Elkeen ken hartseer. Elkeen ken die weergalm van huil, ‘n kind wat uit keelvolheid skree of die lang entjie pad wat mens moet stap oppad kerk toe vir ‘n familielid se begrafnis. Herinneringe trap spore in mens se lewe, die geskiedenis laat mens altyd glimlag en mens waardeer nie die nou totdat jy daarna kan terugdink nie. Elkeen het ‘n hartseer ballade, elkeen kan ‘n outobiografie saamstel wat sy hartseer ten toon stel. ‘n Uitstalling van die hartskuddende herinneringe wat jou lewe vorm gegee het, dalk ‘n skewe vorm, maar steeds ‘n vorm.
En soos ons met mekaar staaltjies deel van ons stories en waar ons vandaan kom en hoekom ons kleipot so skeef aanmekaar geweef is, word die hartseer dieper en die stemme van bemoediging raak stiller. Solidariteit het onlangs ‘n 20 jarige-lid aan die dood afgestaan wat sy vrou en eenjarige dogtertjie agtergelaat het. Hy was ‘n trokdrywer en het gestop omdat die enjin nie reg geklink het nie, die bak voor oopgemaak en gekyk. Skielik het die bak toegeval op sy kop en hy is toe dood. Geen waarskuwing, geen ramshoring wat blaas nie en geen dramatiese einde nie. Elkeen se probleme is uniek ja, elkeen sit met sy eie donderwolk wat bo sy kop hang.
As jy ‘n storie het, vertel dit eenkeer, vertel dit deeglik, vertel dit klaar. Hoe meer jy dit wil vertel hoe meer afhanklik raak jy van die simpatie. Elke stem van ondersteuning gaan met tyd kwyn, en dan sit jy steeds met daardie hartseer. Geen verskonings vir jou toekoms, soek jou troos in God, liefde by familie en oplossings by jouself.









Lees hierdie beleid voordat jy deelneem aan die blog of enige kommentaar plaas.