Die Kaap voel ver…

Eintlik moet ek sê: die Kaap voel vir my verder weg  as ooit vantevore! Hoekom? Omdat die persoon wat ek elke dag wil sien, nou daar is. Gelukkig is dit glad nie ‘n geval van: ver van jou goed, naby jou skade nie.

Ek kan net nie glo dat ‘n week so verby kan sloer nie!

Ek besef baie goed dat die Kaap nie aan die ander kant van die wêreld is nie – nie soos wat Antarktika was nie… maar dit bly steeds ‘n dagreis (of ‘n vliegrit) ver!

‘n Langafstand-verhouding is ook nie nuut vir ons nie: ses maande was ‘n goeie leerskool. Telefoonoproepe en e-posse was voldoende. ‘n Naweek in ‘n maand was kosbaar. Die tye wat ons kon deel, genoeg.

Nou is dit anders.

Ons het gewoond geraak aan die nabyheid. Dit voel skoon vreemd om weer op die “ou weë” te wandel. ‘n Oproep kan nie ‘n stywe druk vervang nie.

Gelukkig is dit nou nie meer te lank nie.

Verwante artikels:

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Henry Barnes

    Hang af wat jy bedoel met “vêr van jou goed, naby jou skade” dat dit nie ‘n invloed het nie. Ek bly maar ‘n doem profeet en sal aanhoudende lang afstand verhouding met een persoon, tog wel later afwater. Solank jy net nie ‘n “goeie” vriend na jou belange laat omsien nie. Vir jou hoop ek jy is reg en dat dit vir jou kan werk, maar dink ek elk geval dat dit nie lekker kan wees nie en wens ek jou net die beste toe.

  • Chalize Moran

    Die Afrikaanse uitdrukking lui: “Uit die oog, uit die hart.” Hoe pessimisties! So kom ons glo maar hierdie keer eerder die Rooitaal: “Absence makes the heart grow fonder.”




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube