Die uitdaging van verandering

Die jaarlikse AMT Agri Konferensie vind plaas. Die tema is die uitdaging van verandering. En het verandering nie plaasgevind nie. Die land se kommersiële boere het in die laaste 15 jaar afgeneem van 60 000 na 37 000.

Die eerste tema op die program was. Zimbabwe die pad vorentoe, maar die spreker, Morgan Tsvangirai moes die koeie gaan melk op Grace Mugabe se melkplaas. Besoek ook www.nestlebloodmilk.com oor die melkskandes in die land. Lees ook hier verder wat AfriForum beplan.

Die volgende spreker was Pieter Mulder. Hy is positietief oor die laaste 10 landboujare in Suid-Afrika. Volgens blink Pieter is daar negatiewe faktore soos die graanpryse wat met meer as 30% gedaal het, werksverliese in die bedryf en grondhervorming. Daar is egter ook postiewe faktore soos dat die ergste van die krediet krisis verby is, die hoë voedsel pryse nie die boere se skuld is nie, dat daar ‘n realisme met grondhervorming besig is om plaas te vind en dat die Zuma regering die belangrikheid van boere besef.

Stef Coetzee van die Afrikaanse Handels Instituut was volgende aan die woord. Hy het gepraat oor omdraai strategieë vir plaaslike owerhede as voertuig vir plaaslike ontwikkeling. Gepraat van ‘n krisis of gemors. Hier is een. En dit kort ‘n groot omdraai. Dit is ‘n uitdaging wat drie dekades kan neem. Dit is omtrent ‘n leeftyd.

Dorpe is bates. En daarom kan hul nie net gelos word om te vergaan nie. Steve Hofmeyer het ‘n liedjie met die woorde: “My country is a ghetto and I don’t now what to do”. Dit som omtrent die reaksies op wat plaasvind. Daar is ‘n ontrekking en vevreemding. Dan is daar die beindiging van die betaling van munisipale belasting en die oorneem van dienste soos in Sannieshof. Daar is ook stakings en opstande. Dit vind nou byna daagliks plaas in ‘n ander dorp in die land. Die laaste reaksie is die samewerking en venootskap model. Dit is hier waar die AHI sy gewig ingooi en Solidariteit ‘n bate register van kundiges beskikbaar wil stel.

Moji Mogari van Afgri het gepraat oor modelle vir Ontwikkelende Landbou. Uit sy gesprek het dit na vore gekom dat Afgri, kommersiele banke, die Landbank en die Ontwikkelingsbank (IDC) reeds groot geld met befondsing van die land se 500 000 opkommende boere verloor het. Hulle is verantwoordelik vir 5% van die land se landbouproduksie. Die ontwikkeling van befondsing modelle vir die boere sal ‘n ander roete moet volg as die van kommersiële boere. ‘n Klomp redes vir die mislukkings is gegee. Die redes is egter almal uniek aan boerdery soos droogtes, nie markte vir die produkte en tekort aan implimente.

Die ekonoom Mike Schussler het ‘n vooruitsig gegee vir 2010. In kort was sy boodskap dat die ekonomie oor die ergste van die krisis is.

Vir voorleggings van die konfrensie besoek www.agrimark.co.za

‘n Opmerking is gemaak dat slegs 100 bestaansboere dit reggekry het om suksesvolle kommersiele boere te word. Dit is ‘n groot prys vir ‘n land om te betaal vir sy voedsel sekuriteit.  Maar dit is seker die uitdaging van verandering.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube