Die gebed wat niemand wil hoor nie

Here,

  • Ons het ons buurman se besittings begeer en dit ambisie genoem
  • Ons het die armes misbruik en dit dobbel genoem
  • Ons het luiheid beloon en dit welsyn genoem
  • Ons het ongebore babas doodgemaak en dit “vrye keuse” genoem
  • Ons het nie ons kinders gedissiplineer nie en dit “beter selfbeeld” genoem
  • Ons het mag misbruik en dit politiek genoem
  • Ons het die land besoedel met pornografie en dit vryheid van uitdrukking genoem  
  • Ons het die waardes van ons voorvaders opgegee en dit “gemoedkomend” genoem

Vergewe ons, Amen.

Hierdie is ‘n aangepaste gebed van Joe Wright wat gevra was om die Kansas Senaat te open met gebed. Las gerus jou stertjie by oor iets wat die mens nou bestempel as aanneemlik terwyl dit nie die geval is nie. Mense wil altyd die grondwet met alle mag beskerm terwyl die grondwet dikwels deursyfer is met goddeloosheid en algehele aanvaarbare normes wat nie die Christendom uitbou nie.

Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.

  • Charl Oberholzer

    Die punt wat gemaak word is dat ons voorvaders beslis meer behoudende waardestelsels gehad as die meerderheid Afrikaners van vandag. Dat hulle sekere verkeerde oortuigings gehad het is waar, maar dat hulle ook min toegewings op kern Christelike waardes gemaak het, is ook waar.

  • Paul

    Ek sou slegs die laaste punt tot ‘n mate bevraagteken. Slegs omdat waardes die waardes van voorvaders was, beteken nie dit was goeie waardes nie.
    Sommige van die waardes/oortuigings van my voorvaders in die Kaapkolonie honderde jare gelede was gewees dat dit ‘n goeie ding is om ander mense te laat slawearbeid doen. Net omdat dit een van hul waardes was, beteken nie ek moet dit nou steeds navolg nie. Wanneer dit by waardes kom, moet dit nie behou word ongeag van die negatiewe gevolge daarvan nie. (Natuurlik geld dit andersom ook.) Die punt is, mens moet oordeelkundig en nadenkend wees oor so ‘n saak.

  • Moira

    Sjoe, dit laat mens dink.




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube