Bladsy 10 van 294« Eerste...9101120...Laaste »

Argief vir die 'Nuus' KategorieBladsy 10 van 294

Skuldkrisis het net die onafwendbare verhaas

Elke internasionale nuuswebwerf se hoofstories handel deesdae oor die nimmereindigende skuldkrisis in Europa. Spanje, Italië, Griekeland en Portugal is veral ernstig in die knyp. Hulle het hul bevolkings vir lank kunsmatig opgepiep deur hoë maatskaplike besteding terwyl die produktiwiteit en werklewe van die bevolking nie aan hierdie eise kon voldoen nie. Al herstel Griekeland se ekonomie heeltemal, sal elke Griek (en so ook elke Duitser, Chinees, Suid-Afrikaner, Italianer, ensovoorts) vinnig ʼn kopskuif na die nuwe kennisekonomie moet maak of in ekonomiese vergetelheid verdwyn. En vir diegene wat gedink het die vryemark is dood ná die probleme die laaste paar jaar, leef in ʼn dwaas-idealistiese wêreld: Die kennis-ekonomie en die vrye mark is onlosmaaklik ineengestrengel.
Lees verder ‘Skuldkrisis het net die onafwendbare verhaas’

Saamstaan help armoede keer

“Beste meester de Bruyn: Vanoggend het ek nie vir Jan skool toe gestuur nie. Hy loop kaalvoet rond en ek het nie onderklere nie. Ek moes al voedselkaarte verkoop om klere aan te skaf vir Bert en Coba. Ek weet u hou nie daarvan nie, maar watter ma kan met hierdie paar sente haar huishouding bestuur?”

Hierdie brief is in 1946 deur ’n wanhopige Nederlandse ma geskryf. Sy het in die Schilderswijk gewoon, ’n groot agterbuurt in Den Haag. Die brief was gerig aan meester de Bruin, ’n man wat sy hele lewe daaraan gewy het om armoede en agterstand op te hef. Oor hom en die jeugklub wat hy opgerig het, het onlangs ’n boek verskyn.  

Lees verder ‘Saamstaan help armoede keer’

Sterk Regsfonds nodig vir die toekoms van die regsorde

Benjamin Franklin het gesê dat die doel van ‘n grondwet is om die burgery teen die goeie bedoelings van ‘n regering te beskerm. Henry Kissinger agreed, by saying that the most fundamental problem of politics… is not the control of wickedness, but the limitation of righteousness”. Karl Popper also posed a very relevant question in this regard, by asking “how do we keep our rulers from ruining us? Die Nobelprysekoom Milton Friedman het tereg gesê dat dit nie help dat ‘n beleid goeie bedoelings het nie, mens moet na die resultate kyk. Lees verder ‘Sterk Regsfonds nodig vir die toekoms van die regsorde’

ABN se alternatiewe toekomste en prioriteite

Hierdie is my laaste aflewering in die reeks oor die ABN en toekoms-scenario’s. Ek sluit af met die twee asimmetriese scenario’s nadat die twee sogenaamde simmetriese scenario’s in my vorige artikel uiteengesit is. Die simmetriese scenario’s veronderstel dat die lotsbestemming van die staat en die Afrikaners as groep direk gekoppel is. Wat dus goed is vir die staat is outomaties goed vir die Afrikaner en andersom. Die asimmetriese scenario’s skets agter ʼn prentjie van ʼn sterk staat wat sleg vir die Afrikaner as groep kan wees (“Ekonomie leef, kultuur sterf”) en ook waar ʼn swak staat geleenthede vir die groep bied (“Selfverantwoordelikheid”). Laastens sal ek die prioriteitsareas uiteensit wat deur die opstellers geïdentifiseer is.
Lees verder ‘ABN se alternatiewe toekomste en prioriteite’

Demokrasie onder druk

Demokrasie beteken “regering deur die volk”. In die praktyk is dit egter “in die naam van die volk”, want in baie lande word daar elke paar jaar parlemente en regerings gekies wat dan namens die volk – altans die meerderheid – wette maak en besluite neem. Maar wat is die demokrasie regtig? Die Nederlandse weekblad De Groene Amsterdammer het die afgelope week die vraag met ’n tema-uitgawe hieroor probeer beantwoord. Want in hierdie onsekere tye staan die demokrasie onder druk.
Lees verder ‘Demokrasie onder druk’

Garry Kasparov wen 26 – 0.

 

Dr Mathole Serofo Motshekga kyk na Garry Kasparov se volgende skuif. Langs Motshekga sit sy brein Kgaugele Mosetlhe en langs hom is Katlego Danke vir wie Mosetlhe ook “gedink” het.

Die hoogtepunt van Garry Kasparov se besoek aan Suid-Afrika was ‘n simultaan waarin hy deelgeneem het by die Sci Bono sentrum in Newton Johannesburg. Kasparov het teen 28 spelers gelyktydig gespeel. Hiervan het hy 26 spelle gewen en twee het gelykop geëindig. Een hiervan was teen Dr Mathole Serofo Motshekga , die ANC se hoofsweep in die parlement. Die spel en die van Katlego Danke, ‘n sepiester in Generations is in omstredenheid gedompel toe Garry Kasparov hulle uitgevang het dat hy eintlik teen  Kgaugelo Mosetlhe die 11de beste speler in Suid-Afrika gespeel het. Lees verder ‘Garry Kasparov wen 26 – 0.’

Bladsy 10 van 294« Eerste...9101120...Laaste »



  • RSS
  • Newsletter
  • Twitter
  • Facebook
  • Flickr
  • YouTube