Gepubliseer .
En toe gebeur ’n politieke wonderwerk die afgelope week in Nederland. Die minderheidskabinet van liberale (VVD) en Christen-Demokrate (CDA) sluit binne 48 uur na sy val ’n ooreenkoms met drie opposisiepartye oor streng maar noodsaaklike besnoeiings.
In verlede week se rubriek is beskryf hoe Nederland in ’n politieke krisis beland het. Die gedoogvennoot van die minderheidsregering, die Partij voor de Vrijheid (PVV) van Geert Wilders, het weggeloop na sewe weke se onderhandelings oor 18 miljard euro se ekstra besnoeiings. ’n Regeringsverlamming het gedreig.
Lees verder ‘Venster op Europa’
Gepubliseer .
Met Vryheidsdag agter die rug is dit altyd goed om bestek op te neem oor die stand van die land, asook van vryheid as ‘n deug wat dit onderlê. Voorspoed kan, altans myns insiens, nie losgemaak word van vryheid nie. As mens na die ANC-hoës se uitsprake rakende die 27ste April 1994 luister, is dit gekleur met ‘n gespog wat ver verwyderd van die regte situasie in die land is. Andere maak weer stellings oor hoe die Afrikaner se vryheid tot die maksimum ingeperk is, en maak asof als letterlik uitmekaar val, Suid-Afrika reeds soos Somalië of die Demokratiese Republiek van die Kongo is, en ons net wag op ‘n volksmoord of dood weens hongersnood.
Lees verder ‘Dade praat nog altyd harder as woorde’
Gepubliseer .
Nederland het verlede Saterdag in ’n politieke krisis beland, toe samesprekings oor streng besnoeiings tussen die twee regeringspartye en die party wat hulle in die parlement ondersteun, misluk het.
Lees verder ‘Plaaslike krisis kring wyd uit’
Gepubliseer .
Dit is vreemd hoe legendes van ons era nie meer onthou word deur geskiedenisstories soos Racheltjie de Beer of Wolraad Woltemade se verhale nie. Ons is so gekondisioneer om te jaag na die nuutste groot gebeurtenis dat ons geleidelik vergeet van gister se legendes.
Lees verder ‘Eietydse legende’
Gepubliseer .
In die klein Nederlandse stadjie Dokkum in die provinsie Friesland het die inspektoraat van die departement van volksgesondheid onlangs beveel dat die plaaslike hospitaaltjie gesluit moet word.
Lees verder ‘Venster op Europa’
Gepubliseer .
As ‘n Suid-Afrikaner (en Afrikaner) is ek op my onlangse wittebrood in Bali, Indonesië, wreed ontnugter oor die posisie van Engels. As die (hoof)taal van die Internet en feitlik elke funksie in Suid-Afrika en met heelwat van die internasionale handel en vermaak wat daarin geskied, kan jy vergewe word om bloot aan te neem almal in die buiteland is dit magtig. Talle gebeurtenisse het bewys niks kan verder van die waarheid af wees nie, maar ek is buitendien bly ek kan dit darem goed verstaan, praat en skryf. Afrikaans het my ook boonop goed te pas gekom, in sommige gevalle meer as Engels!
Lees verder ‘Engels handig, maar nié ‘n wêreldtaal’