Die graadeens van 1998 se slaagsyfer

Click op die grafiek om dit te vergroot

Click op die grafiek om dit te vergroot

Hierdie week se rubriek skakel nie heeltemal direk by ekonomiese sake in nie, maar omdat dit ʼn stillerige week op ekonomiese kant was, en hierdie saak van soveel belang is, moet die volgende feite kortliks genoem word:

Daar is gerapporteer dat die matriekslaagsyfer van 2009 op 60,6% te staan gekom het. Dit is wel die geval indien die persentasie eenvoudig bereken word as die aantal matrieks wat geslaag het (sowat 350 000) uit die aantal wat die eksamens geskryf het (sowat 580 000). Hierdie syfers verberg egter ʼn groter probleem.

Die eintlike syfer wat onder die loep geneem moet word, is hoeveel leerlinge daar in 1998 in graad 1 was, die jaar toe 2009 se matrieks hul skoolloopbaan begin het. Hierdie syfer staan op byna 1,5 miljoen. Indien ʼn mens nou die slaagsyfer uitwerk, toon dit dat minder as ʼn kwart van die leerlinge wat in 1998 hul skoolopleiding begin het, vanjaar ʼn matrieksertifikaat ontvang het. Sowat 1,1 miljoen het dus iewers langs die pad uitgeval. Slegs 76,3% van die graad 1-klas van 1998 het dit tot in graad 6 in 2003 gemaak, en slegs 62,5% tot in graad 11.

Wat verder kommerwekkend is, is dat nie eens 9% van die oorspronklike graad 1-klas van 1998 in 2009 wiskunde geslaag het nie, en dat nie eens 8% vrystelling gekry het vir studie aan ʼn universiteit nie.

Hierdie syfers dui maar net weereens aan dat die grootste rede vir Suid-Afrika se probleme op ekonomiese vlak (wat werkloosheid insluit) die swak onderwysstelsel is. Bemagtiging van die bevolking kan nie plaasvind indien meer as ʼn driekwart van dié wat die skoolstelsel binnegaan, nie suksesvol aan die ander kant uitkom nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Cor

    Hoe ver het ons nie weggedwaal sedert 1994 nie! Hoe op dees aarde dink minder as 4 miljoen wittes dat hulle ‘n duit verskil kan maak aan meer as 50 miljoen se geletterdheid en vlak van onderwys. Ek staan verbaas hoeveel wittes gesteld is oor die vlak van onderwys en hoeveel steeds met verwagting die toekoms wil ingaan dat hulle iets omtrent die probleem kan doen.

    Totdat swartes nie op massaskaal hul eie mense begin ophef nie, sal dit NOOIT gebeur nie. Hoe gouer wittes, veral Afrikaners, besef dat die oplossing slegs lê in eksterne selfbeskikking, hoe gouer sal hulle gefokus raak op die westerse potensiaal (inklusief IK) onder hul eie mense.

    Vanaand verneem ek weer van ‘n onbekende mede-Afrikaner hoedat sy seun ‘n top brein-chirurg in Nederland is. Afrikaners se wortels lê in die westerse beskawing met hul wetenskaplike en tegnologiese voorsprong van ligjare bo die Afrika-mens. Hoe gouer ons daardie wortels weer water en kunsmis gee binne ‘n eie grondgebied, hoe gouer kan ons weer vir die wêreld wys wie en wat Afrikaners werklik is.

  • Riaan V

    Paul/Reint ek het amper te laat besef die aanvanklike artikel bespreek 2009 se syfers, die nuwe plasing het my gegooi. Tog ek is bly oor Paul se positiwiteit mbt SAOU dit bly geldig, soos hul met die 2010 “krisis” bewys het, dis vir my hartseer dat onderwysers ook al vakbonde nodig het, maar met ons huidige regering weet ek dis onontbeerlik.

    Interessant is dat SAOU baas Joop Breedt en sy vrou Bettie ‘n groot rol gespeel het om my deur matriek wiskunde te kry in die mid 70′s(glo my nie ‘n geringe prestasie van hul kant af nie), sy met soebat en mooipraat, en hy met ‘n (hout)bordpasser, dankie tog dat onnies dit toe mag gebruik het, anders was ek nou nog op skool.

    As een v hulle hierdie DALK lees groetnis.

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    JOHANNESBURG Feb 10 Sapa
    SAOU ANALYSIS OF MATRIC RESULTS

    An anaylsis conducted by the Suid Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) on the 2010 matric exam results found that many factors may have contributed to the improved 67.8 percent pass rate.
    One of them was that exam coaching was carried out, the SAOU said on Thursday.

    “The Department of Basic Education in particular launched a number of initiatives aimed at assisting candidates to prepare themselves for the examinations.

    “Feedback received from a number of sources suggests that the materials used in these initiatives in some cases resembled the examination question papers to such a degree that the interventions could actually be regarded as exam coaching,” it said.

    Another reason may have been that principals held back risky learners.

    “Some reports suggest that the holding back of risky candidates by principals (referred to as “gaming the system”) might have contributed towards the higher pass rate.

    “However, a comparison of the figures on the 2009 and 2010 groups shows that there are no substantial differences which confirm this reasoning.

    If “gaming” did indeed play a role in 2010, there is no proof that it had a stronger impact than in 2009 and could therefore have contributed to the higher pass rate.”

    The analysis found that the pass rate was “sobering” and that the “reality check was a bit of a shock”, said spokesman Chris Klopper.

    More needed to be done to improve the results of part-time candidates, he said
    There was a drop in the number of “candidates who enrolled” to the “number who wrote” in 2010 compared to the previous year.
    “This means that the suggestion that candidates might have been moved from full-time to part-time status could be applied to 2009 as well or even more so.

    “The fact that the number of part-time candidates rose from 39,255 in 2009 to 82,835 in 2010 could also be ascribed to the number of part-time candidates growing from year to year,” he said.

    The first National Senior Certificate examination was written in 2008 with 1116 part-time candidates. In 2009 there were 39,255 (those who started the courses on a part-time basis together with those who failed in 2008) and in 2010 there were 82,835 (those who started on a part-time basis together with those who failed in 2008 and 2009).

    “However, it must be borne in mind, and based on the information supplied by the Department of Basic Education, that if the average pass rate of the part time students (20 to 22 percent) is considered, it does bring the total pass rate (the sum of full-time plus part-time) down considerably,” he said.
    In the study, the union questioned several reasons for the increased pass rate including concerns relating to the standard of the question papers and the calculation of total pass rate.
    The union said it shared the views of commentators who suggested that the seven percent increase in the pass rate was unrealistically high, and that it did not necessarily reflect an improvement in the quality of teaching.

  • Jo Scheffer

    Ek het vir ‘n tyd in Engeland skool gehou. Met groot verwagting teruggekom om ‘n verskil te maak. Wat ‘n teleurstelling! Hoe kan die Regering verwag Gr 12 uitslae moet verbeter as die kinders in ‘n taal moet leer wat hulle nie eers onder die knie het nie? Daar is maniere om Engels suksesvol aan te leer, maar dit pas nie by die kurrikulum aan nie. As ek gr 5-7 EBW merk, sien ek die leemtes en ek wens elke keer ek kon iets doen om die gebrekkige taal te verbeter. Tot dan… probeer ek maar my beste sonder hoop op wonderwerke en ek verstom my aan die Departement van Onderwys se voortdurende eise wat nie sin maak nie. Dit sluit in GDO 450 vir elke leerling wat sukkel in ‘n vak. Dis tydmors want ‘n kind wat ‘n taal probleem het gaan sukkel in al die leer vakke!




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube