Gepubliseer .
Indien ons na die 20ste eeu terugkyk, was daar vir die grootste deel van dié eeu min twyfel oor watter land die magtigste was. Die VSA het vir die grootste deel van die eeu die grootste ekonomie in die wêreld gehad en kon ook met ʼn magtige weermag spog.
Intussen het dinge heelwat verander. Indien mens na die Wêreldbank se lys van grootste ekonomieë kyk, sien jy dat China die afgelope paar jaar stelselmatig opgekruip het tot die nommer 2-posisie. Indien jy net na die totale grootte van ‘n land se ekonomie kyk, is die VSA vandag steeds verreweg die grootste ekonomie, met ʼn bruto binnelandse produk van 14 204 322 miljoen dollar*. China is tweede met $7 903 235 miljoen. Dan volg Japan, Indië, Duitsland, Rusland, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Brasilië en Italië. Suid-Afrika is 24ste op die lys. China se ekonomie het sedert 1978 sowat 70 keer in omvang vergroot.
Lees verder ‘Wie is dan nou eintlik die magtigste land in die wêreld?’
Gepubliseer .
Comrade Blade Nzimande moet ‘n BMW 750i van R1,1 m kry vir veiligheidsoorwegings volgens die SAKP. Hoekom speel Comrade Blade nie heeltemal veilg teen die prys en kry vir hom ‘n Caspir nie.
Sy moto op Nelson Mandela dag was so ewe: “…Nelson Mandela Day must also be a re-affirmation of the values he has come to represent – that of social solidarity, selflessness, dedication, equity and fairness! It is through the consistent inculcation of these values that we can roll back the greed, corruption and selfishness of capitalism.”
Die Minister het ‘n motor en moto. Nou kort hy net ‘n manier dat die mense sy motiewe gaan glo.
Gepubliseer .
Lees gou hierdie statistiek in ‘n storie in vandag se Beeld: Meer ontvang opleiding.
“Die aantal individue met geen opleiding (van 20-jarige ouderdom en hoër) het van 10,3% in 2002 tot 8,8% in 2008 gedaal. Die persentasie individue wat matriek voltooi het, het van 22,8% tot 24,6% gestyg, het die opname gewys.”
Dit wil voorkom of die statistiek rondom opleiding in Suid-Afrika verbeter. Maar wat my pla is die hoeveelheid mense wat universiteitsopleiding ontvang. Hierdie persentasie is steeds skrikwekkend min. Slegs ongeveer 8% van die 34,4% leerders wat jaarliks matriek slaag het universiteitcrystelling.
Een van die grootste redes waarom mense nie opleiding ontvang nie, is ‘n gebrek aan geld. Skandelik. Het mens geld nodig om onderwys te ontvang? In Suid-Afrika, ja! Ek wonder net of die regering werklik genoeg doen om seker te maak genoeg mense in ons land ontvang opleiding. Opleiding is die basis van ‘n land se ekonomie. Sonder opgeleide mense kan jy nie suksesvolle besighede en ekonomiese vooruitgang hê nie. Ek sou sê die oorsaak van die meeste probleme in ons land is ons onderwysstelsel.
In die South African Mirror soos aangebied deur die Instituut van Rasseverhoudinge het dit duidelik sigbaar geword dat die kwaliteit van leerders wat universiteit toe gaan jaarliks verswak. ‘n Voorbeeld is die Ingenieurstudente by die WITS Universiteit wat in 2008 tydens die halfjaar eksamen ‘n slaagsyfer van 71% behaal het. Maar in 2009 was hierdie slaagsyfer ‘n skokkende 35%!
Waarnatoe gaan al die geld wat vir opleiding in SA begroot word? Duidelik nie na al ons skole toe nie. Net 20% van ons land se skole het biblioteke.
En is ons onderwysers bevoeg?
Gepubliseer .
Is die rand vir die afsienbare toekoms vasgevang in ʼn breë band van R7 tot R9 teen die dollar? Is daar nie ʼn moontlikheid dat die wisselkoers kan beweeg na R5 of R6 teen die dollar nie?
Die dollar-wisselkoers bly die belangrikste vir ons, al is Europa ons grootste handelsvennoot, aangesien die meeste handel wel in dollarpryse gedoen word. In Suid-Afrika het ons, besighede en verbruikers inkluis, nou al baie gewoond geraak aan ʼn wisselkoers van sowat R8 teenoor die dollar.
Dié wisselkoers hou implikasies in vir die land se inflasievooruitsigte. Indien die rand verswak teenoor die dollar, is ingevoerde inflasie outomaties minder, terwyl die teenoorgestelde ook geld. Die ander faktor wat van belang is, is die pryse wat uitvoerders vir hul produkte kan kry. Uitvoerders se insetkoste in Suid-Afrika is in meeste gevalle hoofsaaklik in rand gedenomineer, maar hul betaling geskied in dollar-terme. As die rand verswak, bly die dollar-prys dieselfde en die uitvoerder verdien meer rande.
Lees verder ‘Gaan die rand verras?’
Gepubliseer .
In die VSA daal voedselpryse tans skerp. Een persoon word in hierdie storie aangehaal dat kruideniersware elke keer wanneer hy supermark toe gaan met tussen 10% en 30% laer is. Was dit maar ook die geval in Suid-Afrika. Hier hou Pick ‘n Pay, Shoprite/Checkers, Spar en die ander klomp maar net mekaar se pryse dop om seker te maak die een is nou nie te veel duurder as die ander nie. Oor goedkoper (en dus gesonde pryskompetisie) is daar min sprake van.
Hier is die storie uit die LA Times:
Groceries to cost even less as supermarket price war intensifies
Already having cut prices for much of 2009, Vons, Ralphs and Southern California’s other big chains are gearing up for a new round of reductions as they seek to win back shoppers and market share.
Ralphs is launching what it calls a “significant” reduction in produce prices and other often-bought goods. Rival grocer Vons is using a similar plan to lure shoppers. Above, store-brand mustard on display at a Ralphs in Long Beach in June. (Lawrence K. Ho / Los Angeles Times / June 11, 2009)
A price war between Southern California’s big supermarket chains is heating up.
Lees verder ‘Interessante storie in vandag se Los Angeles Times’