Ek moet bely dat ek dikwels ‘n kleingelowige is. Ja, ek sukkel dikwels (meestal) verskriklik om te “let go and let God”. Ek is ‘n “control freak”en die gevolg daarvan is dat ek dikwels nie meer weet watter kant toe nie, omdat ek my die hele tyd bekommer oor dinge waaroor ek geen beheer het nie. My man het al spottenderwys opgemerk dat “bekommer” my voltydse stokperdjie is. As ek nie regtig iets het waaroor ek my kan bekommer nie, is ek bekommerd dat ek iets belangriks vergeet het. Vanoggend lees ek weer Psalm 127 en vers 2 staan toe beskuldigend, soos ‘n paal bo water uit. “Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.” En ek, die koningin van “control freaks” moet erken en bely dat ek my kop die afgelope maande telkens in skaampte moes laat sak.
Argief vir die 'Godsdiens' Kategorie
Tevredenheid is om dit wat ons nie het nie, ook nie te begeer nie – Alexander Maclaren.
Is jy tevrede met wat jy elke dag uit God se hand ontvang, of wil jy altyd meer hê? Jaag jy ydel na onbelangrike dinge?
Soek jy na rykdom en roem?

