My hart bloei vir elkeen van die misdaad slagoffers wat op hierdie mini-dokumentêr verskyn. Kyk na die dokumentêr op www.s-tube.co.za. Ek wens ons kon almal wat ons afgeneem het en wat vir ons en die president briewe geskryf het, in die dokumentêr plaas, maar ons kon dit nie langer maak nie.
Solidariteit het verlede week met ‘n veldtog teen misdaad begin. Ons het Suid-Afrikaners aangemoedig om www.geagtepresident.co.za te besoek en hulle brief te stuur, wat direk na die president se e-pos adres gestuur is.
Solidariteit het toe 23 000 misdaad briewe voor die parlement gaan aflewer (Intussen het ons al 43 000 briewe ontvang).
Daar is vooraf met Zuma gereël dat die briewe met die misdaad stories van Suid-Afrikaners, afgelewer gaan word en hulle was bewus van die aksie. Maar Solidariteit is van een punt na die volgende gestuur en het op die ou end die briewe wat die president nie wou aanvaar nie, net daar voor die parlement gelos. Die presidensie se reaksie was dat dit net ‘n publisiteitsfoefie is.
In reaksie hierop het Solidariteit besluit om die mense se stemme te laat hoor. Om die wêreld te wys hierdie is nie net ‘n publisiteitsfoefie nie, maar die briewe wat ons en die president gekry het, is die stories van regte mense wat daagliks in vrees lewe in ‘n land waar misdaad seëvier!
Gaan kyk die dokumentêr Die stories van Suid-Afrikaners wat die president nie wou hoor nie. En help ons om die boodskap te versprei!









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.