Charlize Theron is g’n rolmodel!

Die voorblad van nuutste uitgawe van Sondag

Die voorblad van die nuutste uitgawe van Sondag

Wie van julle onthou nog die pro-aborsie propagandafliek, The Cider House Rules? Wel dit was een van Charlize Theron se eerste groot flieks in Hollywood. Sedertdien het sy ‘n ster geword en kan min mense haar vermoë as akteur bevraagteken. Wat egter ‘n feit is, is dat Charlize lankal nie meer ‘n Afrikaner of selfs ‘n Christen genoem kan word nie.

Charlize Theron is in Hollywood bekend vir haar groot ondersteuning vir vroue se sogenaamde reg tot aborsies (lees die moord op ongebore babas). Die afgelope 9 jaar woon sy al saam met ‘n man net omdat sy ongelukkig is dat die Bybelse instelling van die huwelik nie ook vir homoseksueles in Kalifornië oopgestel word nie. (Die meerderheid van die inwoners van Kalifornië het in ‘n verkiesing teen die wettiging van gay-huwelike gestem – uiters demokraties!) Voor hierdie man het onse Charlize natuurlik saam met ‘n horde ander mans gebly – vreeslik onchristelik as jy my vra.

As dit by Afrikanerskap kom weet ek nie hoe enige mens nog vir Charlize as ‘n Afrikaner kan beskou nie. Sy was nie eers bereid om by die Academy Awards een woordjie in Afrikaans te rep nie. Wat het sy sedert sy bekend geword het gedoen om Afrikaans en Afrikanerskap te bevorder? Absoluut niks.

Mense moet mooi dink voordat hulle hierdie verlinkse ekstremis as ‘n rolmodel vir hul kinders beskou.

41 Reaksies op “Charlize Theron is g’n rolmodel!”


  1. 1 alleman.wordpress.com

    Jaco

    Die tyd is verby dat daar een soort politiek op almal afgedwing kan word. Soos baie ander Afrikaners het Charlize die volste reg om linkse politiek voor te staan sonder om dreigemente oor haar Afrikanerskap te moet aanhoor.
    Die hele idee van ‘n vakbond het ontstaan uit linkse politiek, so die idee dat links = boos is totaal belaglik, veral komende van iemand wat by ‘n vakbond betrokke is.
    Natuurlik kan jy haar politiek kritiseer, maar om haar identiteit so aan te val is onaanvaarbaar.

    En ek hoop ook rerig jou soort klipgooi veroordelende houding teenoor mense se persoonlike lewens is nie algemeen by Solidariteit nie.

  2. 2 Jaco Kleynhans

    Beste Alleman

    Ek dink nie dit is klipgooi om ‘n bekende persoon wat sy/haar standpunt aan ander opdring daaroor aan te val nie. Ek het geen probleem met Charlize se persoonlike lewe indien dit net haar persoonlike lewe bly nie. Waarmee ek egter wel ‘n probleem het is dat sy dit aan mense opdring omdat sy dink haar standpunt meerderwaardig is, soos met die Kalifornië referendum.

    Ek stem dus heeltemal met jou saam dat die tyd verby is dat een soort politiek aan almal afgedwing kan word – dankie tog daarvoor! Ek het haar ook glad nie oor haar Afrikanerskap ‘gedreig’ nie, maar net haar verbintenis daartoe bevraagteken – iets wat mens sekerlik ook oor ‘n bekende persoon mag doen.

    Ek het nie ‘n probleem met mense wat links is nie – selfs partye van my eie standpunte kan as links bestempel word. Wanneer jy egter die ekstreme aanhang soos die abortering van ‘n ongebore baba in die laaste trimester sou ek dink dat iemand wat nie daarmee saamstem nie die volste reg het om dit teen te staan.

    As ‘n Christen en ‘n Afrikaner sien ek haar dus nie as ‘n rolmodel nie, maar natuurlik kan mense wat soos sy dink haar wel as ‘n rolmodel sien. Jaco

  3. 3 alleman.wordpress.com

    Jaco

    Daar is ‘n yslike gaping in die logika van die eerste paragraaf van jou antwoord. As dit reg is dat die meerderheid demokraties besluit oor gay huwelike, dan sal dit volgens jou logika ook seker reg wees as die meerderheid hier in SA demokraties besluit oor of ons Afrikaanse skole en universiteite mag hê.
    Maar ek reken (en ek hoop jy sal met my saamstem) dis verkeerd as die meerderheid stem oor ‘n saak wat hulle nie raak nie. Daarom moet heteroseksuele mense nie gedurig wil inmeng met wat gays doen nie, en die meerderheid hier in SA moenie gedurig inmeng met ons regte of wat ons doen nie.
    Daar is sekere basiese regte wat nie aan demokrasie onderworpe mag wees nie.

    Daarom het die Kalifornië referendum ‘n onreg teenoor gay mense veroorsaak, en ek bewonder vir Charlize dat sy daaroor standpunt inneem.

    Ook: Net diktators kan hulle standpunte aan ander opdring – die res van ons, soos ek, jy en Charlize neem bloot stanpunte in, al word ons aktiviste vir daardie standpunt. Jy is dus ook verkeerd om haar standpunt “opdring” te noem.

    En ek wil nie hare kloof nie, maar daar is ‘n sekere soort Christenskap wat anti-gay, anti-armes, anti-saamwoon, en anti-swart is, en ‘n ‘n soort van pakket van wit meerderwaardige konserwatisme vorm wat baie vinnig herkenbaar is.
    Ek wil jou nou nie van al hierdie dinge beskuldig nie, maar wil net sê dat dit baie sleg is wanneer hierdie dinge met Afrikanerskap geassosieer word, want dit sit baie mense wat Afrikaners goedgesind wil wees ongelooflik af, en maak vir ons net vyande.

  4. 4 George Maru

    Jaco,

    Terwyl jy nou so ten gunste van demokrasie is, wonder ook of jy ten gunste daarvan sal wees as daar in Suid-Afrika ‘n referendum gehou word om te beslis oor die onteiening van plase (watter plase, maksimum pryse ens.) sodat die herverdeling van grond vinniger kan geskied.

    Laat die meerderheid besluit. Dit klink my jy is ten gunste daarvan?

  5. 5 Jaco Kleynhans

    Alleman,

    Ek dink ons moet die Amerikaanse konteks en die Afrika-konteks skei. In Amerika werk ‘majority rule’ en daarom is daar ‘n gesonde tweepartystelsel waar as die meerderheid van landsburgers ontevrede is met ‘n party (lees Bush in 2008) kan kies hul eenvoudig die ander party. Ek verskil van jou as jy se dat gay mense ‘n onreg aangedoen is deur die referendum in 08 wat hulle verbied het om te trou. Gay mense het steeds die reg om saam te woon ‘n lewe vir hulself te maak – alles in hul eie privaatheid. Persoonlik is ek ook ‘n voorstaander van ‘civil unions’ wat verseker dat sulke gay paartjies al dieselfde regte (medies, pensioen, ens) as heteroseksuele paartjies het. Soos ek gese het: Ek gee regtig nie om wat mense se persoonlike leefstyl is nie!

    Toevallig (ek weet nie of jy weet nie) het ‘n meerderheid van swart kiesers in Kalifornië ten gunste van die verbod op gay-huwelike gestem terwyl ‘n meerderheid van wittes vir gay-huwelike gestem het so ek is in hierdie geval aan die kant van ‘n meerderheid van swart kiesers in Kalifornië. My soort van Christenskap en selfs ideologiese denke is ver verwyderd van anti-swart soos wat jy wonder. Van my gunsteling skrywers in swart Amerikaanse konserwatiewes soos Ken Blackwell, Walter Williams, Thomas Sowell en Star Parker.

    Terug by my eerste sin: In Afrika het ons nog nooit werklik suksesvolle tweepartystelsels en dus ‘majority rule’ gesien nie. Ek is dus persoonlik sterk daarteen gekant dat die Weste sy idee van ‘n demokrasie op Afrika probeer opdwing. Ek dink Afrika moet sy eie suksesresep ontwikkel wat verseker die inagneming van minderheidsregte (Rwanda begin hier vordering te maak) moet insluit.

    Dit antwoord ook George se opmerking oor ‘n referendum in Suid-Afrika. Ek ondersteun in die Afrika-konteks, waar meeste lande eintlik uit ‘n groot aantal minderhede en in sommige gevalle ‘n meederheid omring deur minderhede bestaan, ‘n alternatiewe stelsel van verskanste regte.

  6. 6 Daniël

    Dankie vir jou artikel Jaco. Dis belangrik dat Christene hul oogklappe afhaal, die goed en die sleg in ons samelewing en “rolmodelle” se lewens begin raaksien, en Bybelse waardes begin uitleef.

  7. 7 Candice

    Hi Jaco,

    Jou opinie is beslis jou opinie, maar ek was net van kleins af geleer dat mens nie mag oordeel nie.

  8. 8 Ansie

    Ek kan nie onthou dat Charlize haarself ooit as `n “rolmodel” aangestel het nie. Sy is `n gewone mens wat die reg het om haar lewe te lei soos sy wil.

    Sy het nooit die indruk geskep dat sy aspirasies het om die volgende Moeder Theresa te word of `n Kerkmens (soos Joost)nie.
    Sy is betrokke by welsynswerk en is die afgelope nege jaar getrou aan een man (hoe skandalig!)

    Hoe kan ons verwag dat sy trots Suid Afrikaans moet wees indien sy blootgestel word aan sulke negatiewe kritiek van “haar eie mense”?

  9. 9 Daniël

    Daar word soms beweer dat “God nie ‘n God van oordeel is nie, maar ‘n God van genade”. Is dit waar sonder ‘n baie duidelike verklaring van wat presies bedoel word? Die Apostoliese Geloofsbelydenis spel duidelik uit dat Jesus Christus sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Die Bybel is vol van God wat geoordeel het, en sal oordeel — Ou en Nuwe Testament, byvoorbeeld:
    (Rig. 2:13) Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astartes dien,
    (Rig. 2:14) het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.
    (Rig. 2:15) Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
    (Rig. 2:16) verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.
    (Rig. 13:1) En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.
    (2Kor. 5:9) Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.
    (2Kor. 5:10) Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
    (Opb. 20:10) En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
    (Opb. 20:11) En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
    (Opb. 20:12) En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
    (Opb. 20:13) En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
    (Opb. 20:14) En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
    (Opb. 20:15) En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

    God is dus ‘n God van genade EN ‘n God van oordeel. Wie genade ontvang hang af van wat die sondaar met Christus se offergawe maak. Almal gaan nie uiteindelik genade ontvang nie. Die Bybel beskryf ‘n hel wat ongelukkig nie net vir Satan en sy demone bedoel is nie. Die verlossingsboodskap se wese gaan daaroor dat mense moet besef dat hulle sondig is voor God en daarom onder sy oordeel val, en daarom in Jesus moet glo en sy offergawe vir hulself moet aanvaar om sy oordeel te ontkom.

    Maar mag mense oordeel en wat word bedoel met oordeel in dié geval? Die bekendste verse hieroor, staan in Mat. 7:
    (Mat. 7:1) Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
    (Mat. 7:2) Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
    (Mat. 7:3) En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
    (Mat. 7:4) Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
    (Mat. 7:5) Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

    Mat. 7:1 lyk na ‘n klinkklare antwoord, maar vers 5 gee ‘n ander perspektief op die saak — ons moet ons medegelowiges help, maar ons moet baie seker van ons eie lewens maak voor ons dit probeer doen.

    Staan daar dalk êrens in die Bybel dat ons moet oordeel? Vir seker — kyk na 1 Kor. 5:
    (1Kor. 5:1) ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
    (1Kor. 5:2) En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.
    (1Kor. 5:3) Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,
    (1Kor. 5:4) in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus–
    (1Kor. 5:5) om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
    (1Kor. 5:6) Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
    (1Kor. 5:7) Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees–soos julle inderdaad ongesuurd is–want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.
    (1Kor. 5:8) Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
    (1Kor. 5:9) Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie–
    (1Kor. 5:10) dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan–
    (1Kor. 5:11) maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
    (1Kor. 5:12) Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
    (1Kor. 5:13) Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

    Uiteraard gaan dit nie hier oor ‘n heksejag nie. Jesus het saam met tollenaars en sondaars geëet, maar die belangrike is dat Hy na hulle uitgereik het om hulle te verlos van hul sondes. Dis immers hoe die evangelie uitgedra word. Jesus het juis gekom ter wille van die sondaars. Bogenoemde verwydering van die slegte mens uit die gemeente gaan oor mense wat reeds deel is van die gemeente, en moet dus saamgelees word met die hele kwessie van tugtiging soos vervat in die volgende.
    (Heb. 12:4) Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
    (Heb. 12:5) En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
    (Heb. 12:6) want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
    (Heb. 12:7) As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
    (Heb. 12:8) Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
    (Ef. 6:4) En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
    (Mat. 18:15) En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;
    (Mat. 18:16) maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.
    (Mat. 18:17) En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.

    Hierdie Bybelgedeeltes gaan oor gemeentelede wat bly volhard in spesifieke sondes sonder om erns met die Here te maak om daarvan afstand te doen. Dit is ‘n ernstige waarskuwing aan almal van ons — nie net aan die mense wat openlike sondes doen nie. In die eerste plek moet elkeen van ons dus na ons eie lewens kyk en ons bes doen om al die skeidingsmure tussen ons en God af te breek.

    Die “veilige” opsie sou gewees het om maar bloot net te sê “ons mag nie oordeel nie”, maar God verwag meer van ons. Hy verwag dat ons sondaars buite die gemeente na Hom en dus weg van hul sondes sal lei, en dat ons eie lewens sodanig sal wees dat ons oor mense binne die gemeente kan oordeel, eerstens om hulle terug na God te lei, en laastens om hulle selfs van die gemeente af te sny as dit moet.

  10. 10 Louis

    Jaco,
    eintlik spoel ek nie graag my mond oor sake uit waar alle partye sommer net hul sien sienings plaas en almal skryf wat in hul hedagtes opkom nie, MAAR: jy’s reg, ek beskou ook nie meer Charlize as ‘n persoon wat die waardes van God vooropstel nie, inteendeel, bitter min van die bekendes stel die Goddelike waardes voorop. Hul maak hul eerder aan die wereld waarin ons leef, gewend.

    Wat ek wel glo, is dat elkeen wat geoordeel moet word, moet rekenskap gee van hul werke en dit sal nie gemeet word aan die substantiewe beskouing van die oortreder nie, maar wel volgens die wil en verordeninge van God. Dit impliseer dat almal nie kan reg wees oor ‘n saak en elkeen maar die salgheid op sy eie sal bewerkstellig nie- daar is ‘n spesifieke meetsnoer wat sal bepaal hoe elkeen geoordeel sal word.

    Vandag se siening in die wereld is een van : ” I’m OK, you’re OK, give me space” maar is dit werklik so? Waar ‘n persoon in flieks speel waar demone ‘n groot rol speel, lesbiese en verhoudings oor die rassegrens heen geen probleem is nie, asook Hancock waar sy ‘n godin is, is dit werklik beskermenswaardig. Aan Daniel, baie dankie vir jou Skrif-aanhalings, maar aan die wat slegs wil he dat sy begaan, ontho wat Pinehas en Elia in die Bybel gedoen het- hul opgetree en onthou dat God wil he dat ons sondaars ook ter wille van die ander wat nie sterk in die geloof is nie, uit die volk moet verwyder.

    Dus, gemeenskappe wat eenders glo, voel, lyk en optree en wat ‘n gemeenskaplike geskiedenis deel, moet eerder saam wees sodat vreemde invloede bestry kan word.

    Maar, soos Candice hierbo se, dit is my opinie, ongelukkig Candice, is dit nie altyd waar dat almal se opinies reg is nie en word daar soms vereis dat ‘n regter die saak bereg en ons weet dat die regverdige Regter se koms sal geskied.

    Groete

  11. 11 Eva

    Aan al die mans wat aan die gesprek deelneem en die liewe skrywer van die storie: wat ‘n spul jaloerse mans. Rolmoldel of nie – ek’s seker Charlize Theron maak haar besluite gebaseer op persoonlike oortuigings en nie op reels wat deur Afrikaner omies deur die jare in haar keel afgedruk is nie. Dis die Christene wat hul oogklappies moet afhaal. Buitendien dink ek nie Charlize Theron dink meer aan haarself as ‘n “Afrikaner” nie. Menige jong blanke Afrikaanssprekende kry so ‘n grillerige gevoel as daar na die “Afrikaners” verwys word. Hoekom? Miskien omdat ons lankal nie meer almal uit ‘n gietvorm uitkom nie – alle jong Afrikaners is nie Christene wat loop en kerm oor die lot van die kerk en die koninkryk van die Chauvinis nie. Baie van ons is lesbiers, gays en het lewensmaats van ander rasse. Die sogenaamde Christen Afrikanerryk is lankal net ‘n dop waaruit vele jong Afrikaners probeer breek. Hel – hou op Bybelversies aanhaal en dink vir jouself. Mense in hierdie wereld wat my die bangste maak, is die mense wat dink dat hulle alles weet en hulself op voetstukkies sit waarvandaan hulle ander mense wat hulle nie eers kan begin verstaan nie, oordeel.

  12. 12 Daniël

    Lyk my hierdie Eva maak ook te min erns van die Here se woorde.

  13. 13 Rut

    Ek haal Eva aan vir Daniel: Mense in hierdie wereld wat my die bangste maak, is die mense wat dink dat hulle alles weet en hulself op voetstukkies sit waarvandaan hulle ander mense wat hulle nie eers kan begin verstaan nie, oordeel.

    Hoe kan jy dit se^ Daniel, weereens jy ken nie haar oortuigings nie. Wie van ons het nie sondes in ons lewens nie? Soos hoogmoed! Ek dink dis `n veel erge sonde as om homoseksueel te wees. Ek dink ook nie ons kan mense weg lei van sondes, geen mens kan. Dis ongelukkig `n keuse wat mens self moet uit oefen. En buitendien dink ek om homoseksueel te wees is nie `n keuse maar deel van jou samestelling. Hormone en DNA speel `n groot rol. Wat vir my die hartseerste is is dat mense nie liefde in hulle harte vir ander het. Wat Jaco eintlik gedoen het is net lekker skinder oor `n vrou wat hy nie ken. Jaco se berig was niks beter as iets in die SON koerant! Go EVA!!

  14. 14 Ivan

    Daniel: Watter van God se woorde mis Eva? Die deel waar hy ons verbied om klere van gemengde weefstof te dra? Die dele wat ons verbied om skulpvis te eet? Die dele wat slawerny goedpraat? Die dele wat vir pa’s veruidelik hoe om hul dogters as slawe te verkoop? Die dele wat bloedskande, kindermoord, verkragting en volksmoord goedpraat? Die dele wat vra dat die ander wang gedraai word? Die dele wat vra dat ons aan andere doen wat ons aan onsself gedoen wil hê?
    Word wakker: Die Bybel is oor duisende jare aanmekaar geflans deur ou omies om hulself mag en geld te gee, en is so deurmekaar en vol teenstrydighede dat mens enigiets daaruit kan aflei of kan goedpraat deur net die regte ou versie of twee (of 100 soos party obsessiewe mense) in isolasie aan te haal. Dis ‘n behoorlike ’swiss army knife’ vir vroue-haters, rassiste en homofobiese grotbewoners om hul persoonlike vooroordele te regverdig as die woord van ‘n joodse-tower-wolk-zombie.

  15. 15 Kobus Engelbrecht

    Ivan: ‘n Uitdaging vir jou. Lees die volgende twee boeke van voor tot agter en dit sal jou siening van God verander. Die eerste is natuurlik die Bybel wat homself nie weerspreek nie omdat dit die Woord van God is en God nie kan lieg nie. En die tweede boek is “Systematic Theology” van Wayne Grudem ISBN 978-0-85110-652-6

  16. 16 Daniël

    Rut, dis nie moeilik om te sien dat Eva met haar woorde “Hel – hou op Bybelversies aanhaal en dink vir jouself” baie dieselfde as Ivan dink nie. Ek oordeel wel dat haar en Ivan se sienings hopeloos verkeerd is, maar ek veroordeel hulle nie in die sin dat ek glo bekering, redding en geloof in Jesus Christus as enigste Verlosser is steeds vir hulle moontlik. God wil immers nie hê dat enige sondaar (myself ingesluit) verlore gaan nie.

  17. 17 Ivan

    Kobus: Dit is juis die lees van die Bybel wat my eerste bedenkinge begin gee het oor dit wat ouers en onderwysers en dominee as absolute waarheid aan my voorgehou het. Ek het dit al twee keer van voor tot agter gelees, en elke keer versterk my absolute oortuiging dat dit brons-tydperk bygelowe is wat oor eeue deur mense verander is vir sosio-politieke (en selfs persoonlike) doelstellings, waarvan sommige goed was (die hou van sosiale orde) en sommige boos (vroue-hatery, geldelike gewin, slawerny, aansporing tot oorlog en haat van ander nasies, ens). En hoe kan jy s^e dat daar geen weersprekings is nie, as die heel eerste hoofstuk al twee stories het: Eksodus 1 vertel hoe god mans en vrouens op een slag gemaak het, en dan vertel Eksodus twee weer hoe ‘n vrou uit die man gemaak is. Ek gaan nie verder hare kloof oor die semantiek van die Bybel nie, dit is so nutteloos om lewensraad uit te kry soos’n wiskunde-hanboek wat driehoeke sirkels noem nuttig is om meetkunde van te leer.
    En een laaste ding: Die ou rympie van die-bybel-is-waar-want-dit-is-god-se-woord-en-hy-praat-die-waarheid-want-hy-sê-so-in-die-bybel-en-die-bybel-is-waar-want…. is benede volwassenes wat slim genoeg is om rekenaars te gebruik. Dit wys net weereens vir my watse verstandelike verrotting geloof saam met dit bring. Dit veroorsaak ‘n reuse blinde kol vir rasionele denke, insig en ondersoek in die verstande van diegene wat te lank en te sterk daaraan blootgestel was.

  18. 18 Kobus Engelbrecht

    Ivan: Ek neem aan jy glo dat evolusie waar is. Het jy dit al ondersoek of maar net al die “slim” mense se woord gevat? As jy net die sel ondersoek en sien hoe kompleks ‘n sel is nog nie eens gepraat van die inligting wat in die DNA is nie dan het jy ‘n regte probleem. Wie anders as God kon iets so ongelooflik kompleks so maklik laat lyk?

  19. 19 Ivan

    Kobus: Natuurlik glo ek nie dat evolusie waar is nie, net soos wat ek nie glo dat die aarde rond is nie. Ek weet dit is waar, omdat dit afgelei kan word uit die oorvloed van bewyse wat daar is om te sien as mens die oogklappe van geloof verwyder.

    Glo sonder bewyse is nie die wetenskaplike manier nie, dit is die gelowige manier en dit is altyd so ironies as ‘n gelowige die wetenskap van blinde geloof beskuldig. Ironies en hartseer, omdat dit 100% die teenoorgestelde is wat waar is. Die duisende (dalk selfs honderde duisende) artikels en publikasies en bevindings wat weer en weer en weer die feit van evolusie bevestig as die hoeksteen van modernde biologie is nie die gevolg van wensdenkery nie. Dieselfde wetenskaplike metode wat alles van die rekenaarskerm waarop jy hierdie lees tot GPS, X-strale, MRI, die internet, vliegtuie, satelliete, iPods, karre, selfone, genetika en die hele moderne medisyne tot gevolg gehad het, bevestig daagliks die waarheid van evolusie op meer vlakke was wat die man op straat weet. En die ironie is dat dit so maklik, eenvoudig en duidelik sigbaar is. Ek het self vir baie jare getwyfel, maar ook oor baie jare die bewyse self gaan soek, altwee kante van die debat nagevors en uiteindelik besef dat daar amper nie eers ‘n debat is nie, behalwe in ‘n paar klein fundamentele geloofskring, waarvan die meeste in Amerika is, en sommige in plekke soos Suid Afrika.

    Voor jy begin antwoord met geisoleerde teenargumente, gaan maak eers seker dat hulle nie op hierdie lys is nie: http://www.talkorigins.org/indexcc/list.html

  20. 20 Kobus Engelbrecht

    Ivan: Daar is een ding wat jy gesê het wat baie mense laat moet dink “in ‘n paar klein fundamentele geloofskring”. Is dit nie wat Jesus self ook gesê het nie? “Want die poort is nou en die pad smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Matt 7:14)

  21. 21 Ivan

    Kobus: Jou antwoord is presies waarom daar nie ‘n debat is nie. Terwyl denkers en wetenskaplikes hul energie wend aan die soeke na kennis en waarheid oor die heelal vir die vooruitgang en voordeel van elke mens op die planeet, en daardie soeke kan regverdig met derduisende stukke konkrete bewyse en logiese afleidings wat elke dag wêreldwyd vanuit byna elke veld van die wetenskap bevestig word en lei tot funksionele tegnologie en medisyne, is die beste ‘teenargument’ waarmee gelowiges vorendag kan kom maar weereens die ou holrug-geryde kringstelling van ‘julle-is-verkeerd-en-ons-is-reg-want-die-bybel-sê-so-en-die-bybel-is-waar-want-dis-god-se-woord-want-hy-sê-so-in-die-bybel-en-daarom-is-die-bybel-waar-want…’

    Dis soos om met ‘n eetkamertafel to probeer redeneer, so die meeste ernstige wetenskaplikes probeer nie eers nie. Dit gaan ook nêrens gaan hier nie: Ons gaan mekaar nie oortuig van ander sienswyses nie, maar debat is altyd goed om mense tot nuwe en dieper insigte te laat kom. Dit is egter nie ‘n debat as die een party glo dat om hulle vingers in hulle ore te druk en ‘lalalalala’ te skree geldige debatvoering is nie. Ongelukkig is dit die standaard-reaksie van blinde geloof as dit gekonfronteer word met onbetwisbare teenbewyse en logika.

    Dit alles loop altyd uit op niks, en die heel laaste stuk gereedskap in die gelowige se arsenaal is “Geloof is ‘n persoonlike saak tussen gelowige en God op ‘n spirituele vlak wat nie afhanklik is van wêreldse bewyse of mensgemaakte logika nie”. Wat eintlik maar die heel ergte voorbeeld van intellektuele lafhartigheid is, want dit is gewoonlik juis die gelowiges (soos in hierdie geval) wat die wetenskap van evolusie in die gesprek opbring, of in die voorafgaande reaksies juis wetenskaplie logika en bewyse probeer voorhou het as redes om in god te glo, presies soos jy gedoen het met jou verwysing na die kompleksiteit van biologiese selle. Hierdie gesprekke is al almal gehad, en aan die einde dink elke kant dat hulle die debat as wenners verlaat, want as daar een ding was gelowiges mee goed is, is dit wensdenkery.

    Maar die einde is naby. In Europa waar ek tans is loop die kerke leeg. Ek was laasweek in ‘n seminaar oor wetgewing waar daar 19 ateiste en 1 gelowige was, en niemand het haar probeer ‘bekeer’ nie want sy was oop, eerlik en bowenal persoonlik in haar oortuigings. In die nuutste sensusse is meer as helfte van die bevolkings in die UK, Frankryk, Duitsland, Noorweë, Finland, Swede en Denemarke nou amptelik ateiste, en in teendeel met wat onderwysers, ouers en dominnees my as kind probeer vertel het, is hierdie plekke nie chaotiese oorlogsones met verkragters, moordenaars, prostitute, dwelms en dooie babas in die strate nie. Op gemiddeld is presies die teenoorgestelde waar van hierdie lande, terwyl tienerswangerskappe, aborsies, vigs, selfmoord, moord, verkragting en geweld steeds hoër is in lande waar ‘n 2000-jaar oue boek uit die bronstydperk nog voorgehou word as ‘n handleiding vir moraliteit.

  22. 22 Kobus Engelbrecht

    Ivan: Ek het nie teen argumente gegee nie omdat ek weet dit sal jou nie oortuig nie. Maar in 1 Pet 3:15 staan die volgende: “en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees”. Ek sal dus nou vir jou van die dinge in die wetenskap gee hoekom ek in God glo. Nie om jou te oortuig nie maar om rekenskap te gee van die hoop wat in my is.

    1. Evolusie gebruik die “Cosmological Principle” hipotesis as feit terwyl die bewyse soos “Red-shift Quantisisation” dit nie ondersteen nie.

    2. Claim CE421 van talkorigins probeer hulle Russell Humphreys se teorie afmaak maar in dieselfde stuk weet hulle nie of die heelal ‘n as het of nie. Hoe kan hulle dan met 100% sekerheid sê Russel is verkeerd as hulle self nie weet nie.

    3. Russel Humphreys het met sy model die magneet velde van van die planete voorspel voordat dit gemeet was. Die evolusie wetenskaplikes ook en Russel wat die Bybel as bron vir sy teorie gebruik het was baie meer reg as die ander wat amper heeltemal verkeerd was.

    4 Claim CB102.1 Richard Dawkins het nog steeds nie gesê hoe nuwe inligting ontstaan nie. Dat dit meer word deur bestaande inligting te kopieer het ons nie mee ‘n probleem nie maar om ‘n boek te skryf deur dieselfde hoofstuk oor en oor te gebruik skep nie nuwe inligting nie maar maak dit wel meer.

    5 Die een wat vir my absoluut bewys daar moet ‘n God wees. As evolusie waar is moes die eerste sel homself kon reproduseer. Sonder die vermoe sal hy bly doodgaan voordat dit enigsins “gekies” kon word. En ons met al ons verstand en slim planne kon nog nie so iets maak nie. Nou terwyl ons met breinkrag en al dit nie kan doen nie sê evolusie ‘n paar amino acids het dit vanself reg gekry.

    Daar is nog redes maar die is genoeg om te weet dat ek glo nie net blindelings nie. En daar is geen rede hoekom iemand wat in God glo nie wetenskap kan doen nie.

  23. 23 Ivan

    En hier begin die sirkus. Kobus, met alle respek, jy verstsan nie evolusie nie. Veral punt 4 wys ‘n fundamentele gaping wat so groot is dat ek amper nie weet hoe om dit aan te spreek nie. Die ander punte is almal al oor en oor beantwoord. In punt 5 spring jy onmiddellik na ‘n sel, maar die eerste dupliserende molekules was waarskynlik net kort stringe aminosure, die selwand en inhoud is juis die gevolg van ‘n paar miljoen jaar se evolusie. Punte 1-3 is buite konteks en bloot verkeerd toegepas.

    Ek verlaat julle met ‘n stukkie uit die Onion wat met elke pos van jou net meer en meer gepas word:

    KANSAS CITY, KS—As the debate over the teaching of evolution in public schools continues, a new controversy over the science curriculum arose Monday in this embattled Midwestern state. Scientists from the Evangelical Center For Faith-Based Reasoning are now asserting that the long-held “theory of gravity” is flawed, and they have responded to it with a new theory of Intelligent Falling. Evangelical Rev. Gabriel Burdett explains Intelligent Falling.

    “Things fall not because they are acted upon by some gravitational force, but because a higher intelligence, ‘God’ if you will, is pushing them down,” said Gabriel Burdett, who holds degrees in education, applied Scripture, and physics from Oral Roberts University.

    Burdett added: “Gravity—which is taught to our children as a law—is founded on great gaps in understanding. The laws predict the mutual force between all bodies of mass, but they cannot explain that force. Isaac Newton himself said, ‘I suspect that my theories may all depend upon a force for which philosophers have searched all of nature in vain.’ Of course, he is alluding to a higher power.”

    Founded in 1987, the ECFR is the world’s leading institution of evangelical physics, a branch of physics based on literal interpretation of the Bible.

    According to the ECFR paper published simultaneously this week in the International Journal Of Science and the adolescent magazine God’s Word For Teens!, there are many phenomena that cannot be explained by secular gravity alone, including such mysteries as how angels fly, how Jesus ascended into Heaven, and how Satan fell when cast out of Paradise.

    The ECFR, in conjunction with the Christian Coalition and other Christian conservative action groups, is calling for public-school curriculums to give equal time to the Intelligent Falling theory. They insist they are not asking that the theory of gravity be banned from schools, but only that students be offered both sides of the issue “so they can make an informed decision.”

    “We just want the best possible education for Kansas’ kids,” Burdett said.

    Proponents of Intelligent Falling assert that the different theories used by secular physicists to explain gravity are not internally consistent. Even critics of Intelligent Falling admit that Einstein’s ideas about gravity are mathematically irreconcilable with quantum mechanics. This fact, Intelligent Falling proponents say, proves that gravity is a theory in crisis.

    “Let’s take a look at the evidence,” said ECFR senior fellow Gregory Lunsden.”In Matthew 15:14, Jesus says, ‘And if the blind lead the blind, both shall fall into the ditch.’ He says nothing about some gravity making them fall—just that they will fall. Then, in Job 5:7, we read, ‘But mankind is born to trouble, as surely as sparks fly upwards.’ If gravity is pulling everything down, why do the sparks fly upwards with great surety? This clearly indicates that a conscious intelligence governs all falling.”

    Critics of Intelligent Falling point out that gravity is a provable law based on empirical observations of natural phenomena. Evangelical physicists, however, insist that there is no conflict between Newton’s mathematics and Holy Scripture.

    “Closed-minded gravitists cannot find a way to make Einstein’s general relativity match up with the subatomic quantum world,” said Dr. Ellen Carson, a leading Intelligent Falling expert known for her work with the Kansan Youth Ministry. “They’ve been trying to do it for the better part of a century now, and despite all their empirical observation and carefully compiled data, they still don’t know how.”

    “Traditional scientists admit that they cannot explain how gravitation is supposed to work,” Carson said. “What the gravity-agenda scientists need to realize is that ‘gravity waves’ and ‘gravitons’ are just secular words for ‘God can do whatever He wants.’”

    Some evangelical physicists propose that Intelligent Falling provides an elegant solution to the central problem of modern physics.

    “Anti-falling physicists have been theorizing for decades about the ‘electromagnetic force,’ the ‘weak nuclear force,’ the ’strong nuclear force,’ and so-called ‘force of gravity,’” Burdett said. “And they tilt their findings toward trying to unite them into one force. But readers of the Bible have already known for millennia what this one, unified force is: His name is Jesus.

  24. 24 Kobus Engelbrecht

    Kom ons vergeet van die strooi-pop en kom terug na die “begin” en gesels oor die molekules wat jy van praat. Daar is twee dinge wat dan uitstaan:

    1. Hoe word die inligting wat nodig is om homself te kopieer oorgedra sonder DNA?

    2. En hoekom is dit nog nie al in ‘n laboratorium gedemonsteer as dit so eenvoudig is nie?

  25. 25 Ivan

    Aah, back to basics. Ek het hierdie gesprek al soveel keer gehad, en soveel keer gesien, en soveel keer gelees. Hier is die standaard-vorm:

    Gelowige: Die bybel is die enigste en beste handleiding vir moraliteit. Charlize bly saam en speel in films oor aborsie. Dit is verkeerd en ons moet as Christene waak teen die verspreiding van sulke idees.

    Nie-gelowige: Die bybel is net so min geskik om moraliteit voor te skryf as ‘n meetkunde-handboek wat driehoeke sirkels noem, want dit is vol mensgemaakte teenstrydighede. Die wêreld het verander en dis gevaarlik (en dom) om in die 21ste eeu volgens bronstydperk patriargale voorskrifte te leef.

    (verligte)Gelowige: Goed, ek sal erken dat die Bybel deur mense verander is en dat ek self kies en keur watter dele sonde is of nie. Gay wees is sonde want dit laat my gril, maar die eet van skulpvis en seediere is nie sonde nie want prawns is so lekker, al verbied die bybel altwee. Maar, die kompleksiteit van die natuurlike wêreld dui op die teenwoordigheid van ‘n Ontwerper, en ons kan al die semiotiek, vertalingsfoute, politiek, dogma en menslike misbruik van die bybel ignoreer, want die kern van die saak is dat ons kan sien dat daar ‘n Ontwerper is. Elke geloof het maar sy eie naam en dogmatiek rondom die Ontwerper, en elkeen van ons glo hulle is reg. Ek is ‘n Christen, en ek glo dat die bybel rofweg die ware stand van sake oor die Ontwerper uitbeeld.

    Nie-gelowige: Dis alles goed en wel, maar die meganisme van evolusie verduidelik die kompleksiteit in die natuurlike wêreld, en verwyder daardeur die behoefte vir ‘n Ontwerper.

    Gelowige: Nee, dit doen nie.

    Nie-gelowige: Spandeer ure, dae en weke om ‘m fraksie van die beskikbare bewyse en logika voor te lê.

    Gelowige: Goed, ek stem saam dat genetiese meganismes en tyd sal veroorsaak dat plante en diere stadig verander en beter en beter aangepas raak tot hul omgewings, maar die proses het ‘n beginpunt nodig: die eerste repliserende molekule wat oordraagbare eienskappe het wat sommige kopieë meer of minder geskik sal maak vir die omgewing, sodat die swakker weergawes vergaan en die sterkeres die kans kry om hul eienskappe oor te dra. Evolusie moet ge’kickstart’ word, en al julle slim wetenskaplikes weet nie hoe nie en kon dit nog nie self regkry nie, dus is daar ‘n Ontwerper.

    Kobus: Dit bring ons tot op hierdie punt, en alhoewel my aannames oor jou persoonlike oortuigings uiteraard nie 100% korrek kan wees nie, is dit in my ervaring verteenwoordigend, en verander dit ook nie die relevansie van wat ek volgende gaan sê nie.

    Nie-gelowige: Nee, ons weet nie hoe die eerste ‘replicator’ gelyk het nie, of hoe dit tot stand gekom het nie. Ons kon dit ook nog nie in ‘n laboratorium herhaal nie, maar ons werk daaraan, en ons kom elke jaar nader en nader. Ons het honderde, dalk selfs duisende idees, maar ons werk nou maar eers vir omtrent 30 jaar intensief aan die probleem en soos met alles in die wetenskap, is dit ‘n langsame proses van idee-voorlegging, eksperimentering, eliminering van foutiewe idees en duisende doodloopstrate wat stadig maar seker konvergeer tot ‘n manier wat werk. Van dit wat ons in die agelope 5 dekades wys geword het, kan ons sien dat ons nog nie ‘n fraksie van die moontlikhede ondersoek het nie, en ons het verskeie opwindende leidrade wat daarop dui dat die ondersoek na obiogenese nog lank nie uitgeput is nie. Dis ‘n aktiewe veld van navorsing.

    En hier is die kruks van die argument: Die feit dat ons nie nou al die antwoorde het nie, beteken NIE noodwendig dat die antwoord ‘n tower-opperwese is nie. Veral gesien in die lig van die honderde duisende artikels en bewyse en bevindings wat in ander velde van die wetenskap nie ‘n opperwese kon vind nie, is ons redelik seker dat dit ook nie nodig gaan wees in die geval van abiogenese nie. Ons kan verkeerd wees, maar dit blyk uit die res van wat ons weet en verstaan om baie, baie, baie, baie, baie, baie onwaarskynlik te wees.

    Op hierdie punt word dit ‘n kwessie van persoonlike oortuiging, maar die nie-gelowiges voel dat hulle die gewig van die hele wetenskap agter hulle het. Elke stuk werkende tegnologie van die knope in jou hemp tot die petrol in jou kar is die resultaat van wetenskap wat nie ‘n god in enige vergelyking, proses of teorie insluit nie, en kyk net hoe suksesvol is dit. In duisende jare van kyk en in ‘n paar dekades van werklik intensief kyk met die mees gesofistikeerde apparaat op die planeet, het ons nog nooit iets gesien wat dui op ‘n god nie. Daar is die mees inspirerende skoonheid en kompleksiteit, maar oral waar ons dieper kyk, vind ons natuurlike oorsake vir dit. Die reenboog is blote optika, die sterre is groot kernreaksies in die ruimte. Dis indrukwekkend, maar dis nie bonatuurlik nie.

  26. 26 Kobus Engelbrecht

    As ons nou wel eendag met miljoene rande se navorsing en studies wel ‘n repliserende molekule kan maak, gaan ons dan sê evolusie het hom gemaak of ‘n baie duur en intelligente navorsingspan?

    Om so ‘n molekule te maak gaan jy DNA moet naboots en sodra jy dit doen gaan jy net bewys evolusie kon nie gebeur nie want daai inligting moet geprogrameer word, iemand moet dit verskaf.

  27. 27 Ivan

    Oor en oor en oor en oor al beantwoord en tot rus gelê. Vir ‘n kort voorbeeld, sien: http://scienceblogs.com/pharyngula/2009/01/chemical_replicators.php

  28. 28 Kobus Engelbrecht

    Ek het gaan kyk na dit en sien nie hoe dit evolusie bewys nie maar wel ontwerp bewys. Hulle moes aan die enzymes tweak voordat dit maar net ‘n eenvoudige bou-blokkie kon vorm wat ‘n sel nodig het.

    Die Bacterial Flagellum is ‘n deel van sekere selle en ongelooflik om te sien. Wanneer ek daarna kyk kan ek nie anders as om te weet dit kon nie maar net vanself gebeur het nie. http://www.youtube.com/watch?v=Ey7Emmddf7Y

  29. 29 Ivan

    Ja, gaan “kyk”, maar blykbaar kan jy nie lees nie. Die hele artikel handel oor hoe die metodologie van hierdie soort navorsing nie abiogenese herhaal nie, maar stap vir stap nader kom aan ‘n sogenaamde ‘proof of concept’. Die laaste paragraaf behoort jou ‘n effense blik te gee op die diepte van die wetenskap wat jan alleman nie eens aan dink as hy sulke eksperimente as nutteloos afmaak of arrogant vra “nou hoekom gebeur dit dan nie weer nie”:

    “People often wonder why these kinds of prebiotic reactions aren’t going on all the time in the world around us, and the authors agree that this is not something that can occur naturally right now. Why? The answer is simple: the world around us is swarming with the ravenous, finely-honed products of billions of years of evolution, creatures like bacteria, that would readily swoop down on any accumulation of nucleotides and consume them before these kinds of reactions could even start. Nowadays, it takes a sterile lab and many precautions to put these chemicals into the kind of coddled environment where they can evolve.”

    En die bakteriele flagellum-argument is net flogging a dead horse. In plaas van om ‘n youtube-video te kyk en hande in die luge te gooi en te verklaar dat ‘net omdat ek dit nie verstaan nie is daar noodwendig ‘n tower-ontwerper’, lees iets soos hierdie (en ek bedoel ELKE woord, en volge ELKE verwysing, en lee die bron-materiaal sorgvuldig) http://www.talkdesign.org/faqs/flagellum.html
    Dit sal jou dalk ‘n effense insig gee in die hoeveelheid werk en denke wat mense insit voordat hulle stellings maak in die wetenskap.

  30. 30 Kobus Engelbrecht

    Wanneer ek ‘n motor buite sien ry dan weet ek dit is iets wat deur iemand ontwerp en gemaak is omdat dit kompleks en duidelik sigbaar is. En as ek iets meer kompleks as as ‘n motor langs die motor sien, wat moet ek dan sê van die voorwerp langs die motor?

    Natuurlik sal die voorwerp langs die motor ook ‘n ontwerper nodig gehad het.

    En net in ‘n enkele sel is daar die kompleksiteit wat die kompleksiteit van enige iets wat mens al ooit ontwerp het heeltemal oorskadu.

    En ek doen dan soos jy sê, gooi my hande in die lug en verklaar dis net God wat dit kan doen.

  31. 31 Ivan

    So, jy kan nie glo dat ‘n komplekse sel deur natuurlike prosesse tot stand kon gekom het nie, dus maak dit vir jou MEER sin dat ‘n hiper-komplekse wese (God) op een of ander manier tot stand gekom het en toe die minder komplekse sel met sy hiper-komplekse towerkragte geskep het?

  32. 32 Kobus Engelbrecht

    Die boek van Grudem wat ek voorgestel het is ‘n goeie bron om te gebruik om te sien dat God nie tot stand gekom het nie. Dis regtig die moeite werd om te lees.

  33. 33 Ivan

    Al wat ek sal sien is dieselfde ou teleologiese argumente vir die bestaan van ‘n wese wat per definisie nie logies beskryf kan word nie. Teologie is net toegepaste mitologie, en teleologie is die bou van lugkastele op teenstrydige of onsamehangende premisse. Dis altyd so ironies om gelowiges te hoor kwytraak dat God buite en bo die natuurlike, menslike beskryfbare wêreld bestaan, en dan te sien hoe hulle boeke probeer skryf wat sy bestaan juis in wetenskaplike terme probeer regverdig.

    Ek dink ek verstaan ook nou waarom Grudem in hierdie spesifkieke draad oor ‘n vrou wat haar eie lewe leef genoem word. Sy persoonlike idees oor watter dele van die Bybel om na te volg en watter dele om te ignoreer spreek boekdele, soos die volgende wat hy tydens ‘n onderhoud kwytgeraak het: “I don’t think a pastor can give a woman “permission” to do Bible teaching before the church, because the Bible says not to do that. Would we say a pastor, or a board of elders, could give a woman “permission” to violate the command, “You should not steal”, or to violate any other command of Scripture? No pastor or elder board has authority to give permission to anyone to disobey the Bible. It’s God’s Word and we need to obey it.”

    Ek wonder of hy ‘n kledingstuk aangehad het wat van gemengde weefstof was toe hy dit kwytgeraak het?

  34. 34 Paul Joubert

    Ivan, ek vind Wittgenstein se finale stellings in sy Tractatus Logico Philosophicus insiggewend in die problematiek wat jy beskryf.

    Hy sê (volgens een Engelse vertaling): 6.54 My propositions are elucidatory in this way: he who understands me finally recognizes them as senseless, when he has climbed out through them, on them, over them. (He must so to speak throw away the ladder, after he has climbed up on it.) He must surmount these propositions; then he sees the world aright.

    Die boek handel (oënskynlik) oor hoe niks wat buite die veld van die natuurlike wetenskap werklik deur taal beskryf of beredeneer kan word nie, maar die boek self is een groot paradoks, aangesien die boek juis oor sulke dinge handel. Wat Wittgenstein daardeur aantoon (nie sê nie, aantoon) is dat dit wel moontlik is om te herken dat iets buite die “menslike wêreld eksisteer”, maar dat dit tog moontlik is om taal aan te wend om daaroor te besin.

  35. 35 Ivan

    Paul, Russel en Wittgenstein was twee van die grootste denkers wat die mensdom ooit opgelewer het, en ek verwelkom jou insluit hul elegante insigte in ‘n gesprek wat sekerlik vir ewig in sirkels kon aangaan.

    Ek verlaat julle nou omdat ek beter dinge het om te doen, met ‘n Latynse stelling wat eintlik die heel eerste (en in ‘n rasionele wêreld die laaste) kommentaar moet wees op enige stuk wat geloof voorhou as ‘n geldige fondament vir ‘n lewensbeskouing:

    “Quod gratis asseritur, gratis negatur.”

  36. 36 Paul Joubert

    Net vir ingeval ek verkeerd verstaan word, nie ek of Wittgenstein probeer sê dat ‘n “wetenskaplike Godsbewys” wenslik of inderdaad moontlik is nie. Dit is (letterlik) uit die aard van die saak nie moontlik nie. Al die ou Kerkvaders soos Augustinus en Abelardus se godsbewyse is baie interessant, maar is gelukkig almal verkeerd, anders sou God (of moet dit in hier eerder ‘n kleinletter “god” wees?) seker soos in Douglas Adams se woorde ge-”vanish” het “in a puff of logic”!

  37. 37 Kobus Engelbrecht

    Ivan, die gemengde weefstof gedeelte waarna jy verwys is Lev 19:19. Dit was ‘n wet wat vir die Jode gegee is en in vers 2 lees ons hoekom hy hulle die wette gee. Hulle moes heilig wees, afgesonder vir God.

    Ons kan vandag seker maar net spekuleer hoekom die dra van ‘n kleed met gemengde stof ‘n probleem sou wees. En een van daardie spekulasies sou wees dat dit ‘n assosiasie met afgode diens gehad het. Hoe dit ook al sy daar was ‘n rede hoekom daardie wet hulle vir God sou afsonder.

    Die tien gebooie of die wet was nie vir ons gegee as ‘n check-list om te sien of ons alles reg doen nie maar om ons te wys dat ons almal op een of ander manier skuldig is en dus sondaars.

    Rom 7:4-7 is ‘n baie kort opsomming van die doel van wet en hoe ons dan vry gespreek kan word en nie meer onder die oordeel van die wet staan nie.

  38. 38 Johan Swarts

    Jaco, ek gaan akkoord met Alleman. Ek hoop van harte nie hierdie klas denke is die status quo by Solidariteit nie.

  39. 39 Johan Swarts

    (Paul Joubert se kommentaar, aan die ander kant, gee my darem ‘n bietjie meer hoop.)

  40. 40 Marthinus

    Net een vraag.Almal wat soveel te se het oor Charlize. Watse rol modelle sal julle vir die samelewing wees as elke liewe beweging wat julle maak in boeke en koerante gepubliseer word.As elke sonde wat julle maak aan die wereld uitgeblaker word. Sy is maar net n mens soos ons almal, enigste verskil is haar foute word onder die soeklig geplaas, ons sin nie.

  1. 1 Solidariteit se bulletjies « alleman

Lewer Kommentaar




  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube