Die graadeens van 1998 se slaagsyfer

Click op die grafiek om dit te vergroot

Click op die grafiek om dit te vergroot

Hierdie week se rubriek skakel nie heeltemal direk by ekonomiese sake in nie, maar omdat dit ʼn stillerige week op ekonomiese kant was, en hierdie saak van soveel belang is, moet die volgende feite kortliks genoem word:

Daar is gerapporteer dat die matriekslaagsyfer van 2009 op 60,6% te staan gekom het. Dit is wel die geval indien die persentasie eenvoudig bereken word as die aantal matrieks wat geslaag het (sowat 350 000) uit die aantal wat die eksamens geskryf het (sowat 580 000). Hierdie syfers verberg egter ʼn groter probleem.

Die eintlike syfer wat onder die loep geneem moet word, is hoeveel leerlinge daar in 1998 in graad 1 was, die jaar toe 2009 se matrieks hul skoolloopbaan begin het. Hierdie syfer staan op byna 1,5 miljoen. Indien ʼn mens nou die slaagsyfer uitwerk, toon dit dat minder as ʼn kwart van die leerlinge wat in 1998 hul skoolopleiding begin het, vanjaar ʼn matrieksertifikaat ontvang het. Sowat 1,1 miljoen het dus iewers langs die pad uitgeval. Slegs 76,3% van die graad 1-klas van 1998 het dit tot in graad 6 in 2003 gemaak, en slegs 62,5% tot in graad 11.

Wat verder kommerwekkend is, is dat nie eens 9% van die oorspronklike graad 1-klas van 1998 in 2009 wiskunde geslaag het nie, en dat nie eens 8% vrystelling gekry het vir studie aan ʼn universiteit nie.

Hierdie syfers dui maar net weereens aan dat die grootste rede vir Suid-Afrika se probleme op ekonomiese vlak (wat werkloosheid insluit) die swak onderwysstelsel is. Bemagtiging van die bevolking kan nie plaasvind indien meer as ʼn driekwart van dié wat die skoolstelsel binnegaan, nie suksesvol aan die ander kant uitkom nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • http://www.solidariteit.co.za Paul Joubert

    Dis maar ‘n half mankolieke worsmasjien wat driekwart van die vleismengsel wat aan die een kant ingaan, iewers in die proses laat uitval…

  • Anton

    Dit val sekuur in lyn met die bevindings van die ongewilde Bell Curve studie wat in die VSA gedoen is, waarin bevind was dat IK die grootste rede vir groot ekonomiese gapings is. Wat die studie aanbeveel, is dat programme ontwikkel moet word wat mense se IK sal verhoog om beter te presteer op skool en op ekonomiese/finansiele vlak. Sodoende kry ‘n groter groep kinders sinvol klaar met skool, en dan toegang tot die hoervlak professionele beroepe (slegs 1800 ingenieurs uit 4500+ nog in RSA!). Geen mate van BEE (en dergelike programme) sal dus die reg- en gelykstelling so gou teweegbring soos IK-ontwikkelingsprogramme op skool nie.
    Die skoolsisteem word tans as worsmasjien aangewend, en nie as ‘n sisteem waar werklike begrip en denkvaardighede bevorder word nie.

  • http://www.solidariteit.co.za Paul Joubert

    Ek was nie bewus van sy bydrae nie – ek sal beslis daarna gaan luister! Die SAOU weet darem gelukkig baie goed wat hulle doen!

  • http://www.solidariteit.co.za Reint Dykema

    Jou rubriek sluit presies aan by Chris Klopper van die SAOU se bydrae vandag op Vakbondnuus van die week.

  • Maria

    Baie dankie vir die goeie perspektief op die werkloosheid- en onderwysprobleem van SA




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube