luister na Solidariteitradio program.
Die Solidariteit Beweging het vandag ‘n mini-dokumentêr, op die videowebwerf YouTube vrygestel wat mense ‘n kykie gee in die sowat 40 432 briewe oor misdaad, wat die presidensie geweier het om te ontvang. ‘n Hoorbeeld met dieselfde titel is ook op www.solidariteitradio.co.za vrygestel. Die dokumentêre program gaan oor regte mense en regte emosies. Van die briewe wat nie deur die president ontvang wou word nie, word in die dokumentêre program voorgelees. Misdaadslagoffers vertel ook self van hulle hartseer en pyn. Die ankeraanbieder van die dokumentêr is sanger en akteur Steve Hofmeyr.
Luister na RSG onderhoud op Monitor vandag.
Kyk wat praat Freek Robinson op Kyk-Net oor plaasmoorde.
Lees vorige blog oor slagoffers.










Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.