Gepubliseer .
SA se mededingendheid, oftewel onmededingendheid, het ‘n nuwe laagtepunt bereik.

Die jongste Mededingendheidsindeks van die Wêreld Ekonomiese Forum toon dat Suid-Afrika nou die laaste plek beklee sover dit samewerking tussen werkgewers en werknemers betref. As al die arbeidsverwante aanwysers saamgetel word, beklee die land ook slegs die 113de plek uit 144 lande ten opsigte van die arbeidsmark se doeltreffendheid.
Lees verder ‘SA se arbeidsmark en ekonomie vol skete’
Gepubliseer .
Eugene se skrywe oor of Apartheid steeds blameer kan word vir vandag se politieke, sosiale en ekonomiese probleme, http://www.solidariteit-blog.co.za/waarvoor-kan-apartheid-blameer-word-waarvoor-nie/ het my laat dink aan die regering se “blameer geneigdheid” en die sielkundige impak wat hulle doelstellings op die mense het.
Die Regering se Nasionale Ontwikkelingsplan is gefundeer in drie doelstellings, wat my as navorsing sielkundige se aandag vinnig getrek het. Dit gaan oor opheffing, armoedeverbreking en die skep van rykdom, geleenthede en welvaart. Hiermee, as sulks, het ek natuurlik geen probleem nie. Die negatiewe impak is geleë in die “HOE”, en onderliggende boodskap wat oorgedra word. Lees verder ‘Bakhand,“dis julle skuld!”– die toekoms in.’
Gepubliseer .
Die ou gesegde lui dat die geskiedenis nooit swart of wit is nie, maar deurspek met grys. Maar tog is dit ‘n baie ligter of donkerder skakering van grys afhangende van wie daaroor gepols word. Vir sommige was bose stelsels ‘n reuse-voordeel hoewel dit ook op sekere maniere nadelig vir hulle was. Dieselfde stelsel kon as grootliks of selfs uitsluitlik skadelik en nadelig geag word deur ander mense.
Lees verder ‘Waarvoor kan Apartheid blameer word? Waarvoor nie?’
Gepubliseer .
![64b_9-ways-to-become-a-better-driver[1]](http://www.solidariteit-blog.co.za/wp-content/uploads/2013/04/64b_9-ways-to-become-a-better-driver1-150x150.jpg)
ʼn Mens se gemoed kan in ʼn oogwink verander, vat nou maar byvoorbeeld, jy ry rustig in jou kar, die musiek blêr en jy sing heerlik saam. Eweskielik is daar ʼn imbesiel wat verby jou jaag en reg voor jou indruk sonder om jou genoeg spasie te los sodat jy veilig kan rem vir die stopstraat wat daarvoor wag. Net daar is jou oggend omgekrap en skreeu jy vloekwoorde wat nie by jou geaardheid pas nie, omdat jy kan sien hoe die persoon wat verby jou gejaag het jou net so geskel het in die veiligheid van sy eie motor.
Lees verder ‘Katjie van die baan op die pad’
Gepubliseer .
Wat omskryf en bepaal identiteit? Is dit empiriese eienskappe soos jou voorkoms? Is dit dalk die kulturele milieu of geografiese ligging waarin jy jouself bevind wat deurslaggewend is vir wie jy is? Is dit dus die taal wat jy praat, jou vriende en familie en jou kulturele gebruike wat bepaal wie jy is? Is dit dalk jou historiese ervaringe van onderdrukking en ontbering wat jou na ‘n spesifieke identiteit lei? Dit kan al hierdie faktore wees of slegs ‘n paar afhangend van jou eie siening van jou identiteit. Identiteit is grootliks selfdefiniërend en elke persoon wat homself behorende tot ‘n groep ag, is teoreties wel lid van daardie groep. Anders gestel, jou identiteit begin by jou keuse om dit te aanvaar.
Lees verder ‘Mag jy ‘n Afrikaner wees?’
Gepubliseer .

Spelling is iets wat baie mense te ligtelik opneem en ek het hierdie week ʼn berig gelees wat bewys dat hierdie traak my nie-houding met spelling self deurgesyfer het tot in die departement van onderwys.
Niemand is perfek as dit kom by spelling nie, foutjies glips soms deur, ons is almal net mens, maar as jy ʼn vraestel vir ʼn hele provinsie opstel doen ʼn mens mos ekstra moeite om seker te maak dat die spelling vir ʼn Engels-eerstetaalvraestel korrek is, of praat ek nou los en vas?
Lees verder ‘Toets een, twee, drie’